Hierdie week hou die Duitse poësie-webblad, Lyrikline.org, omtrent gróót makietie. Hulle vier naamlik hul 10de bestaansjaar met ‘n verskeidenheid aktiwiteit en voorlesings in Berlyn en elders in die wêreld. Hul program betrek 50 digters uit 25 lande, waaronder Argentinië, Griekeland, Nederland, Vlaandere, Nigerië en die VSA. En wie uit ons beskeie taaljie pronk prominent op hul webblad as “nuwe stem”?…