Posts Tagged ‘Magmoed Darwiesj Vertaling in Afrikaans’

Magmoed Darwiesj Vertaling in Afrikaans

Thursday, May 13th, 2021

 

Magmoed Darwiesj. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer

 

En hy het teruggekom in ʼn kis

 

Terug by die huis vertel hulle ’n storie –

Hulle vertel ’n storie van hartseer

oor ’n vriend van my

wat ons verlaat het

en teruggekom het in ’n kis.

 

Sy naam was …

maar moenie sy naam vermeld nie!

 

Hou dit in julle harte

om te verhoed dat dit

in die lug sal wegkwyn soos as.

 

Laat dit ’n oop wond wees

wat nie verbind kan word nie.

 

Ek is o so bang geliefdes.

Ek is o so bang verweesdes.

Ek is bang dat ons sy naam sal vergeet

in die skare name.

Ek is bang dat dit sal agterbly

in die winter se windvlae.

Ek is bang dat ons wonde

in ons harte sal sluimer.

in ons harte sal sluimer.

 

 

Terug by die huis vertel hulle ’n storie –

Hulle vertel ’n storie van hartseer

oor ’n vriend van my

wat ons verlaat het

en teruggekom het in ’n kis.

 

Toe hy by die deur uitgeglip het

het hy nie vir sy moeder totsiens gesê nie.

Hy het nie met ʼn Sien jou môre! gegroet nie.

Hy het as ʼn Muhajer na die doderyk gegaan.

Hy het uitgesluip terwyl die hele familie nog geslaap het

en het nie ʼn boodskap gelos – soos wat ʼn reisiger – sou doen nie.

Hy het nie − om twyfel uit die weg te ruim – gesê:

Ek sal terugkeer – nie.

En hy het nie ʼn woordjie neergeskryf

om sy moeder se nag te verhelder nie.

 

Sy moeder, die een wat met die hemel en dinge praat

en sê: O kopkussing van hierdie bed

                          O sak klere –

                        O nag en sterre

                        en God en wolke –

Het julle nie ʼn swerfling gewaar nie?

Sy oë is twee sterre.

Sy hande is twee mandjies blomme.

Sy bors ʼn kussing vir sterre en die maan.

Sy hare ʼn swaai vir die wind en blomme.

Het julle nie ʼn swerfling gewaar nie?

Hy is ʼn reisiger wat nie weet hoe om te reis nie.

Hy het sonder proviand gegaan −

 

Wie sal hierdie jong man voed

as hy honger word oppad?

Wie sal hom as vreemdeling genade betoon?

My hart breek vir jou, jy,

met hierdie booshede op jou pad.

My hart sal met jou wees:

O jong man – O my seun!

 

Vertel vir haar: O nag en sterre

                         en paaie en wolke –

Sê vir haar: Jy sal nooit die antwoord

                               kan verduur nie!

Want die wond is groter as jou trane

groter as jou hartseer en jou lyding −

Jy sal dit nie kan verduur nie.

Jy sal nie geduldig kan wag nie,

want hy het gesterf, en hy was jonk!

 

Moet nie die trane verdelg nie,

want trane, liewe moeder, het wortels

wat elke dag met die nag praat en sê:

O karavaan van die nag, waar kom jy vandaan?

Soos die paaie van die dood met die trane van reisigers gevloed word

só word die paaie van smart verhinder

as jy vir ʼn oomblik of twee kan stop om jou voorkop en oë af te vee

ter gedagtenis aan hulle wie se lot voor ons beskik is.

Ons geliefdes – Al Muhajereen

o moeder van my vriend,

moet nie die trane verdelg nie.

Los ʼn paar trane in die put van jou hart

want môre mag sy broer, sy vader, sy vriend of ek sterf.

Hou ten minste twee trane ter gedagtenis aan dié wat môre sal sterf.

 

Terug by die huis sê hulle baie van my vriend –

van hoe die koeëls sy bors en wange en gesig gebrand het.

Moet dit nie probeer verklaar nie.

Ek het die wond gesien.

Ek het die wond se dimensies aangegaap.

My hart het gebreek vir ons kinders en elke moeder wat ʼn bed vasgryp.

 

O broeders van die martelaars moet nie soveel keer vra

wanneer ons seuns van die slagveld sal terugkeer nie.

Moet nie vra oor hulle swerftog na die kruin van die berg nie,

vra eerder wanneer die mans sal wakker word.

 

 

 

Muhajer (meervoud: Muhajereen) – ʼn Persoon wat migreer om ʼn spirituele verpligting na te kom. Word gebruik met betrekking tot vlugtelinge wat moes vlug om vervolging as gevolg van geloofsoortuiging te ontkom of rakende diegene wat veg vir vryheid. In die Islam tradisie verwys dit ook na die Hijrah.

  

Uit ʼn woonkamer in die Gaza:

https://www.youtube.com/watch?v=pxkOTHTidNg

 

*

 

They are telling a Story Back Home – Mahmoud Darwish

 

They are telling a story back home,

They are telling the story in sorrow,

About this friend of mine who left,

and came back in a coffin.

His name was…..

Don’t mention his name!

Keep it in our hearts,

Don’t let the word be wasted in the air like the ashes.

Let it be an open wound,

That can’t be bandaged up.

I’m afraid, o’ my loved ones,

I’m afraid, o’ orphans,

I’m afraid that we may forget him in the crowd of names.

I’m afraid he may be lost in the gusts of winter.

I’m afraid that our wounds will slumber in our hearts.

I’m afraid they will slumber.

 

They are telling a story back home,

They are telling the story in sorrow,

About this friend of mine who left,

and came back in a coffin.

As he slipped out the door,

He didn’t say ‘Farewell!’ to his mother.

To the loved ones and the friends,

He didn’t say, ‘See you tomorrow!’

He left as a ‘Muhajer’ to the lands of death,

He snuck out while the whole family was asleep,

And he didn’t leave a message,

As travellers usually do,

saying ‘I will return’,

To silence the doubts.

And he didn’t write a word,

To light the night of his mother,

Who is talking to the heavens and things,

Who is saying, “O’ pillow of the bed! Bag of clothes! O’ night! O’ stars! O’ Lord! O’ Clouds!

Haven’t you seen a wanderer?

Whose eyes are two stars,

whose hands are two baskets of flowers,

whose chest is a pillow for the stars and the moon,

whose hair is a swing for the winds and the flowers,

Haven’t you seen a wanderer?

A traveler who doesn’t know how to travel?

He left without provisions,

Who will feed this young man,

if he gets hungry along his way?

Who will have mercy on a stranger?

My heart feels for you,

with the evils of the road

My heart is with you

O’ young man! O’ my son!

 

Tell her o’ night o’ stars o’ roads o’ clouds!

Tell her, ‘You will never be able to bear the answer’,

For the wound is greater than the tears,

greater than the sadness and the suffering,

You won’t be able to bear it,

You won’t be very patient,

Because…

Because he died, and he was young!

O’ mother of he,

Do not uproot the tears,

because tears, o’ my mother, have roots,

that talk to night every day,

saying, ‘O’ caravan of the night, where are you crossing from?’

As the roads of death are flooded by the tears over travellers,

the roads of sadness would be blocked if you stopped,

for two moments to wipe the forehead and the eyes,

and carry a souvenir for those who fulfilled their destiny before us

Our loved ones, ‘Al Muhajereen’,

O’ mother of he,

Do not uproot the tears,

And leave a couple tears in the well of the heart

Because in a tomorrow, his brother, his dad, or his friend – myself – may die.

Keep for us, those who will die in a tomorrow, at least two tears…

Two tears..

 

They are telling a lot about my friend back home,

Of the burns of the bullets in his cheeks, and chest, and face.

Do not explain the matter,

I have seen his wound,

I have gazed at its dimensions a lot.

My heart feels for our children,

and each mother hugging the bed,

O’ brothers of the martyr,

Do not ask so much,

When will our son return from the battlefield.

Do not ask about his walk to the summit of the mountains,

But ask when will the men wake up.

 

Bronverwysing: https://polarabicpoetry.tumblr.com/post/94714524746/

 

Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans

Monday, November 16th, 2020

 

 

 

 

Versindaba prys vir vertaalde gedigte (3)

 

Magmoed Darwiesj. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer.

 

Inanna se Melk

 

Die tweeling

prosa en die digkuns wat verenig, is joune –

soos jy van een epos na die volgende toe vlieg,

veilig en knus op ’n kosmiese olifantsaal van sterre

gemaak uit jou vermoorde slagoffers se planete –

hulle, jou goedgesinde wagte, wat jou sewe hemele

– een karavaan op ʼn slag – met hulle saamdra.

 

En tussen die palmbome en jou hande se twee riviere

is jou stalknegte in die aantog van water:

Die eerste godin is die een

wat die meeste deur ons vol gemaak word,

terwyl ’n verdwaasde Skepper sy werk aanskou

(deur die bekoring van haar en begeerte vir haar).

Sal ek weer skep wat ek voorheen geskep het?

Die merke van jou weerlig brand ten hemele se ink

soos hulle gevolg

swaeltjies

– opwaarts of afwaarts –

oor die Sumeriese vroueparade bestrooi.

 

Vir jou – die een uitgestrek in die gang

in ’n hemp van sy en grys broek

– nie vir die metafoor van jou nie –

het ek my wildernis laat ontwaak

en gemymer:

’n Maan sal verrys vanuit my duisternis.

 

Laat daar soos in die mites

water vanuit die Sumeriese horison op ons neerstort.

Wanneer my hart ongeskonde is

soos hierdie glas wat ons omring,

vul dit met jou wolke

sodat dit terug mag keer na sy mense –

die wat dromend en oortrokke is

soos ’n arm man se gebed.

 

En wanneer die hart gewond is

moet dit nie met die gasel se horing deurboor nie,

want daar is geen wildsblomme meer langs die Eufraat oor

vir my bloed om met afloop van die oorlog terug te keer as anemone nie.

Daar is ook nie meer ’n kruik in my tempel oor

vir die godinne se wyn in ewige Sumerië,

in verbygaande Sumerië nie.

 

Vir jou – die slanke een in die gang

met hande van sy

en ’n middellyf van speelsheid

– nie vir die simbool van jou nie –

het ek my wildernis laat ontwaak

en gesê:

Ek sal hierdie gasel uit haar trop uit neem

en myself daarmee deurboor!

 

Ek wil nie hê dat daar ’n lied in jou bed moet wees nie.

Laat die Gevleuelde Bul van Irak

dan sy horings poleer met die tye en

die tempel deurklief in dagbreek se silwer.

En laat die dood sy slaginstrument

in die antieke koor van Nebukadneser se son met hom saamdra.

Wat my betref – die afstammeling van ’n ander tyd –

ek het ’n geskikte perd vir hierdie prosessie.

As daar dan ’n maan moet wees – laat haar hoog wees.

’n Hoë maan in Bagdad gemaak – nie Arabies óf Persies

óf waarop aanspraak gemaak kan word

deur enige ander gode rondom ons nie.

Laat haar nie gemaak word uit herinnering

of die wyn van antieke konings nie,

sodat sy ons in staat kan stel om hierdie heilige prosessie

sáám deur te kan sien, o dogter van die ewige maan

– hier – in hierdie plek

wat deur jou hande afgebring is

vanuit die balkon van ʼn verdwynende paradys

tot by die rand van die aarde.

 

Vir jou – die een wat die koerant

in die gang lees

en grieperig is, sê ek:

Drink ʼn koppie kamilletee,

neem twee aspirien tablette

sodat Inanna se melk

stil kan wees in jou –

en vir ons om te weet

hoe laat dit nou is

– hier –

waar twee riviere in-een-vloei!

 

 

Inanna’s Milk

Mahmoud Darwish

 

For you the twins: for you poetry and prose unite, as you

fly from one epoch to another, safe and sound

on a howdah made of your murdered victims’ planets— your kind guards

who carry your seven heavens one caravan at a time.

And between the palm trees and your hands’ two rivers, your

horse-keepers approach the water: The first goddess is the one most filled

with us. And an infatuated creator contemplates his work, becomes mad

with her and longs for her: Shall I make again what I did before?

The scribes of your lightening burn in the sky’s ink, and their offspring

strew the swallows over the Sumerian woman’s parade …

be she ascending, or descending

 

For you, the one stretched out in the hall

in the forest shirt, and ashen

pants, not for your metaphor, I awaken

my wilderness, and say to myself: A moon

will rise from my darkness …

 

Let the water flow down from the Sumerian horizon

upon us, as in the myths. If my heart

is as straight as this glass surrounding us

then fill it up with your clouds until it returns to its folk

overcast and dreamy like a poor man’s prayer. And if my heart

is wounded, don’t stab it with a gazelle’s horn,

there are no natural flowers left around the Euphrates

for my blood to incarnate in the anemones after the wars.

And there isn’t a jar left in my temple for the wine of the goddesses,

in Sumer the eternal, in Sumer the ephemeral

 

 

For you, the slender one in the hall

with the silken hands

and the frolicking waist,

not for your symbols,

I awaken my wilderness and say:

I will draw this gazelle out of her flock

and stab myself … with it!

 

I don’t want a song to be your bed,

so let the Bull, Iraq’s winged Bull, burnish

his horns with the ages on the fissured altar

in the silver of dawn. And let death carry its metal

instrument amid the ancient choir

of Nebuchadnezzar’s sun. As for me, the descendant

from without this time, I must have

a suitable horse for this procession. And if

there must be a moon let it be high … high

and made in Baghdad, not Arabic or Persian

and not claimed by any gods around us. And let it be empty

of memories and of ancient king’s wine,

for us to complete this holy procession, together, you daughter

of the eternal moon, in this place that your hands brought down

to the edge of the earth from the balcony of the fading paradise! …

 

For you, the one reading

the newspaper in the hall,

the one sick with influenza

I say: Take one cup of hot chamomile

and two aspirins

for Inanna’s milk to quiet in you,

and for us to know what time it is now

at the confluence of two rivers!

 

Bronverwysing:

Darwish, Mahmoud. 2007. The Butterfly’s Burden. Vertaal deur Fady Joudah. Copper Canyon Press.

Darwish, Mahmoud. 2013. Unfortunately, it was Paradise. Gedig vertaal deur Sinan Antoon. University of California Press.

(Oorspronklik in Arabies verskyn in “Bed van die Vreemdeling”, 1999.)

 

 

 

 

 

Magmoed Darwiesj. Vertaling in Afrikaans

Thursday, October 8th, 2020

 

Magmoed Darwiesj. Vertaling uit Engels in Afrikaans. Vert. deur Bester Meyer

 

Sonnet I

 

As jy die eindtoon is van wat god my vertel: Wees die voornaamwoord

wat die verdubbeling van die “ek” onthul. Geseënd is ons nou dat die

amandelbome die voetspore van die verbygangers verlig het

hier op jou oewers, waar korhoenders en duiwe bo jou fladder.

 

Jy het die lug met ’n gasel se horing deurboor, sodat woorde as dou

deur die natuur se are kon vloei. Wat is ’n gedig se naam vóór

die dualiteit van skeppingsdaad en (die) waarheid; tussen ’n afgeleë hemel

en jou sederbed – wanneer bloed smag na bloed, en marmer hunker?

 

’n Mite sal rondom jou in die son moet baai. Hierdie sameskoling, hierdie gode

van Egipte en Sumerië verklee, en verander hulle dae se name onder palmbome

en volvoer die reis na rym se einde toe …

 

Tog moet my lied asemhaal: digkuns is nie digkuns –  en prosa nie prosa nie:

Ek het gedroom dat jy die eindtoon is van dit wat god my vertel

toe ek julle (al)twee in my slaap gesien het – en gevolglik – was daar woorde …

 

 

If you are the last of what god told me, be

the pronoun revealed to double the “I”. Blessedness is ours

now that almond trees have illuminated the footprints of passerby, her

on your banks, where above you grouse and doves flutter

 

With a gazelle’s horn you stabbed the sky, then words flowed

like dew in nature’s veins. What’s a poems name

before the duality of creation and truth, between the faraway sky

and your cedar bed, when blood longs for blood, and marble aches?

 

A myth will need to sunbathe around you. This crowdedness,

these gods of Egypt and Sumer under palm trees change their dresses

and their days’ names, and complete their journey to the end of rhyme

 

And my song needs to breath: poetry isn’t poetry

and prose isn’t prose. I dreamt that you are the last of what god told me

when I saw you both in my sleep, then there were words …

 

 

 

Sonnet II

 

Toe jy jou skaduwee na die rivier toe gedraai het

het jy dalk slegs duisterhede van die rivier gevra.   Daar word die takbok,

met die water van ’n voortvlugtende wolk, deur ʼn bietjie herfs, besprinkel –

dáár – op dít wat jy vir ons van die krummels van die heengaan agtergelaat het.

 

Die melkweg is jou geheimenis – die stof van naamlose sterre

en jou geheimenis – is ’n nag in pêrels – wat slegs water illumineer.

Dít, aangesien taal verligting kan bring deur ’n enkele frase:

Ek het jou lief – die emigrant se nag tussen twee odes en twee rye palmbome.

 

Ek is die een wat sy môre gesien het, toe ek jou gesien het. Ek, die een wat getuie was

(– voor en na die antieke land –) van hoe die evangelies deur die laaste afgodsdienaar op

Gílead se hange geskryf (gaan) word. Ek, die wolk wat terugkeer na ’n vyeboom

wat my naam dra, soos ’n swaard wat sy slagoffer se gesig met hom saamdra.

 

Miskien as jy jou skaduwee na my toe draai, gee jy toe aan metafoor

as betekenis – van dít wat binnekort gaan gebeur …

 

 

Perhaps when you turn your shadow to the river you ask

of the river only obscurity. Over there a little autumn

sprinkles the stag with water from a fugitive cloud

there, on what you have left for us of departure’s crumbs

 

Your mystery is the Milky Way. The dust of nameless planets,

and your mystery is night in pearls that illuminate only water.

Whereas speech can illuminate with one phrase

“I love you,” the emigrant’s night between two odes and two palm tree rows

 

I am who saw his tomorrow when he saw you. I am who saw

gospels the last idolater wrote on Gilead’s slopes

before the ancient lands or after. And I am the returning cloud

to a fig tree that bears my name, as a sword bears the murdered’s face

 

Perhaps when you turn your shadow to me, you give incident

to metaphor as a meaning to what is about to happen …

 

 

Sonnet III

 

Wat die nag aanbetref, is ek lief vir die begin. Wanneer julle twee, hand aan hand

bymekaarkom en my, stukkie vir stukkie – een deeltjie op ’n slag – omhels

en my dan hoër neem in vlug.   Bly dus my vriende, moenie haastig wees,

en op elk van my twee sye rus, soos die vlerke van ’n uitgeputte swaeltjie nie.

 

Die sy van beide van ons is warm, maar die fluite moet geduldig wees en

ʼn sonnet poleer, wanneer julle twee op my neerdaal as beminlike misterie –

soos ’n betekenis op die rant van naaktheid, wat, ongeskik om te arriveer,

en as ’n lang wag voor taal, my, as ʼn drumpel (ver)kies (het).

 

Wat die digkuns aanbetref, is ek is lief vir die spontaniteit van prosa en die verborge beeld,

sonder ’n maan vir retoriek: – wanneer jy kaalvoet loop, word rym begewe vir verbindende

spraak – en metrum breek (deur) in die hoogtepunt van ervaring.

 

’n Klein bietjie nag – naby jou – is genoeg vir my om vanuit my Babilon te kom,

terug – binne my wese in – my ander. Geen tuin vir my binne my nie:

En alles van jou – is jy – en, wat vanuit jou stroom, is (die) “ek”, goedgesind en vry.

 

 

Of night, I love the beginning, when you two come together

hand in hand, and bit by bit embrace me one section at a time

then in flight take me, higher. Stay my friends, don’t hurry

and sleep on each of my sides like the wings of a tired swallow

 

Both of your silks are hot. But the flute should be patient

and polish a sonnet, when you two decend on me as a lovely mystery,

like meaning on the verge of nakedness, incapable of arrival

and of long waiting in front of speech, it chooses me as a threshold

 

Of poetry, I love the spontaneity of prose and the hidden image

without a moon for rhetoric: when you walk barefoot rhyme abandons

copulating speech, and meter breaks in the climax of experience

 

A bit of night near you is enough for me to get out of my Babylon

and into my essence – my other. No garden form me within me

and all of you is you. And what overflows from you is “I”, the free and kind

 

 

Sonnet IV

 

Stadig masseer ek jou slaap. Slaap, want jy is die naam van dit wat in my is van droom.

Die nag sal sy bome kombers – en ek sal op sy aarde insluimer

as ’n gesagvoerder van ’n kortstondige afwesigheid. Slaap, en ek sal wegdryf

op druppels lig – wat lek uit ’n maan wat deur my bedek word …

 

Die hare van jou, bokant jou marmer, is ’n tent vir bedoeïene wat in afwesigheid slaap.

Dié wat nie droom nie. Jou paar duifies verlig jou van die skouers af

tot by jou madeliefie slaap.   Slaap bo-op, en binne jouself.     Bo-op jou maak

die vrede van hemel en aarde hulle gange – een vir een – vir jou oop.

 

Slaap wikkel jou toe (saam) met my.    Daar is nie engele wat die bed dra

en geen spoke wat die jasmyn wakker maak nie. O my vroulike naam,

slaap, want geen fluit huil oor die merrie wat uit my tente ontsnap nie.

 

Jy is (soos) wat jy droom:     Die somer van ’n noordelike land;

die verdowing van ’n duisend woude in die strooisand van slaap.    Slaap,

en moenie ’n liggaam, wat ’n liggaam in my slaap begeer, wakker maak nie.

 

 

Slowly I massage your sleep. You’re the name of what’s in me

of dream, so sleep. The night will blanket its trees, and will doze off

on its earth as a master of a brief absence. Sleep and I will float

on drops of light that leak from a moon I enclose …

 

Your hair above your marble is a tent for bedouins who absently sleep

and don’t dream. Your pair of doves illuminates you from your shoulders

to your daisy sleep. Sleep upon and in yourself. Upon you

the salaam of heaven and earth opening up their halls one by one

 

Sleeps wraps you up with me. No angels carry the bed

and no ghost awakens the jasmine. O my feminine name, sleep

since no flute cries over a mare that escapes my tents

 

You are as you dream, the summer of a northerly land

anesthetizing its thousand forest in the pounce of sleep. Sleep

and don’t awaken a body desiring a body in my sleep

 

 

Sonnet V

 

Ek raak jou aan soos wat ’n eensame viool die woonbuurte van die afgeleë plek aanraak.

Geduldig vra die rivier vir sy deel van die bui,

en stuksgewys, kom ’n môre in die gedigte se aanloop verby,

sodat ek die afgeleë land kan dra, soos wat dit my dra, die reis se roete langs.

 

Op ’n merrie gemaak uit jou deugde, weef my siel ’n natuurlike hemel

– gemaak uit jou skaduwees – een papie op ’n slag.

Ek is die son van dit wat jy op die aarde doen – die son van my wonde

wat die granaatbloeisels in jou toegemaakte tuine verlig (het) –

 

Uit jasmyn vloei die nag se bloed:    wit.     Jou parfuum

my swakheid, en die geheim van jou, volg my soos die pik van ʼn slang.

En jou hare is ʼn tent-gekleurde-herfswind. Ek loop – hand aan hand – met taal

tot (en met) die laaste woord wat ’n bedoeïen aan ’n paartjie duiwe (kan) verkondig.

 

Jy – tasbaar – soos ’n viool tasbaar is in die sy van dié afgeleë plek.

En tussen jou en my spruit daar opnuut grasse van ’n antieke plek voort.     

 

 

 

I touch you as a lonely violin touches the suburbs of the faraway place

patiently the river asks for its share of the drizzle

and, bit by bit, a tomorrow passing in poems approaches

so I carry faraway’s land and it carries me on travel’s road

 

On a mare made of your virtues, my soul weaves

a natural sky made of your shadows, one chrysalis at a time.

I am the son of what you do in the earth, son of my wounds

that have lit up the pomegranate blossoms in your closed-up gardens

 

Out of jasmine the night’s blood streams white. Your perfume,

my weakness and your secret, follows me like a snakebite. And your hair

is a tent of wind autumn in color. I walk along with speech

to the last of the words a bedouin told a pair of doves

 

I palpate you as a violin palpates the silk of the faraway time

and around me and you sprouts the grass of an ancient place—anew

 

 

Sonnet VI

 

’n Denneboom in jou regterhand. ’n Wilger in jou linker.

Dit is somer: Een van jou honderde wildsbokke het oorgegee aan die dou

en op my skouer, naby een van jou gebiede, geslaap.

En wat as die wolf dit raaksien? En ’n woud in die verte brand?

 

Jou slaperigheid is sterker as vrees. Die wildernis van jou skoonheid sluimer in

en ’n maan ontwaak uit jou skaduwees, om oor haar bome wag te staan.

Wat is die naam van die plek waar jou voetstappe op die grond getatoeëer is?

’n Hemelse aarde vir die groet van vrede van die voëls naby die eggo?

 

En sterker as die swaard is jou slaap tussen die stroomlyn van jou arms

soos twee riviere in die dromer(s)paradys – van dít wat jy jouself aandoen

op die oewers wat gedra word bo jouself.   Die wolf mag dalk ’n fluit dra

en by die rivier kom huil, want, dit wat nie feministies is nie, is vergeefs –

 

’n Bietjie swakheid in metafoor is genoeg vir die dag van môre, sodat bessies

kan ryp word op die heining – en vir die swaard om te breek deur die dou.

 

 

A pine tree in your right hand. A willow in your left. This

is summer: one of your hundred gazelles has surrendered to the dew

and slept on your shoulder, near one of your regions, and what

if the wolf notices, and a forest burns in the distance

 

Your sleepiness is stronger than fear. A wilderness of your beauty

dozes off, and a moon out of your shadows wakes to guard its trees.

What’s the name of the place your footsteps tattooed on the ground

a heavenly ground for the salaam of the birds, near echo?

 

And stronger than the sword is your sleep between your streamlined arms,

like two rivers, in the dreamer’s paradise of what you do on the banks

to yourself carried above yourself. The wolf might carry a flute

and cry by the river: What isn’t feminized … is in vain

 

A bit of weakness in metaphor is enough for tomorrow

for the berries to ripen on the fence, and for the sword to break beneath

            the dew

 

 

(In Afrikaans vertaal deur Bester Meyer, uit die Engelse vertaling van Fady Joudah. 2007. The Butterfly’s Burden. Washington USA: Copper Canyon Press.)