Posts Tagged ‘Manuel Bandeira’

Desmond Painter. Manuel Bandeira skryf oor Londen

Monday, February 14th, 2011

Sao Paulo

Sao Paulo

Gewonder vanwaar my skielike obsessie met die Brasiliaanse digkuns? Wel, ek is op pad São Paulo toe vir ‘n akademiese besoek. Ek vertrek Dinsdag en sal oor ‘n bietjie meer as ‘n week weer terug wees in Stellenbosch. Baie toeriste verkies natuurlik om São Paulo eerder te vermy, maar dit is een van die wêreld se grootste metropolitaanse gebiede, ‘n stad bekend vir sy naglewe, straatkuns en argitektuur, en ek is nogal opgewonde om iets hiervan te kan ervaar. Die New York van die Suide, wil sommiges beweer. Ek is nie seker of ek sal kan blog terwyl ek daar is nie; maar ek sal in elk geval foto’s en indrukke versamel en later hier kom deel. Vir eers ‘n laaste gedig van Manuel Bandeira — ‘n wonderlike stadsgedig, maar nie oor São Paulo nie:

 

London Elegy – Manuel Bandeira

Ovalle, little brother, tell me
Du sein de Dieu ou tu te reposes
Do you still recall London and her moons?
It’s hard to imagine you here
— London is troppo big —
With your impossible love, your certitudes, gaps
You, Saint of the Red Light District, whore-house sinner
Lost in the early morning, sitting on the kerb
By the brothels, crying
The maps have played tricks on me:
Did you ever feel how Mayfair seems unrelated to the Thames
Did you feel that to be a pedestrian in Oxford Street
You have to like Rimbaud, genius and walker?
Or then a Portuguese
— Like the poet Alberto de Lacerda —
Ovalle little brother, how did you feel
In this sad and huge London
You who were always looking for a bit of Jesus
In everything
How did you look at these houses so exasperately alike
Were you sometime ill, continuously looking
From behind the panes at the lettering across the street?
— RAWPLUG HOUSE, RAWPLUG CO. LTD., RAWLING BROS.
In which bars did you drink the blues
Did you some evening ask the little women
In Picadilly Circus forgiveness
Did you go to the British Museum to look at
The Lapithaean virgin raped by the centaur
Did you take communion by the Infant Jesus of Piero
De la Francesca in the National Gallery?
Were you aware of Dame Edith Sitwell and her
‘Trio for two cats and a trombone’?
Ovalle, little brother, you are today a shiny star
In the high seas
Send to my London anguish a ray of your warm eternity

Desmond Painter. Die Brasiliaanse digkuns in vertaling

Friday, February 11th, 2011
Elizabeth Bishop

Elizabeth Bishop

Ek het die laaste tyd ‘n hele paar bloginskrywings aan die Brasiliaanse digters Carlos Drummond de Andrade en Manuel Bandeira gewei. Ek wens ek kon ook vertalings van meer onlangse Brasiliaanse digters in die hande kry, maar dit is nie so maklik nie. Ek weet nie wie daardie land se belangrikste hedendaagse digters is nie, en wie van hulle se werk al (in Engels) vertaal is nie. Dit is ‘n groot en dinamiese land, en Portugees is ‘n wêreldtaal, so daar moet seker interessante dinge in hulle digkuns gebeur?

Daar is darem, indien jy belangstel om verder te lees, goeie versamelings van De Andrade en Bandeira se gedigte in Engels beskikbaar. Twee voorbeelde: Carlos Drummond de Andrade, The Minus Sign: Selected Poems, Black Swan Books, 1980 en Manuel Bandeira, This Earth, That Sky, University of California Press, 1989. Dan is daar ook Elizabeth Bishop se belangrike An Anthology of Twentieth Century Brazilian Poetry, wat al in 1972 by Wesleyan University Press verskyn het. En moenie van Uys Krige vergeet nie: Sy Brasilië Sing het in 1990 by Perskor verskyn, en al is dit nie meer in druk nie behoort jy dit darem in ‘n biblioteek iewers te kan opspoor. Miskien bundel iemand een of ander tyd Krige se versamelde vertalings? Hier is nog een van sy vertalings van ‘n pragtige vers van Manuel Bandeira:

Oomblik in ‘n Kafee – deur Manuel Bandeira

 

Toe die begrafnisstoet verbygaan,

het die mans, wat hulle in die kafee bevind,

meganies hul hoede afgehaal.

Ingedagte het hulle die gestorwene gegroet.

Hulle was almal ingestem op die lewe,

het opgegaan in die lewe,

vol vertroue in die lewe.

 

Tog het een sy hoof ontbloot met ‘n trae breë gebaar.

Lank het hy na die kis bly kyk.

Dié man wis dat die lewe ‘n driftige gewoel is,

sonder finaliteit,

dat die lewe verraad is

en hy het die stof gegroet wat verbygaan,

bevry vir altyd van ‘n uitgedoofde siel.

Desmond Painter. Uys Krige oor Manuel Bandeira

Tuesday, February 8th, 2011
Uys Krige

Uys Krige

In ‘n kommentaar onder aan my vorige bloginskrywing verwys Daniel Hugo my na ‘n opstelletjie wat Uys Krige jare gelede oor Manuel Bandeira geskryf het. Dit het oorspronklik in Die Burger van 25 Augustus 1975 verskyn, maar is later opgeneem in Die Naamlose Muse (Protea, 2002; red: JC Kannemeyer).

Krige begin sy opstel met ‘n uitstekende, bondige beskrywing van die mees kenmerkende eienskappe van die moderne Brasiliaanse digkuns. Hy skryf onder andere: ‘… omdat die Brasiliaanse digters so ‘n sterk aanvoeling had vir die ritmes van die gesproke taal, hulle so ‘n fyn oor had, het hul beste gedigte altyd ‘n besondere subtiele musikaliteit, ‘n soort innerlike sangerigheid wat langsamerhand vat kry op ‘n mens se gehoor en jou hoe langer hoe meer bekoor.’

Krige gaan voort om Manuel Bandeira die ‘veelsydigste en grootste’ Brasiliaanse digter te noem. Hy vertel die volgende staaltjie: ‘Terloops, ek onthou nog goed die dag toe ek op die terras van die Clifton Hotel my feitlik letterlike vertaling van Bandeira se beroemde gedig, ‘Seepsopstraat’, aan Van Wyk Louw voorgelees het. Van Wyk was verruk — en het op ‘n slag besluit om dit by sy keuse van die beste gedigte in ons taal in te sluit.’

Krige noem die feit dat hy Bandeira nooit ontmoet het nie ‘een van die teleurstellings van my literêre lewe’. Maar dit was amper. In die 1950s het Krige vertalings van Bandeira se gedigte in Afrikaanse koerante gepubliseer. Bandeira het in Rio de Janeira ‘n Nederlandse vriendin gehad wie se suster op haar beurt in Durban gewoon het. Die suster het op die vertalings afgekom en dit Rio toe gepos, met die gevolg dat Bandeira van die vertalings te hore gekom het. Hy het vir Krige ‘n waarderende brief geskryf en dit het, volgens Krige, ‘tot ‘n lang, vrugbare korrespondensie tussen Bandeira en my gelei. Hy het my later ook verskeie van sy digbundels gestuur, met lang vriendelike opdragte in Portugees op die titelblad’.

Bandeira het Krige uitgenooi om hom in Rio de Janeiro te besoek, maar die beplande besoek moes weens persoonlike redes afgestel word: ‘Na my besoek aan die VSA in 1959 sou ek ‘n vliegtuig uit New York na Rio neem om daar ‘n paar dae by Bandeira deur te bring. Maar toe kry ek ‘n brief van my dogter Eulalia uit Londen waarin sy my vertel dat sy my aldaar binnekort verwag. En bloed, soos ons almal weet, is dikker as water, uit watter springfontein ook, vanaf die heilige sangberg, Helikon…’

Hier volg Bandeira se ‘Vas vas’ in Krige se vertaling. Krige noem dit ‘n ‘wonderlik eenvoudige, spontane en ontroerende gedig — ‘n tere gedempte treurlied oor die mens se sterflikheid, die kortstondigheid van alle menslike geluk…’

 

Vas vas – Manuel Bandeira

 

Toe ek vanmelewe aan die slaap geraak het

In die nag van Sint Jan

Was daar vrolikheid rumoer

Ontploffings klapperlawaai

Stemme liedere en gelag

Om die knetterende vreugdevure

 

Ek het in die middel van die nag wakker geword

Toe het ek nie meer stemme gehoor nie of gelag

Net buite

Het ballonne

Stil verby geswewe

En af en toe

Het die geluid van ‘n traan

Die stilte gesny

Soos ‘n tonnel.

 

Waar was hulle wat kort tevore nog

Gedans

Gesing

En gelag het

Om die vreugdevure?

 

Hulle het almal geslaap

Hulle het almal gaan lê

Hulle was vas aan die slaap

Vas vas.

 

Toe ek ses jaar oud was

Het ek nooit die einde kon sien nie van die fees van Sint Jan

Want ek het aan die slaap geraak.

 

Vandag hoor ek nie meer die stemme nie van dié tyd

My ouma

My oupa

Totonio Rodriques

Tomasia

Rosa

Waar is hulle almal?

 

Hulle slaap almal

Hulle het almal gaan lê

Hulle is vas aan die slaap

Vas vas.

Desmond Painter. ‘His poetry spits blood’: Verdere gedagtes oor Manuel Bandeira

Sunday, February 6th, 2011

In 2002 het Manuel Bandeira se Selected Poems (uit Portugees in Engels vertaal deur David Slavitt) in ‘n tweetalige uitgawe by Sheep Meadow Press verskyn. Die flapteks van daardie boek bied ‘n goeie kort beskrywing van Bandeira se loopbaan en die kenmerkendste aspekte van sy digterskap: ‘Widely accepted as the greatest of the Brazilian Modernist poets, Manuel Bandeira (1886–1968) spent most of his life suffering from tuberculosis. It has been said “his poetry spits blood” and yet he is a poet of wit and humor. Bandeira’s poetry wanders through Brazil’s hidden life, beauty and language, through the slums of Rio de Janeiro, the Amazon, European and Brazilian civilization. […] There is something of the carnival in Bandeira’s poetry, a wild celebration that precedes and perhaps precluded the Passion. He is a poet of revelation, mystery and strangely ironic humor.’

Hier is een van Bandeira se kenmerkende gedigte oor die dood: 

 

Absolute Death – by Manuel Bandeira

To die.
To die body and soul.
Completely.

To die without leaving the sad remains of flesh,
Without leaving the bloodless mask of wax,
Surrounded by flowers,
Which will rot away — so happy! — one day,
Bathed in tears
Born less from grief than from the shock of death.

To die without leaving perhaps even a pilgrim soul…
On the way to heaven?
But what heaven can fulfil your dream of heaven?

To die without leaving a furrow, a trace, a shadow,
Without leaving even the remembrance of a shadow
In any human heart, in any human thought,
In any human skin.

To die so completely
That one day when somebody sees your name on a page
He will ask: “Who was he?…”

To die still more completely:
Without leaving even this name.

 

En hier is een oor die digkuns self (beide vertaal deur John Nist):

Poetica – by Manuel Bandeira

 

I am sick of limited lyricism
Of well-behaved lyricism
Of public-servant lyricism
With its time-clock card
And its clerkly protocol
And its ass-kissing flattery of the boss.

I am sick of halting lyricism
That has to look up in the dictionary
The vernacular meaning of a word.

Down with the purists!

I want all the words
Chiefly the universal barbarisms
I want all the constructions
Chiefly the syntactical ones of exception
I want all the rhythms
Chiefly the unnumbered.

I am sick of flirting lyricism
Of political lyricism
Of rickety lyricism
Of syphilitic lyricism
Of all lyricism which surrenders
To anything which is not its true self.

After all, that is not lyricism
That is only bookkeeping
A table of cosines
A handbook for the perfect lover
With a hundred models of letters
And the different ways to please the ladies.

I prefer the lyricism of madmen
The lyricism of drunkards
The difficult and poignant lyricism of drunkards
The lyricism of Shakespeare’s fools.

I will have nothing more to do
With a lyricism which is not freedom.

Desmond Painter. Wat is ‘n prosagedig? Robert Pinsky oor Manuel Bandeira

Friday, February 4th, 2011
Manuel Bandeira

Manuel Bandeira

Wat is ‘n prosagedig? Wat is die verskil tussen ‘n prosagedig en ‘n kort-kortverhaal? Is Breyten Breytenbach se Katastrofes prosagedigte of kort-kortverhale? En Zirk van den Berg se tekste in Ekstra Dun vir Meer Gevoel? Wat is die verskil tussen ‘n prosagedig en die ‘poëtiese’ prosa van ‘n Michael Ondaatje of ‘n Anne Michaels? Ek was nog nooit regtig seker oor enige van hierdie vrae nie — en ek moet bysê, ek het myself ook nog nooit regtig hieroor verknies nie!

Robert Pinsky maak myns insiens ‘n sinvolle opmerking oor prosagedigte in ‘n kommentaar op ‘n teks van die Brasiaanse digter Manuel Bandeira. Pinsky skryf: ‘People like to debate the nature of prose poetry; most efforts to define a “prose poem” involve contrasting it to the poetic convention of writing in lines. A better approach might be contrasting the prose poem with conventional prose narratives. Here is Elizabeth Bishop’s translation of “Brazilian Tragedy” by Manuel Bandeira. Its rapid, concentrated movement makes the ordinary novel seem unbearably slow by comparison. The place-names drive the story ahead at the speed of sound, where film might take an hour, or fiction a hundred pages.’

Interessant. Stem julle saam met Robert Pinsky? Ek kan my voorstel dat daar heelwat verskillende menings oor hierdie onderwerp sal wees. Hier is die prosagedig van Manuel Bandeira (die Brasiliaan waaroor ek gister ook geblog het) waarna Pinsky verwys:

 

BRAZILIAN TRAGEDY – by Manuel Bandeira

Misael, civil servant in the Ministry of Labor, 63 years old,
Knew Maria Elvira of the Grotto: prostitute, syphilitic, with ulcerated fingers, a pawned wedding ring and teeth in the last stages of decay.
Misael took Maria out of “the life,” installed her in a two-storey house in Junction City, paid for the doctor, dentist, manicurist …. He gave her everything she wanted.
When Maria Elvira discovered she had a pretty mouth, she immediately took a boy-friend.
Misael didn’t want a scandal. He could have beaten her, shot her, or stabbed her. He did none of these: they moved.
They lived like that for three years.
Each time Maria Elvira took a new boy-friend, they moved.
The lovers lived in Junction City. Boulder. On General Pedra Street, The Sties. The Brickyards. Glendale. Pay Dirt. On Marques de Sapucai Street in Villa Isabel. Niteri.
Euphoria. In Junction City again, on Clapp Street. All Saints. Carousel. Edgewood. The Mines. Soldiers Home…
Finally, in Constitution Street, where Misael, bereft of sense and reason, killed her with six shots, and the police found her stretched out, supine, dressed in blue organdy.

Desmond Painter. Manuel Bandeira: Wanneer net ‘n tango nog sal help

Thursday, February 3rd, 2011
Manuel Bandeira

Manuel Bandeira

Carlos Drummond de Andrade was ‘n Brasiliaanse reus, ja, maar hy was nie die enigste een nie. Manuel Bandeira (1886-1968) was eweseer ‘n baie belangrike Brasiliaanse digter. Soos Andrade het Bandeira (in laasgenoemde geval na ‘n lang verblyf in Europa) in die 1920’s bygedra tot die Modernistiese Beweging in die Brasiliaanse digkuns. Soos Andrade was hy egter ook meer as net ‘n verteenwoordiger van ‘n beweging of ‘n modegier. Wikipedia (waar ek die biografiese informasie gekry het) stel dit so: ‘Bandeira’s poems are of a unique delicacy and beauty.’

Manuel Bandeira is vroeg reeds met tuberkulose gediagnoseer en het sy lewe lank met swak gesondheid gesukkel — iets wat tematies in vele van sy gedigte neerslag gevind het. Weereens die wyse bydraer tot Wikipedia: ‘His delicate health affected his poems, in a manner similar to the last poems of Jorge Luis Borges. Many of Manuel Bandeira’s poems depict the limits of the human body.’ Dit is dalk een van die redes waarom ek so baie van Bandeira se gedigte hou: hierdie gevoeligheid vir die moontlikhede en beperkinge van die menslike liggaam — bron van sensuele plesier, ja, maar uitgelewer aan aftakeling, siekte en dood.

Nie dat Bandeira die temas van siekte en liggaamlike verval op melodramatiese, sentimentele of voorspelbare maniere ontgin nie. Glad nie. Bandeira bekyk die liggaam, daardie ‘knaend falende masjien’ (om Etienne van Heerden aan te haal), met ‘n wrang maar tog deernisvolle glimlag. Lees maar net hierdie uitstekende gedig (vertaal deur A.B.M. Cadaxa) om te sien wat ek bedoel:

 

Pneumothorax – by Manuel Bandeira

 

 

Fever, hemoptysis, dyspnea and night sweats
The whole life that could have been
And was not
Cough, cough, cough

 

He sent for a doctor
‘Say thirty three’

 

‘Thirty three, thirty three, thirty three’

 

‘Inhale’

                           

‘. . . . . . . . . . . . . . . . . . . .’

 

‘You have a cavity in the left lung and the
right lung is infiltrated’

 

‘Do you believe, doctor, that we could try
a pneumothorax?’

 

‘No, the only thing to do is to play
an Argentinian tango’

  •