Posts Tagged ‘Marcel Spaumer gedig’

Marcel Spaumer. Al-ewig

Monday, July 5th, 2021

 

 

 

 

Al-ewig

Bond of Union van Martin Escher 1956

 

my koppe draai om jou heen

en weer koek ek jou nek rek

die onderkant van jou ken

tot teenaan my bo-lip oorkant

die val en hang van ’n gesig

agtertoe terug-op

in die lig ligter gedeelte van die voorkop

ver verby

vlieg jy my dog ek dink gedagte deur

’n alewig-sinkroniese rondgeslingerde spoor

ná/na mekaar

 

(moenie nou kyk nie maar hou ons al die balle in ons koppe in die lug)

 

© Marcel Spaumer, 2021