Margaret Cordier. Sambrele in die son
Monday, January 31st, 2022
Sambrele in die son
hoekom loop al die vroue
van Suid-Afrika nie
met sambrele in die son
dink net hoe kan
so ‘n verskroeide land
weer blom
© Margaret Cordier, 2022
Posts Tagged ‘Margaret Cordier gedig’Margaret Cordier. Sambrele in die sonMonday, January 31st, 2022
Sambrele in die son
hoekom loop al die vroue van Suid-Afrika nie met sambrele in die son dink net hoe kan so ‘n verskroeide land weer blom
© Margaret Cordier, 2022
Margaret Cordier. Na die gedig VROEGHERFS van NP van wyk LouwMonday, January 31st, 2022
Na die gedig VROEGHERFS van NP van wyk Louw.
die jaar breek oop in sluise die lug was swart … toe die eerste druppels val nou bruisend teen die helder lug sproei die water ‘n reënboog vir ons trug o, Heer, laat hierdie jaar heilig word uit alle dood en wanhoop nuwe lewe spruit waar vol riviere loop ‘n enkel jeug weer drome droom U wind wat wolke waai my op laat kyk na bo
© Margaret Cordier, 2022
Margaret Cordier. TerugblikMonday, January 31st, 2022
Terugblik.
gister se reën het opgedroog die uitspoelvoortjies lê ingeëts aan die oppervlak
ek tel my kop op — kyk die lug in die oë
geen bliksem of donder sal my verskrik
my opvangskottel loop oor
© Margaret Cordier, 2022 |