Posts Tagged ‘Margaret Cordier’

Digtersprofiel. Margaret Cordier

Monday, August 1st, 2022

 

Margaret Cordier is gebore 28 April 1962 en het haar vormingsjare gehad in Alexanderbaai. Haar liefde vir skryf begin op ’n vroeë ouderdom tydens haar laerskooljare. Van haar skrywes word in die skoolkoerant gepubliseer en sy word in haar hoërskooljare aangemoedig deur o.a Anna Neethling Pohl. Sy neem gereeld met sukses deel aan redenaarskompetisies en kunswedstryde en beklee leierskapposisies op laer- en hoërskool. Sy matrikuleer aan Rustenburg Hoërskool en voltooi haar tersiêre opleiding by UP en Unisa.

Chris Brunette het ’n groot rol gespeel in die aanmoediging om gedigte te skryf en dit in te stuur vir plasing op Litnet. Sy skryf oor haar belewenisse en oor ervarings op haar lewenspad.

In 2021 word haar debuutbundel, Buigbreek,  deur Cordis Trust gepubliseer.

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]