Posts Tagged ‘Marieta McGrath kwatryn’

Kwatrynkompetisie (126)

Wednesday, April 21st, 2021

 

Vyftig skakerings van wyn

 

Daar is soveel variëteite: merlot

501Y.V2, Pfizer, cinsault …

maar die mees dekadente is dit

wat ek teugie vir teugie drink saam met jou

 

© Marieta McGrath, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (57)

Thursday, March 25th, 2021

 

Tydelik is ons verblyf:

Virusse infiltreer die lyf.

Maar soms ruik ek die aarde

nat uit die wingerd stuif.

 

© Marieta McGrath, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (46)

Friday, March 19th, 2021

 

Vier reëls oor lewe, die pandemie en die dood

en oor dieselfde gis as die in brood

wat in ‘n wynvat die ou patroon herhaal

van nuwe lewe in die moederskoot.

 

© Martieta McGrath, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (44)

Monday, March 15th, 2021

 

Wingerd 

 

Ons land, gebuk aan kwarantyn,

weet soms nie of die son nog skyn.

Maar kyk die wonderwerk: uit son,

uit lug, uit water kom wyn.

 

© Marieta McGrath

 

 

Kwatrynwedstryd (38)

Tuesday, March 9th, 2021

 

God wat pandemiebekers skink,

laat soms die mens vrank druiwe drink –

onthou dan, mens, die kruis, die hisoptak,

die léwenswyn wat daarop blink.

 

© Marieta McGrath, 2021