Erotografomanie “God knows I never sought anything in you except yourself. I wanted simply you, nothing of yours” skryf vir my ʼn liefdesbrief en spel dit uit met vingers wat soos kwaste bewe as die muses weier en die landskap wit bly sleep die letters oor jou tong soos ek oor myne…
Tag: Mariëtte van Graan gedig
Mariëtte van Graan. Man in marmer
Man in marmer ek is die doring van die roos en hy, gekerf in onaantasbare marmer wankelrig op sy laaste been met een voet reeds uit my droom uit, het nie ‘n hedonistiese been in sy skerp gevylde ligaam nie geen druppel poësie wat vloei onder sy glansgepoleerde bors nie sit my in…
Mariëtte van Graan. Vurige bees
Vurige bees Dié buffel ken gʼn metafisika: hy soek die biltong en die brandewyn hy sal sy kallers dissiplineer vuiste in sy vyand sla sy luste vir die koei verweer as verpligte samesyn maar geen vrae oor môre vra – hy vat sy brannas met eish, ja, dié buffel ken gʼn metafisika….
Mariëtte van Graan. oor als
oor als ek is orals want nêrens is ʼn plek dit ís, ek is in die aarde uit die grond gegrou uit die lug gegryp en opgegooi vuur daai ding in die rigting van die hart; toe – water dit af tot versinsel tot redelose redes gekruip uit die skulpe van…
Mariëtte van Graan. nag-merrie
nag-merrie wil myself met ʼn lepel op dis soet tot die tong besef daar’s iets om te proe die bitter oorspoel die keel (gooi klep!) maar wie sou aansit vir só ʼn maal sonder end ek onthou dat ouma een laatnag gebid het: beskerm ons teen die wolwe voor die deur ek kon hulle…
Mariëtte van Graan. Die Wegmaking
Die Wegmaking oor dekades se verjaarsdae en krismisse is persente fyn uitgesnuffel met die hand uitgesoek met sorg toegedraai om presies die regte ding in die mooiste pakkie vir die geliefde persoon te wees geskenke is ‘n liefdestaal so sê hulle maar mens kan net soveel saamvat die kratte is…
Mariëtte van Graan. die kewers staan stil
die kewers staan stil die klok word ʼn koeëlwond sekondes skuur deur senings — snaarstyf gespan — die bloed kruip oor die krake in die vloer want ons staan in ʼn huis vol bitter dit kring om jou, dit kring om my die lig word ʼn wit letsel omring deur donker…
Mariëtte van Graan. (d)evolusie
(d)evolusie eens op ʼn tyd voor tyd was daar niks en in die niks was daar ʼn knal en ons is almal elementaal gekook in die smeltkroes van sterre tot bárstens toe gestrooi oor die legio swart vlaktes tot klont getrek verweef deur tyd tot planeet tot iets wat kon leef een- sel…