tafelgebed (vir breyten breytenbach) jou metafore lê al vir jare lieflik pynlik in my mond om in die geheim aan te knibbel – hoe wens ek dat ek hulle kon sluk soos wyn dié vloeiende ritme: die dieet van ‘n Digter kyk, jou woorde rys uit die blaaie, word oral in eetbare…
Tag: Maritha Broschk gedig
Maritha Broschk. Identiteitskrisis
Identiteitskrisis Is ek dan meer as ‘n bos tuimelende hare: ‘n teenpool van heiligheid met ‘n fetisj vir voete? Vergewe is ek, die opgehemelde hoer. Geseënd is ek, onder die manne: die res van my storie, verban uit die konsistorie. © Maritha Broschk, 2024
Maritha Broschk
raaisel toe ek haar in my arms hou, die wasigheid van fyn wimpers inneem, en met my vinger die delikate Kupidoboog van die soekende bekkie volg, die pinkienaels – brose, deursigtige speldekoppies, so volmaak, Here – het ek geweet dat God liefde is toe ek in die week van Pa se afsterwe,…
Maritha Broschk. onoorwonne kaper (M)
onoorwonne kaper onopereerbare, vlesige massa so groot soos ‘n gholfbal omhelser van die optiese senuwee (dié ooglidverlammer met die ongoddelike aanslag) verteerder van die frontale lob aanvaller van die amigdala woordslukker, geheuewisser aanhitser van koorsagtige inkopietogte en deurnagpartytjies versaker van boeke, houtsneewerk en rekeninge van geliefde opera-langspeelplate en die al digter klimop wat…