afrikaans met die taal wat ek praat brei ek truitjies en bou ek blokkies ek skets katedrale en dreunsing motetjies [die libretti verspottig en wrang] ek kloof karkoertjies en vlieg sonder vlerke met woorde en sinne dissekteer ek lywige en spulse gedagtes moer hulle oor sorteertafels ek maak my vry maar…