Die katoolse Werner Von Trapp Het met ’n jong dame gaan stap Hy vat aan haar boud Sê, “Kom ons wees stout!” Maar al wat hy kry, is ’n klap. © Marthe McLoud, 2021
Tag: Marthe McLoud limeriek
Marthe McLoud. Die lywige juffrou De Waal
Die lywige juffrou De Waal is dodelik bang vir ’n skaal Sy vrees ’n dieët maar hou nie op eet Nou verbeel sy maar sy is skraal. © Marthe McLoud, 2021
Marthe McLoud. Klakous Buys
Daar was ’n klakous genaamd Buys Hy kerm vir poeding en vleis Sy vrou ruk haar op Jou fiemies moet stop Gaan eet by ’n ander kombuis. © Marthe McLoud
Marthe McLoud. Oom Daantjie van Gabriëlskraal
Oom Daantjie van Gabriëlskraal Oom Daantjie van Gabriëlskraal Se plaaslewe voel baie vaal Hy kikker dit op Met vrouens en dop Nou swem hulle naweke kaal. © Marthe McLoud, 2021
Marthe McLoud. Gifappel Marie van Schoor
Gifappel Marie van Schoor Ou Gifappel Marie van Schoor Het Daantjie gepluk uit die koor Sy’s rooi om die hals Want hy sing so vals Hy’t padlangs sy note verloor. © Marthe McLoud, 2021
