Die Israeliese Nasionale Biblioteekdienste het die Duitse Museum van Moderne Literatuur te Marbach gedagvaar om die oorspronklike manuskrip van Franz Kafka se roman Der Prozess (“The trial”) aan hulle terug te besorg. Dié manuskrip is in 1988 deur Sotheby’s tydens ‘n veiling vir die bedrag van 2 miljoen US dollar aan die museum te Marbach verkoop….