Prentententoonstelling 1956 Tentoonstelling Die galery en sy uitstalling werwel om ’n spilpunt die vensterruite wring ’n litografie lek uit sy raam. In die poel ink representeer die stad en die galery weer Die smeersel ink wat uit sy dimensies wegseil kronkel terug op sy stert deur ’n venster in ’n galery…