Meiringspoort Die poort lei jou binne, terug na ʼn geboorte- kanaal waar jou blik glip oor boom en klip en dit bevrug tot kransbonsai’s, Mondrian-blokke of hematietteëls in ʼn basiliek- mosaïek; of het ʼn kleuter- god hier Raponsie-torings uit reuse LEGO opgebou, poele vir meerminne uitgehou? Jy tel die gestolde millennia af…