1 Vanaf genesis tot apokalips dwaal die ou nar deur die gebombardeerde stad blou, die sneeu bedekte katedraal se gesange slip om sirkel en deur melkblom flenters blou muurpapier en asvaal laning hanswors val onder ’n rooi sambreeltjie toe die duif oë knip vir die vreetmasjien en die sirkusolifante trompetter panservoertuie, afgryslike besitname…
Tag: Melanie Grobler gedigte
Melanie Grobler. Twee gedigte
Die meisie in haar wit rok Twee weke lank stap die meisie deur die berkebome na die houtkerk waar ’n bedelbakkie asook herfsblare deur die ruimte leviteer; die mirre-olie wat sy aan haar polse smeer het reeds die heilige geskrifte en voetstappe van die heiliges uitgewis. Hier is Rachel,…
Melanie Grobler. Ons mistige siele
Ons mistige siele Omdat my mooi niggie die taal wat sy praat verloor het trek sy knippies uit die diepte van haar lang hare wat sy op haar tong plaas. Wat doen sy op die dek van hierdie donker skip? Sy luister na ou grammofoonplate en wat doen ons, die skeepsvaarders met ons…
Melanie Grobler. Max Richter Droom 3
Max Richter Droom 3 . Die glansende heelal dryf verby en hemelliggame in konstellasies gloei daar is donker sterre aan die rante uitgebrande planete wankel om die roos van die heelal. Hier in die middel van sy lewe skep hy die ewigheidsdroom; in die oggendlumier rafel die salwende kosmiese melodië in trae strome die…
Melanie Grobler. die gebreekte vaas
die gebreekte vaas 1. My ma het reeds haar naam vergeet toe sy die trappe klim na die skemerhuis waar stapels klere eens op ’n somermiddag op die strand gedra is, nou slordig oor die meubels hang. Ek droom van my ma, haar brandende gees as sy na die mistige blou…
Melanie Grobler. Die Botrivier delta
Die Botrivier delta Kragtige winde woer oor die canola’s ’n geel rivier vloei oor die ronde heuwels verder weg is die bergwind in ’n droë dennebos nog verder die sanderige familiebegraafplaas die skadu’s van die dennebos, die grafte, die plaasopstal dubbelgangers wat oor die plaas se werf sluip ’n hoenderhaan verstik as hy…
Melanie Grobler. Liza se klavier
Liza se klavier Die een wat ’n hoëveldwolk om haar lyf dra, speel die klavier ’n blaar val in ’n stroom en ’n voël vlieg verby die skemer die kadense word ligspikkels op die swart skoenlapper wat aanmekaar om die tak van die berk in die briesie vlerk soms bly…
Melanie Grobler. La poésie du Trans-Siberien
La poésie du Trans-Siberien Kind wat soos ‘n ligte sneeuvlokkie reis vir jou sal ek ’n trans-Siberiese gedig skryf kind van flikkering treinklanke kind van rokerige platforms en stasies vir agt dae stoom die trein tot Krasnoyarsk uit die rook verrys. Kind van die wilde eende wat oor die steppe vlieg die horison…