Flessies hoop Op die oewer van die Londen-slagaar wat van wes na oos sy kronkelkoers reg deur die eiland-korpus baan (invers met Covid se beloop), staan ons afgemeet, gemaskerde bloeddraers, gespasieerd in lang toue: wagtend in die winteraand se koue om een-vir-een deur die St. Thomas-alkoof te gaan en die gestuurde geneser daar te…
Tag: Meyer van Rensburg gedig
Meyer van Rensburg. DNS-faktore: uitvlugkans? (M)
DNS-faktore: uitvlugkans? Erflikheid word oorgedra van generasie tot generasie deur twee lang stringe DNS nukleotiede: (hanglere wat genome dra) dwarsdeur elke plantsoort of diernasie, word dit deur pare chromosome van die ouers sinkronisties voortgeplant, gesaai soos saadpluime wat afdaal van baldakyne van die bome en opbloei uit fertiele sand. Esoteriese geheime lê…
Meyer van Rensburg. Chirurg (M)
Chirurg sy skalpel dring die liggaam binne deur vel en vlees tot waar die kwelling -‘n stuk menselewe – weggesny, weggegooi moet word. Naaldwerk dit dan korter saam om die leeftog langer te maak. © Meyervanrensburg
Meyer van Rensburg. Lasarus: resussitasie-eggo’s
Lasarus: resussitasie-eggo’s Mals heengekom in die engelse land lê ek summier my vroeēr digkuns neer: kelder dit toe vir bykans veertig jaar diep en ver weg in die suidersonland se doodgerypte winterveldvlakte sodat daar toe geen gesuis of sweemsel sputters ongehoorde woordmanklanke verrys uit dit wat heimlik en doodstil ademloos dormant begrawe lê…
Meyer van Rensburg
Glorie en stof die swartdoring bloei wit oor die hele eiland praal skitterend imposant totdat swartblou bessies vir jenewer ekstrak in die son blink langsaan die meidoorn se bloedrooies vir jellie en vir wyn: onbevrugte bloeisels val en vermolm aried van glorie tot stof maar volgende lente sal die stekelige struik opnuut…
Meyer van Rensburg. Holleeg
Holleeg Die esdoorn groei al vir jare hier op familiegrond – geërf toe ouer-saad hier geval het – reik ver tussen hoë toppe deur en beur hoog in die takke die elevato-ruimtes in die enkeling se blare ruis in die lugstrome waar hy saam sing met sy jabroer-rysgenote in ‘n massa-asem eentonig aanhoudend…
Meyer van Rensburg. Kelder
Kelder Hier lê ’n ganse leeftyd kundig ingerak ’n edel ambag suiwer bedruif: word dit nou deur fynproewers gesmak of summier uit bottel en karba opgefuif? © Meyer van Rensburg, 2023
Meyer van Rensburg. Bulhond of Boleyn
Bulhond of Boleyn “The desires of the heart are as crooked as corkscrews.”- W.H. Auden Hy woon nou in die middel tussen Chartwell aan die een kant – met rakke geniale geskrifte en testamente, doktrines oor oorloë, getuigskrifte, verklarings en belydenisse: kennisbronne om besonne van te leer – en Hever-kasteel: torings, gragte,…
