Middelburg – dis nou die een in die Karoo, nie Mpumalanga of Zeeland nie – is G.A. Watermeyer se wêreld. Hy is in 1917 op die plaas Spitskop in die Witteberge gebore. Hy sal seker onthou word vir sy eerste digbundel, Sekel en simbaal, wat in 1948 gepubliseer is. D.J. Opperman het ʼn sterk hand…