Posts Tagged ‘Mieliepap Pietà’

Andries Bezuidenhout. Wim Botha uitstalling

Tuesday, July 28th, 2009

Helaas, teen 6 Augustus is ek weer terug in Johannesburg na ʼn kort besoekie aan die Kaap. So ek gaan Wim Botha se volgende solouitstalling in die Michael Stevenson-galery in Woodstock misloop. Dit begin dan. Op 14 Augustus om 11:00 doen Wim ʼn persoonlike rondleiding van die uitstalling. Hy het ons Johannesburgers nou vir die Kaap verlaat. Sy ateljee was net hier anderkant in Troyeville. Julle gelukkige Kapenaars moet tog maar ʼn draai gaan gooi in Woodstock.

Hier bo is ʼn foto van die Pietà wat hy van mieliepap gemaak het.

  •