Posts Tagged ‘Milan Kundera’

Desmond Painter. ‘n Rektale ondersoek

Tuesday, March 22nd, 2016
prostate%20examination

‘n Rektale ondersoek

Ek was verlede week by ʼn dokter vir ʼn volledige mediese ondersoek. Nee, daar is niks verkeerd met my nie; dit was bloot ʼn roetine-ondersoek, een van daardie waaraan mans van my jare hulself elke twee of so jaar onderwerp, om die illusie van hulle onsterflikheid ʼn bietjie te herlaai, of om die bewussyn van hulle weerloosheid wetenskaplik in toom te hou.

Vir ʼn uur lank word ons gewillig geobjektiveer en gereduseer tot ʼn reeks komponente, prosesse en funksie wat gemeet en klinies beoordeel kan word. Op 40 begeer jy niks meer as om weer en weer toegelaat te word tot daardie verbeelde gemeenskap van mans wie se tellings en mates nie afwyk van die saamgestelde figuur van soveel soortgelyke ondersoeke en kliniese proewe nie; die normale man, die gesonde gemiddelde, die ou wat gaan oorleef, nog ʼn paar dekades, nog ʼn paar jaar.

Ja, ek het gesê ʼn volledige ondersoek… bloedtoetse en ʼn EKG, Middeleeuse hamertjies en toe-oë balanstoertjies, ʼn geklop-klop op jou maag en ʼn liggie wat ín-skyn. En dan natuurlik die ongemaklike oomblik wanneer jy jouself in ʼn gekompromitteerde posisie vind, kaal op ʼn bed, op jou sy, met een been opgetrek en ʼn man wat vir jou verduidelik dat die ‘dipstick’ nog steeds die beste manier is om die grootte en vorm van jou prostaat te evalueer.

Dit was darem al ons derde afspraak.

Nou ja, ‘n ‘treadmill’ en EKG is nie heeltemal soos draf nie, en ‘n rektale ondersoek nie heeltemal soos seks nie. Maar mens wil ook nou nie ʼn gegewe hand aan die vinger byt nie, so ek het ontspan, ʼn veraf uitdrukking in my oë gekry en gedink: ‘Ek kán dit geniet. En teen R1,446 sál ek ook.’

Die letterkunde is immers vol van anale plesiere; en terwyl ek daar lê en die dokter sy handskoen aantrek, dink ek aan ʼn paar van my gunstelinge.

In die klassieke erotiese roman Fanny Hill, in die 18de eeu geskryf deur John Cleland, betrek een van Fanny se minnaars haar op ʼn keer van agter. Toe sy vir hom sê, Hei boet, jy’s besig om aan die verkeerde deur te klop, antwoord hy ewe kordaat: ‘my dear, any port in a storm.’

En dan natuurlik Milan Kundera. Lees hierdie aanhaling uit The Unbearable Lightness of Being: ‘He placed his hand on her moist genitals, then moved his fingers along to the anus, the spot he loved most in all women’s bodies. Hers was unusually prominent, evoking the long digestive tract that ended there with a slight protrusion. Fingering her strong, healthy orb, that most splendid of rings called by doctors the sphincter, he suddenly felt her fingers on the corresponding part of his own anatomy. She was mimicking his moves with the precision of a mirror.’

En hierdie, uit dieselfde roman: ‘She stood up from the toilet, flushed it, and went into the anteroom. The soul trembled in her body, her naked, spurned body. She still felt on her anus the touch of the paper she had used to wipe herself.’

Maar my onlangse gunstelinge, wat hierdie onderwerp betref, is die Amerikaanse romansier James Salter en die Brasiliaanse digter Carlos Drummond de Andrade.

Carlos Drummond de Andrade

Carlos Drummond de Andrade

Salter se A Sport and a Pastime is ʼn erotiese meesterstuk, en dalk omdat die narratief tot ʼn groot mate die verbeelding, en selfs die projekteerde fantasie van ʼn manlike verteller is wat nie direk deel is van die aksie wat hy ‘beskryf’ nie, vang Salter die geïdealiseerde, taboe-oorskreidende aard van anale seks as spesifiek ʼn hetero-manlike fantasie skitterend vas:

Hierdie byvoorbeeld: ‘They drive home at midnight. It’s not often they’re out so late. Usually their evenings are quite simple. A meal somewhere. A stroll from which they return after dark. The trees above them are rich with silence. From the radio stations of Europe music pours forth faintly in the cheapest rooms. Her portable is on the floor. The dial is illuminated. It glows mysteriously. Luxembourg is on. Geneva. The orchestras of the world beat softly. The muscle in her behind is tight. It feels like a string around the shaft. He pushed in slowly and then, at last, plunges, like the bottom dropping out. Anne-Marie moans, her head buried in her arms. After he was dead I thought often of these moments, of this one. Perhaps it is her moan, her face pressing against the sheet. He can feel her tight around him, like a noose. He closes her legs and lies there content, looking out the window, feeling the tender spasms.

“Es-tu contente?” he asks after a while.

Her voice, her very presence, seems summoned from afar. She answers quietly:

“Oui.”’

Wat Carlos Drummond de Andrade betref, ek het ʼn bundel Nederlandse vertalings van se nagelate erotiese gedigte verlede jaar in Amsterdam gekoop: De Liefde, Natuurlijk, vertaal deur August Willemsen en in 2015 uitgegee deur Uitgeverij Rainbow. Die oorspronklike het in 1992 verskyn. De Andrade besing die ‘billen’, die boude, soos ʼn mens van ʼn Brasiliaanse digter sou verwag. Maar sy erotiese belangstelling strek verder, of dieper, as bloot om ʼn mooi wegstap gade te slaan.

Hier is twee van De Andrade se gedigte:

 

Het was goed haar marmeren achterwerk  te strelen

Het was goed haar marmeren achterwerk  te strelen

en daarop mijn hele leven te ontcijfenren:

hartstocht, wellust, pijn, leven en dood, elkaar

kussend in blanke echt op onbegrensde welving.

 

Het was bitter op haar koele achterwerk de kleur

te voelen van een ander einde, het ronde afzien

van de hoop haar op een andere wijze te beminnen.

Alleen de billen bestonden, de rest was illusie.

 

Wanneer ander verlangens spreken 

Wanneer ander verlangens spreken

en straffe begeerte zich verscherpt,

dan wijken de bloembladen van de anus

bij de trage gang van’t lange lid.

Het komt, het gaat terug, en maakt de enge

weg tot plaats van het meest zoet vertoeven.

 

Vrouw, tweevoudig vrouw, uw wezen bergt

Verborgen Ovidiaanse melodieën.

 

andrade 2

De Liefde, Natuurlijk

Lieflik, maar soos jy kan sien is daar ʼn ernstige tekortkoming in my anale argief. Toe die dokter uiteindelik, wel, by my ingaan (as ek vir ‘n oomblik Brinkiaans mag praat…), besef ek dat my verwysingsraamwerk redelik ‘gendered’ is: manlike fantasieë oor ‘n deel van die vroulike liggaam; en ook manlike representasies van verbeelde vroulike anale genot. Natuurlik, die manlike anus is ‘n genotsone in die uitbeelding van gay seks (dink aan Johann de Lange se gedig ‘Tongnaai’, en vele ander), maar veel minder so in die uitbeelding van heteroseks.

Trouens, penetrasie word gewoonlik as ‘n verleentheid, vernederend, selfs as verontmanlikend ervaar. Ek het die toneel uit The Unbearable Lightness of Being hierbo onvolledig aangehaal:

‘Even though, as I have pointed out, he had known approximately two hundred women (plus the considerable lot that had accrued during his days as a window washer), he had yet to be faced with a woman who was taller than he was, squinted at him, and fingered his anus. To overcome his embarrassment, he forced her down on the bed. So precipitous was his move that he caught her off guard. As her towering frame fell on its back, he caught among the red blotches on her face the frightened expression of equilibrium lost. Now that he was standing over her, he grabbed her under the knees and lifted her slightly parted legs in the air, so that they suddenly looked like the raised arms of a soldier surrendering to a gun pointed at him.’

Forced her down. Her frightened expression. Surrendering. A gun. Alles om sy anus van penetrasie te beskerm?! En dit terwyl hy waarskynlik genoeglik steun van genot elke keer wanneer hy ‘n ryp stoel passeer… Wat sou dit Tomas, Kundera se manlike hoofkarakter en oënskynlik ‘n fynproewer van seksuele genot en ligaamlike plesier, kos om hom oor te gee aan sy minnares se strelende, soekende, indringende vinger? Wat sou dit beteken?

Ek dink dit is ‘n belangrike vraag. Dit is dalk tyd dat ons die uitbeelding van heteroseks in die Afrikaanse letterkunde onderwerp aan ‘n roetine rektale ondersoek.

Desmond Painter. Liefde en ander outydse dinge

Wednesday, January 19th, 2011
Milan Kundera

Milan Kundera

In sy jongste bundel essays, Encounter, maak Milan Kundera hierdie insiggewende opmerking: “The acceleration of history has profoundly transformed individual lives that, in centuries past, used to proceed from birth to death within a single historical period; today a life straddles two such periods, sometimes more. Whereas history used to advance far more slowly than human life, nowadays it is history that moves fast, it tears ahead, it slips from a man’s grasp, and the continuity, the identity, of a life is in danger of cracking apart.”

 

Is dit nie waar nie? Hier is maar ‘n paar eenvoudige voorbeelde: Ek het nog ‘n stapel langspeelplate wat ek self gekoop het in my besit, maar die medium wat dit vervang het, die CD, is self al weer op pad uit… Toe ek my videospeler ‘n paar jaar terug met ‘n DVD-speler vervang het, het mense al van Blu-ray begin praat. Ek kan nie meer my M-tesis, wat na die jaar 2000 voltooi is, op ‘n rekenaar oopmaak nie, want nie een van my rekenaars gebruik meer ‘stiffies’ nie… My huis is ‘n museum van nuttelose dinge, ‘n begraafplaas vir uitgediende objekte en tegnologieë – en ek is maar 36 jaar oud! (Of miskien moet ouderdom nie meer in jare nie, maar in die aantal dooie selfone in jou laai gemeet word…)

 

Baie van hierdie veranderinge is opwindend. Ek voel ‘n bietjie nostalgies oor die langspeelplaat, maar ek hunker nie juis na videomasjiene, 128kb stiffies, openbare telefone en toustaan by die bank nie. Maar die wêreld is nie net ‘n begraafplaas vir ou objekte en tegniese middele nie, dit is ook ‘n begraafplaas vir dooie idees, praktyke en uitdrukkings. Iets soos liefde – tot ‘n groot mate is dit ‘n taalspel, ‘n soort spel met aanhalingstekens, maar hoe verwoord ‘n mens jou intieme verhoudings in ‘n tyd waar die ‘genres’ van liefdesverklaring en die praktyke wat daarmee gepaardgaan vinniger as ‘n Nokia verouder en nutteloos raak? Wat word van kognisie en emosie, van kennis en gevoel, wanneer die geskiedenis (onder) ons woordeskatte en gewoontes uithol? Soos Kundera in dieselfde essay vra: “Without the memory of how it used to be, what would remain of love, of the very notion of love?”

 

Hoe skryf ‘n mens ‘n liefdesgedig wanneer woorde en konsepte en idees ‘n krimpende rakleeftyd het? Een van die beste “antwoord” op die hierdie vraag wat ek ken kom van die Kubaanse digter, Maria Elena Cruz Varela, wanneer sy haar liefde probeer verklaar in “…this worn-out voice./ This ancient custom of saying I love you.”

 

 

Love Song for Difficult Times

– Maria Elena Cruz Varela

 

So hard to say I love you madly.

Until I reach my marrow. What would happen to my body

if I lose your hands? What would happen to my hands

if your hair is lost? So hard. Very hard

a love poem on these days.

It happens that you exist. Ferocious in your evidence.

It happens that I exist. Counterfeited. Insisting.

And it happens that we exist. The law of gravity doesn’t forgive us.

So hard to say I love you these days.

I love you with urgency. I want to make a side.

Without doubts. And without traps.

To say I love you. Like that. Plainly.

And that our love shall save me from the nocturnal howl

when, like the maddened she-wolf, the fever will grab me.

I don’t want to be hurt by the absence of tenderness.

But love. So hard to write that I love you.

Like this. “Between so much gray, so much hunches together.”

How can I aspire to transparency.

To retake this worn-out voice.

This ancient custom of saying I love you.

Like this. Plainly. Anciently. I say.

If everything is so hard. If everything hurts so much.

If one man. And another man. And again another. And another.

Destroy the spaces where love is kept.

If it weren’t hard. Hard and tremendous.

If it weren’t impossible to forget this rage.

My clock. Its tick-tock. The route to the scaffold.

My ridiculous sentence with this false cord.

If it weren’t hard. Hard and tremendous.

I would cast this verse with its cheap cadence.

If it were this simple to write that I love you.

  •