Posts Tagged ‘Mimi Coertse’

Philip de Vos. 20 minute

Tuesday, February 1st, 2011
1 Februarie 2011 

8:37vm

 

Hoe langer mens jou eie blog het, hoe moeiliker word dit om iets nuuts uit te dink.

So erg dat ek nie eens meer die Versindaba-webblad besoek nie, want doen ek dit, besef ek dat die ander bloggers soos Salomo se miere aan die gang is en kennis soos stukkies kos na die nes toe aandra. Dan kom ek agter hoe slim party mense is en selfs weet wat die verskil tussen surrealisties en sureëel is (en die ergste is ek weet nie eens om laasgenoemde woord te spel nie.)

En sonder enige valse beskeidenheid: die enigste rede hoekom ek nie skrywersvriende het nie, is omdat ek bang is dat hulle vir my slim vrae oor die letterkunde gaan vra, min wetende dat ek as slaaptydlektuur soms ’n Little Lulu comic langs die bed het in plaas van die jongste Breytenbach-bundel en die feit dat ek ewe lekker kan luister na Patti Page se Mocking Bird Hill as Mozart se Srtrykkwartet K387 in G-majeur.

Partykeer wens ek ek was slimmer as wat ek is, maar soos Langenhoven glo êrens gesê het: As jy dom is moet jy slim wees, maar nou dat ek hierdie woorde getik het, maak dit vir my g’n sin op aarde uit nie.

Waaroor moet ek skryf?

 

 

Oor hoe ek daarvan hou om klere te stryk, of hoe goed dit vir my voel as ek skielik ’n hadida in die tuin opmerk – al het Mimi Coertse (en ek is g’n namesdropper nie) vir my gesê hulle is die naarste goed op aarde. Maar vir iemand met so ’n fyngestelde oor moet dit sekerlik alte vreeslik wees as die goed oor haar huis se dak vlieg met ’n aaklige geskree en as hulle dalk nie van haar hou nie sommer skielik ’n yslike wit blerts los, dit wil sê as sy nie weet hoe om betyds te koes nie.

 

 

En omdat hierdie ’n Versindaba-blad is, moet daar sekerlik diep dinge oor die poësie gesê word, en omdat ek maar alleenlik my eie werk goed ken, noem ek maar een van my versies net om die blog ’n bietjie langer te maak:

 

The Turtle Dove

 

When God once made the turtle dove

He knew what he was doing:

He filled the bird with bits of love

and gentle sounds of cooing.

 

I do not mind the cooing,

but what I really dread

are unexpected blobs of love

that land upon my head.

 

Ek het nog altyd agtergekom dat die enigste manier om my aan die gang te kry, is om my lewe in 20-minuut stukkies in te deel en hier sit ek juis met my Pick n Pay timer langs my rekenaar op 20 minute gestel en tik ek maar enige iets wat in my kop kom, en vergeet ek maar van ’n begin en ’n middel en ’n einde, want selfs op skool met opstelle het ek gewoonilk beswaarlik meer as 4 uit 10 gekry.

Dit is tog vreemd hoe ’n mens uiteindelik oor niks op aarde skryf nie, net om jou Versindaba-gewete te streel.

En in ’n poging om ’n bietjie slimmer …..

 

8:57 vm

20 minute verby – nou eers ’n bietjie tyd vir rus en ’n ekstra koppie koffie

 

Karlien van der Merwe. Kerslied in die Paastyd.

Sunday, March 21st, 2010

Slaaptydstorie vir ‘n Kerskind

 

Luister. Hoor hoe kraak dit

as die heelal, saam met die ster

op die stal-dak hurk.

                     *

Dit fluister nog in die strate van Nasaret.

En my sluimerstorie is vir vannag net:

Fariseërs wat soos woestynwolwe aanvly teen jou.

Slaap maar met die reuk van vee

wat miswater trap om ‘n muwwe krip.

Op die aandwind kom die geur

van gal en asyn.

                        *

As die engelsang soetvloeiend wegsterf

sal sweepslag sny deur murg en been.

                         *

By besnydenis sal hulle jou

die naam Jesus gee.

Ons volk is arm.

Ons offer daagliks

‘n Duif

‘n Lam.

 

Karlien van der Merwe

Aan al ons versmense: uitnodiging na ‘n glansgeleentheid waarby Mimi Coertse optree.

  •