Die digter M.M. Walters is vanoggend oorlede. Só skryf Daniel Hugo: Een van die ontroerendste gedigte wat ek ken is Walters se “Haven om te landen” uit Sprekende van God (Tafelberg, 1996). Vanuit die stoepkamer van sy hooggeleë huis in Seaforth, Simonstad, hou die digter die aandskemer oor Valsbaai dop:…