Posts Tagged ‘Moose Jaw’

Leon Retief. Stede in die winter

Sunday, February 20th, 2011

 

Die Kanadese spot dat hulle land vier seisoene het: amper winter, winter, nog steeds winter en padherstelwerk. Ons is tans so tussen winter en nog steeds winter maar ek moet byvoeg dat hierdie seisoen tot dusver darem baie gematig is in vergelyking met die vorige winters wat ons hier ondervind het. Die laagste temperatuur in Moose Jaw hierdie jaar was -44°C, in vergelyking met -54°C in Januarie 2008 en meeste van die tyd het temperature so tussen -10°C en -25°C gefluktueer, wat eintlik heel draaglik is vir hierdie geweste. Natuurlik waag mens dit steeds nie buite sonder ‘n parka, serp, dik handskoene en balaklawa nie en selfs dan word dit, wel, baie koud om te gaan stap, iets wat my vrou Lesli en ek graag doen, want eienaardig genoeg hou ons van die winter. Die enigste irritasie is dat die koue mens se neus laat loop en jou snot laat vries as jy nie gereeld jou neus afvee nie.

Winters in die prêrie het sy eie bekoring – ‘n strak, skoon wit landskap wat kilometers weerskante van die pad strek, so rein asof daar geen kwaad in die wêreld is nie, met net die gitswart kaal boomstamme en -takke wat kontrasteer met die wit skerpte van die sneeu. Hier en daar sien mens plaaswerwe half begrawe deur ‘n meter of meer sneeu, verlate want die gesin het die Kanadese winter in Arizona of Florida gaan deurbring – daar is niks wat hulle wintermaande op ‘n prêrie plaas kan doen nie en dus gaan hou hulle maar vakansie. Die meeste bome in die prêrie is bladwisselend, maar baie opstalle is omring deur Jack Pines (Pinus banksiana) wat nie bladwisselend is nie en wintermaande swaar dra aan die sentimeters sneeu op elke tak.

Jack Pine in Crescent Park, Moose Jaw

Jack Pine in Crescent Park, Moose Jaw

Wanneer die son uit ‘n wolklose lug skyn, soos wat dikwels die geval is, smokkel dit met jou kop – sou jy uit jou kar klim om die toneel te bewonder vind jy meteens uit dat, sonskyn of te not, dit steeds -25°C buite jou kar se verwarmde kajuit is.

In Moose Jaw self is die winter ongelukkig nie so skoon soos buite die dorp nie. Karre moet die strate gebruik en omdat die stadjie nie genoeg sneeuploeë het om elke straat daagliks skoon te skraap nie, word sand na elke sneeuval op die nuwe sneeu gestrooi. Dit help tot ‘n mate om traksie te verbeter, maar na slegs ‘n paar uur verander die strate na ‘n bruin, glibberige pappery en selfs ek, wat daarvan hou om te alle tye my kar spiekeries blink te hou, het al moed opgegee – mens kan net eenvoudig nie ‘n kar in die wintermaande skoon hou nie.

‘n "skoon" kar in die winter ;-)

‘n "skoon" kar in die winter 😉

Om op sypaadjies te loop of ‘n straat oor te steek word ‘n waagstuk – die sneeu word platgetrap tot ‘n spieëlgladde oppervlak en mens moet baie, baie versigtig loop om nie te val nie. Elke nou en dan sien ek ‘n pasiënt wat iets gebreek het nadat hulle op die ys gegly en geval het. Meestal is dit ‘n bejaarde tannie met ‘n heup of polsgewrig fraktuur, maar selfs tieners val soms en breek ‘n elmboog of ‘n skouer (gelukkig darem selde ‘n heup – hulle het nog die ouderdom aan hulle kant). ‘n Mens leer gou die “newfie shuffle” aan (genoem na Newfoundland waar dit nog meer sneeu as hier): jy loop met sulke kort pikkewyntreetjies, sit nooit jou hande in jou sakke nie en kyk die heeltyd na waar jy jou voete volgende gaan sit. Ten spyte hiervan val mens tog en soos ek hier sit, troetel ek ‘n seer skouer, elmboog en polsgewrig na ‘n onlangse harde kennismaking met die sypaadjie.

Die meganisme van so ‘n val op die ys is nogal interessant: Dit wil vir my voorkom asof die meeste valle sywaarts is. ‘n Mens se voet gly net onbeheerbaar na binne en dan val jy sydelings. Jy steek dan refleksief jou arm uit met die gevolglike mooi (vir my) akroniem FOOSH (Fall On OutStretched Hand), wat jou polsgewrig beseer, waarna die gladde ys jou arm lateraal laat gly sodat jy ewe hard op jou elmboog te lande kom. Dit veroorsaak ‘n harde impak op jou skouer wat meteens die hele gewig van jou bolyf moet ontvang met gevolglike skade aan die skouer se rotatorkraag. So hier sit ek met drie pynlike gewrigte, alhoewel die skade aan my trots waarskynlik erger is.

Ek stap elke oggend die sowat 400 meter werk toe en dikwels sien ek die spore wat takbokkies (en af en toe ‘n coyote) die vorige nag in die sneeu gemaak het. Hierdie diere kom wandel dikwels snags in die dorp rond en selfs bedags sien mens van tyd tot tyd ‘n takbok wat ewe ongeërg deur Moose Jaw se downtown drentel.

In die prêrie is die ses maande-lange winter nie net ‘n seisoen nie, maar ‘n leefwyse.

Verlede jaar Januarie was ons in Ottawa waar ek ‘n kongres bygewoon het en toe ‘n paar dae langer gebly het om die stad beter te verken. Die Kanadese weet hoe om ‘n kongres te organiseer, anders as die Amerikaners of Suid-Afrikaners: Daar is voldoende geleentheid om die stad te eksploreer en as jy nog ‘n paar dae verlof kan byvoeg, dan kry mens genoeg tyd om rond te loop en te snuffel en die vibes van die stad te ervaar.

Die Rideau-kanaal vloei deur die middestad en in die somer is dit ‘n gewilde bymekaarkomplek vir kanovaarders. Gedurende die wintermaande vries dit solied, dik genoeg om ‘n sedanmotor te dra, en is dit weer vol skaatsers wat dit elke dag gebruik, nie net vir ontspanning nie maar ook as ‘n manier om by die werk te kom – dis niks snaaks om iemand soggens met ‘n aktetas in die hand werk toe te sien skaats nie.

Rideau-kanaal op ‘n Saterdagmiddag. Ignoreer die datum, die koue het ons kamera se kalender heeltemal deurmekaargekrap.

Rideau-kanaal op ‘n Saterdagmiddag. Ignoreer die datum, die koue het ons kamera se kalender heeltemal deurmekaargekrap.

Met die dat Ottawa die Kanadese hoofstad is, word die middestad natuurlik spiksplinterskoon gehou en is daar nie ‘n enkele vlokkie sneeu te bespeur binne ure na ‘n sneeuval nie. Nogtans is die sypaadjies so koud dat honde steweltjies moet dra – en Phillip, na jou pragtige inskrywings oor jou honde is hierdie foto spesiaal vir jou.

Hond in Ottawa

Hond in Ottawa

Ek het per e-pos met Glen Sorestad van Saskatoon bevriend geraak. Hy het onlangs twee gedigte oor die winter aan my gestuur. Beide is nog “works in progress” en sal beslis veranderinge ondergaan voordat hulle gepubliseer word, maar met sy toestemming plaas ek dit op Versindaba.

Just Another Winter Storm

A friend tells me this Monday morning

she has been snowbound in her home

since Saturday. As I write this poem

she could be gazing out her window,

as the snow pack rises foot by foot

in a cloistered valley somewhere

tucked deep into the Rocky Mountains;

or perhaps in Corner Brook, Newfoundland,

where winter and heavy snow are synonyms.

She lives in neither of these locations,

nor in Orillia, Antigonish, nor Rimouski;

neither Inuvik, Churchill, nor Prince Albert,

places for whom the season’s snows are

a regular annoyance but an expectation.

No, my friend has been winter-marooned

this weekend at her home in Greenville –

a name that bespeaks warmth and sun –

in South Carolina. She probably does not believe

such a thing has actually happened, nor do I.

Just one storm with arctic breath has swept

away my images of the South: how can

one even begin to conceive of magnolias

and cypresses laden with snow? Or Southerners

shut behind their windows, their baleful stares

at the unaccustomed white, this cold affront.

 

Winter Window

Snow overnight. Fresh rabbit tracks

in early light. Buildings rise from dawn

like sleepers from their blankets.

Wind wakens, shifts its shoulders,

stretches itself and goes to work,

sandpapering shadows on new drifts.

A tuxedoed Magpie flaps by, silent –

going or coming? Hard to say.

The cold air opens for its passage.

 

Leon Retief. Om in Moose Jaw oud te word

Monday, August 23rd, 2010

Om een of ander rede is Moose Jaw ʼn gewilde aftreeplek. Moenie my vra waarom nie want dis nou nie juis asof ons ʼn subtropiese klimaat het nie. Die dorp is vol ouetehuise, die hoogste gebou in Moose Jaw (15 verdiepings) is ʼn ouetehuis skuins agter ons woonstelgebou.

Saam met ouderdom kom ook die onvermydelike aftakeling en ek sien elke week twee of drie pasiënte wat nie weet waar of wie hulle is nie. Ek staan soms verstom oor die handevol pille wat hierdie ou mense gebruik – en dan nie oor-die-toonbank pille nie maar medisyne wat net op voorskrif beskikbaar is. Dit wil my voorkom asof Kanadese dokters refleksief na die voorskrifboekie gryp wanneer ʼn pasiënt ʼn klagte het. Of Kanadese so oud word as gevolg van al die pille of te spyte daarvan weet ek nie…

Selfs in die middel van die winter sien mens soms ou mense stap met daardie looprame op wieletjies, hul emfisemateuse asems wat wit wolke voor hul gesigte blaas. Meestal word hulle deur die provinsiale departement van gesondheid se “Home Care Department” versorg en ek moet sê dat Saskatchewan baie goed na hul oumense omsien maar dit plaas natuurlik ʼn geweldige las op die provinsiale begroting. As die huidige tendense voortduur sal mediese sorg van die bevolking as geheel teen 2030 sowat 70% van die beskikbare finansies opslurp – ooglopend ʼn onhoudbare situasie.

Glen Sorestad, die Saskatoonse digter wie se verse ek al voorheen hier geplaas het, beskryf in sy bundel Today I belong to Agnes hoe hy sy moeder se stadige aftakeling beleef het.

 

Care Assessment

 

 The woman from Home Care talks with Mother,

asks her various questions; Mother proffers

quite credible replies and everything is well

until the assessor asks how old Mother is.

“Oh, I’m a hundred years old,” Mother says

without the slightest hesitation; she’s eleven years

off the mark this time. “Really? One hundred?”

“Oh, yes,” Mother smiles her sweetest affirmation

 as the other seeks corroboration in her files.

 

Now why has Mother decided that today

she will be a hundred years old? Was she

thinking of her favourite aunt who lived

to her hundredth birthday? Has she decided

if her aunt could do it why not she? Or is

Mother engaging in a bit of harmless sport

with this earnest woman, leading her on

before her laughter lets the other know

she’s been duped by an eighty-nine year old?

 

I’m leaning towards the latter when the woman

asks Mother to tell her what time it is. “Why?”

Mother wants to know, “Can’t you tell time?”

I sense a caginess from Mother that is beyond

the game she may be playing with her opponent.

 

“Yes, I can. What I want is for you to look

at that clock,” and she points to the wall,

“and tell me what time it is right now.”

Mother looks at the clock for a few seconds,

then turns to woman and says, “I don’t see

why I should tell you the time, if you can see

the clock perfectly well yourself.” Then she refuses

to play the match further. But perhaps she knows,

even at this moment, that time has made

an unexpected turn, one she’ll not set right,

no matter how she plays the game.

 

 

Gatherings

 

It’s been weeks, but seems years now

that we’ve been cleaning Mother’s apartment.

Now that she’s moved to a private care home

she has no need and less room for all

these possessions that have surrounded her –

reminders of who she is, where she’s lived.

At times these comfort objects become puzzles

she’d pick up and stare at: tangible links

to fading times, the confusion of years.

 

This burden of survival to her tenth decade

is that she sees parts of herself fall away

like dead skin: two husbands, a succession

of homes in different places, two children,

grandchildren, great-grandchildren – all

become many-faceted pieces grown

harder to fit in the jigsaw puzzle

that her life has now become.

 

But what are we to do with all these things?

At times despair mounts that I must be

the one to decide what shall be kept,

what discarded of this, my mother’s life,

part of me in the history of these keepsakes.

Of course, we too have gathered our own,

the incriminating evidence of a lifetime,

plot details of a fiction all too real.

Are we to leave four decades worth

of our own packratting to our children

so that they too must someday

lift and hold each item and agonize

over what has meaning or worth,

what is treasure and what is trash?

 

Dit is natuurlik nie net die bejaardes wat deur ouderdom en aftakeling geraak word nie maar ook hul kinders.

 

Visitors

 

1.

 

Each Thursday the tall

immaculate man arrives

without fail to visit

his mother, but only Thursdays.

 

Newly retired he now

looks for meaning in life

without work,

an organisation man

who has lived

a structured life

and will never

bend to chaos.

 

Still, I’d like to ask

him why it must be

Thursday only;

his mother would

be pleased to see him

any day, frequency

would do no harm,

especially since her days

are swiftly moving

to that moment when

one Thursday she

will no longer give

his afternoon its purpose

and the neat order

of his week will

collapse upon him.

 

 

2.

 

This woman must be a school teacher

because she wants to scold her mother:

 

sit up straight now! Where’s your hankie?

Tuck in your blouse! Are you listening?

 

Is this a daughter’s revenge on her mother?

Must it come to this? The daughter can

 

not help herself, it seems. No matter how

warm her greetings, no matter how much

 

or little they have to say to each other,

at some point the visit always comes to this.

 

Perhaps it is a kind of love, the only kind

These two have ever known, or ever shown.

 

 

4.

 

Each time this woman comes

she works so hard to hide

how her mother’s falling back

to childhood upsets her –

as if somehow this should

not be so, as if someone here

must be responsible for

what she sees happening.

She is not yet ready

to see herself

in her mother’s place,

refuses to see

what each of us must see.

 

Ou mense het nou maar eenmaal die manier om dood te gaan en baie sterftes beteken noodwendig baie begrafnisse. Die kombinasie van ysige winters en teraardebestellings kan soms nogal problematies wees. Sommige bejaardes stipuleer in hul testamente dat hulle nie veras moet word nie en dat hulle op die konvensionele manier ter aarde bestel moet word. Nou is dit so dat die grond hier in die winter sowat twee meter diep vries en dus lol dit maar om grafte te grawe. Niemand wil ʼn lyk maande lank in ʼn koelkas laat lê tot die grond ontdooi het nie, dus het die munisipaliteit van Moose Jaw ʼn spesiale apparaat aangeskaf wat die grond oor ʼn tydperk van ʼn paar dae ontvries sodat ʼn meganiese graaf dan die graf kan kom grawe.

Rosedale Cemetery, die eerste begraafplaas in Moose Jaw, is in die 1880’s in gebruik geneem en in daardie tyd was daar natuurlik nie sulke moderne gedoentes soos krematoria of meganiese grawe nie. Die Moose Javians van daardie tyd het ʼn eenvoudige en baie praktiese oplossing gevind: ʼn kapel is in die gronde van die begraafplaas gebou en van ʼn groot kelder voorsien. Voor die preekstoel was ʼn groot luik waarmee die kis na die roudiens tot in die kelder laat sak is. Wintermaande was die kelder koud genoeg om die lyke bevrore te hou totdat die grond genoegsaam ontdooi het om grafte te grawe. Ek neem aan dat daar destyds nie so baie bejaardes in Moose Jaw was as tans nie want vandag sal die kelder beslis nie groot genoeg wees nie.

  

Een van die grafte is dié van ʼn jong lid van die Heilsleër-orkes wat tydens die Titanic-ramp omgekom het en om een of ander onbekende rede in Moose Jaw sy laaste rusplek gevind het.

Soos die gewoonte destyds was kon net blanke Kanadese in Rosedale Begraafplaas begrawe word. Hierdie tradisie is in 1910 verbreek toe die eerste inheemse Indiaanse vrou, Tasinaskawin Brule (Kombersvrou van die Wit Maan) daar begrawe is. Of dalk klink dit beter in Engels: Blanket Woman of the White Moon.

Sy was lid van die Lakota-stam, wat tesame met die Santee en Yankton-groepe die Sioux-nasie gevorm het wat kolonel Custer in 1876 by Little Big Horn verslaan het. Na die veldslag het die Indiane na Kanada gevlug en in die omgewing van Moose Jaw gevestig. Tasinaskawin was die eggenote van Swart Bul, die plaaslike opperhoof. Toe sy besef dat sy sterwend is het sy versoek dat die flap van haar tepee oopgemaak moet word sodat sy vir die laaste keer die son kon sien opkom. Sy het al haar besittings (sewe ponies, ʼn wa, die tepee en ʼn kombers) bemaak aan ʼn blanke Kanadese vrou met wie sy bevriend was. Sy het ook versoek dat sy in Rosedale Begraafplaas ter ruste gelê moet word. Haar graf is die enigste een bekend van al die inheemse Indiaanse vroue wat sowat ʼn eeu gelede hier geleef en gesterf het.

 

 

 

 

 

Leon Retief. Seisoene in die Prêrie

Sunday, June 27th, 2010
karre in die sneeu

karre in die sneeu

Om in die winter in die prêrie te bestuur kan nogal ʼn aardige ondervinding wees, selfs vir gebore Kanadese. Daar is nie genoeg sneeuploeë om alle strate gereeld skoon te maak nie en die munisipaliteit strooi dus na elke sneeuval sand op die sneeu wat die strate bedek. So ʼn sand-sneeu mengsel verskaf wel bietjie ekstra traksie, maar ook maar net totdat dit deur die karre se wiele gekompakteer word tot ʼn glibberige, smerige, gladde bruin oppervlak. Mens kan voel hoe jou kar se traksiebeheer oortyd werk maar ʼn viertrekvoertuig is ook nie die allerantwoord nie en botsings is redelik algemeen in die winter. Gelukkig besef meeste bestuurders darem dat mens op sulke oppervlaktes stadig moet ry en is die skade meestal nie groot nie.

Karre met agterwielaandrywing word hier maar op blokke gesit tot die winter verby is en van motorfietsry is daar geen sprake nie – om met sulke voertuie op die ys te ry is moeilikheid soek.

Een van die mees irriterende dinge vir ʼn motoris is om ys aan die binnekant van jou kar se vensters te kry en dit gebeur maklik wanneer mens nie ʼn verhitte motorhuis het nie en soos ons onder ʼn afdak parkeer. Elke keer wanneer mens in jou kar inklim beland ʼn bietjie sneeu wat op jou skoensole vasgesit het onvermydelik op die kar se vloer. Hierdie sneeu smelt natuurlik elke keer wanneer die kar gebruik word en die water wat so gevorm het verdamp sodat mens nie eintlik weet hoeveel sneeu al gedurende die afgelope paar weke in die kar ingedra is nie. Wanneer daar nou al genoeg ys in die kar beland het en mens ry ʼn paar kilometer (natuurlik met die verwarmer voluit aan want buite is dit -30°C) dan parkeer mens jou kar ewe niksvermoedend, prop die enjin in sodat die olie nie vries nie en gaan slaap. Die volgende oggend is die binnekante van al die ruite bedek met ʼn dun yslaag en moet mens die enjin eers vir tien minute laat luier sodat dit warm genoeg word, dan die verwarmer aanskakel en dit vir nog tien minute voluit laat loop sodat die ys kan smelt.

Swart ys is nog ʼn kalant waarvoor mens op die uitkyk moet wees. Die ys is nie werklik swart nie maar deurskynend en lyk dus dieselfde kleur as die teer. Dis vir alle praktiese doeleindes onsigbaar en mens kom eers agter dat jy op swart ys ry wanneer jou kar meteens onbeheerbaar word, en dan help vierwielaandrywing niks. Wanneer jy briek trap gly die kar stadig en elegant oor die stopstraat en jy hoop maar net dat niemand anders in aantog is nie.

toegesneeu

toegesneeu

Ook voetgangers val dikwels op swart ys en dit gebeur vroeër of later met almal. Mens voel nogal ʼn taamlike gat wanneer jy die eerste keer neerslaan maar jy besef gou dat die Moose Javians dit aanvaar as maar net nog een van die dinge wat in die winter gebeur en sommige mense raak heeltemal blasé daaroor. Die eggenote van een van my kollegas het een dag in die middel van die straat geval en die ys was net te glad om te kon opstaan – toe beweeg sy maar so op haar sitvlak tot by die naaste lamppaal, trek haarself daaraan op en stap ewe doodluiters verder.

Om in ʼn sneeustorm (“blizzard” of “white-out” op syn Kanadees) te bestuur is ʼn gebedsaak vir diegene wat daaraan glo. “White-out” is ʼn baie beskrywende term, mens sien werklik niks anders as net wit deur jou kar se vooruit en truspieëltjies nie, net-net die kar se neus en jy wonder hoe jy nog op die pad gaan bly want dit is nie meer sigbaar nie. Ry maar voort, hoop jy bly op die pad is al raad want as jy stilhou gaan die sneeu jou kar binne minute begrawe en/of iemand gaan in jou vasry.

Wanneer die wintermaande aanbreek word motoriste gewaarsku om nooit ʼn dorp te verlaat sonder ʼn vol petroltenk, ʼn space blanket, sterk flitslig en proviand nie. Elke jaar verkluim ʼn paar mense op afgeleë paaie wanneer hul die pad verlaat en in die sneeu vassit.

 

When the World Disappears

 

Driving through a flat-out prairie

blizzard is a classic struggle between

terror and faith. Between Paynton and

the Battlefords the world disappears –

horizon, buildings, trees, traffic,

the road itself, all gone. Snow, 

blasted by a fierce south-easter,

obliterates equally land and sky.

 

On this two-way stretch of highway

we drive into the snow cloud.

As vehicles behind and in front

vanish from my sight, so too have I

from them, my hands iron vises

clinging to the steering wheel,

clinging to frail threads of reason,

clinging to little more than blind hope

as the white-out erodes confidence

and panic probes below

the thin skin of logic.

 

We hurtle through nothingness,

my silent prayer willing that whatever

lies on the other side of this void,

whatever other drivers are steering

the margins of their own misery,

their paths do not intersect mine.

We are, all of us, blind pilgrims

groping for some distant shrine

lost from our view, alive only

in the minds that will them.

 

Glen Sorestad

 

Uit Blood & Bone, Ice & Stone (Thistledown Press, 2005)

 

Sorestad is na my mening by uitstek die digter van die prêries: die landskap, die seisoene en die mense vind almal neerslag in sy verse, alhoewel nie al sy bundels oor hierdie onderwerpe handel nie. Hy dig dikwels oor die alledaagse, gewone dinge soos ʼn wandeling in ʼn park of in ‘n sneeulandskap, maar hy slaag daarin om dit te beklee met ʼn perspektief wat ander mense dikwels nie raaksien nie, sowel as ʼn besef van ons almal se sterflikheid. Ek dink nie dat hy as Kanada se grootste digter beskou kan word nie, maar tog is sy verse vir my die beste poëtiese beskrywings van die omgewing waar ons woon.

Glen Sorestad
Glen Sorestad

 

Lente in Saskatchewan herinner my aan wat Lenin geskryf het in “The Crisis in Our Party: One Step Forward, Two Steps Back” want hierdie seisoen benader ons op dieselfde manier, so suutjies, voetjie vir voetjie, nes mens dink nou is dit uiteindelik lente dan deins dit terug, val die sneeu en is dit weer bibberend koud. Nie verniet dat Kanada se vier seisoene bekend staan as alreeds winter, winter, nog steeds winter en padherstelwerk.

 

SPRING IN SASKATCHEWAN

 

is mercurial. One day

the ogling sun blows

kisses at young women

flaunting halter tops and shorts;

the next day snow sneaks back in

and crashes the party.

 

Spring comes here

whenever it damn well wants:

some time between April and June.

It may even alternate days.

Predicting its arrival or its presence

is a foolish game:

animals and birds get confused.

Canada Geese picking sprigs on the golf course

in the heavy snowfall complain

to anyone who will listen.

 

The pumpkin-breasted Robin

that just yesterday dazzled

from its song-full rooftop perch

huddles today, a forlorn puff

of feathers tucked in the lee

of a spruce bough cluster.

 

With growing impatience we

await its arrival, but Spring marches

to its own eccentric beat

and nothing we can do

will speed it a single day.

 

Here in Saskatchewan we learn

to hold our tongues.

 

Uit What We Miss (Thistledown Press, 2010)

 

NOVEMBER HERON

 

November and snow flakes like leaflets

fall soft as breath as we tread the path

between the park’s two ponds. Motionless

 

beside the only open water stands

a Great Blue Heron, forlorn in the soft

flutter of wet flakes. Does the bird know

 

it is an anachronism of the month,

obtrusive against a wintry backdrop?

Perhaps it is wounded; or old and weak

 

it sees its fate reflected in the cold water

and simply waits out its remaining time –

falling prey to sharp teeth or winter chill.

 

Its kin, long flown to warmer waters,

are receding memories of what once was.

Silent snow falls on the heron, falls on us.

 

Uit What We Miss (Thistledown Press, 2010).

 

In die volgende gedig beskryf Sorestad die stadige verval van die honderde klein nedersettinkies wat oor die prêrie versprei is.

 

AN ABSENCE OF BIRDS

 

Summer is hot and dry. Not unusual.

The ambient sounds are here: wind

in old elm trees, grasshoppers buzz

the daylight. Sounds of farms –

tractors, road and field sounds.

A chatter of sparrows in carraganas.

At night the long quaver of coyotes,

A yapping of foxes.

 

                                  But something is missing.

Some remembered sounds, no longer there.

Where is the soft call of mourning doves?

What has happened to the nighthawk’s cry

Balancing on the margin of day and night?

 

The hamlet shrivels like droughted wheat.

Someone else dies, houses empty mourners.

Fewer gardens echo the sounds of spring,

Fewer hoes at war with weeds.

Fewer pails of water hauled from the well.

Ebbing sounds.

 

An absence of birds is its own sadness:

Each year another sound heard no more.

Who will restore the chorus to what memory

Desires, what the spirit demands?

 

 Uit WEST INTO NIGHT Thistledown Press, 1991)

 

Ek kan nie die versoeking weerstaan om ʼn voorbeeld te plaas van die humor wat soms in Sorestad se gedigte voorkom nie.

 

SOME MORNINGS

 

when I unfold

from sleep and struggle

upright from the bed

to the edge of the world,

I am overwhelmed by

an acute palimpsest of time:

this body: its creaks and groans,

its under-used muscles bitching,

joints complaining,

whereas once they moved,

silent and precise

as doors on a Mercedes-Benz.

 

It’s not that I didn’t

see it coming. But most

mornings when I rise

I emerge from a world

in which the body was

young and strong and lithe,

brimming with confidence

this present weary round-up

of bones, ligaments, muscles

have apparently forgotten.

 

Just wait, just wait,

The body cautions me,

give me a moment,

maybe two or three

and I’ll be ready…

you can’t expect

miracles you know…

 

I totter, one tentative

footstep following the other,

to the bathroom and deal with

another prescient symptom

of this depressing morning

mortality check: a bladder

that insists it’s twenty years older

than the rest of me.

 

Uit What We Miss

 

As daar twee dinge is waarin Kanadese uitblink dan is dit politieke korrektheid en self-flagellasie. Ek sal die flagellasie los vir anderdag, maar die PK hier laat soms my mond oophang. Die Junior Soccer League van Ontario het pas ʼn nuwe reël daargestel: wanneer een span tydens ʼn wedstryd met vyf doele voorloop, dan verbeur daardie span onmiddellik die wedstryd. Dis nie goeie sportmanskap om ʼn ander span so in die grond in te spele nie sien.

Tydens die Winter Olimpiese Spele wat Februariemaand in Vancouver plaasgevind het, het die Kanadese regering ʼn “Own the Podium” reklameveldtog geloods waarin die publiek aangemoedig is Kanadese atlete sterk en ondubbelsinnig te ondersteun om soveel goue medaljes te wen as moontlik. Heelwat stemme van protes het opgegaan – dis glo “un-Canadian” om so graag te wil wen, hoe moet die ander atlete dan nou voel?

Die seun van een van my kollegas is ʼn hardwerkende en intelligente kind wat uitstekend vaar op skool. Eendag roep sy onderwyseres die seun se ma in en vra dat hy tog asseblief nie so hard moet leer nie, sy punte is te hoog en dit laat die ander kinders afsteek en seker nog sleg voel ook. By skoolsportbyeenkomste kry elke iedere kind ʼn prys, selfs al kom hy of sy laaste – “for participation”.

 

Nja.

 

Leon Retief. Moose Jaw

Monday, June 14th, 2010

Takbokkakebeen …

 

Moose Jaw?

 

Moose Jaw? And they attempt to hide
derision. How can anyone claim
this Podunk, Hicksburgh, Blahville
place home? Wasn’t this the place named
after former Prime Minister Brian Mulroney?

The Name: the Moose Jaw river
is shaped like the jawbone of a moose.
Not.

Rich Little once got a laugh saying
“Moose Jaw is so small they don’t have
weather there.” People with names like
Rich Little shouldn’t make jokes about
the size of anything.

Comic Strip artists can’t keep their pens
off Moose Jaw: Broomhilda, Get Fuzzy,
even Marvel Comics released a special
Wolverine and Cable comic in which
the superheroes battle with a gross mutant
on the streets of Moose Jaw, a town
just outside civilization.

The name: the place where Lord Dunmore,
Earl of Mulberry, fixed his cart
with the jawbone of a moose.
Not.

When they want to designate nowhere
important, unendurable plainness,
or a certain weird quaintness
authors summon the name-
Murder in Moose Jaw; Still Circling
Moose Jaw; All the Moose, All the Jaw;
The Moose Jaw Book

The Name: from the Cree Moosoochapiskun
meaning Moose Jaw.
Not.

When they want a comic-exotic touch
authors site Moose Jaw. J. K. Rowling
in Quidditch Through the Ages names
one of the world’s top teams the Moose
Jaw Meteorites. Homer Simpson conjures
a Moose Jaw baseball team as the bottom
of bottom rungs. Atomic Betty, Teletoon
defender of the universe, resides in
Moose Jaw Heights

Hollywood dumps on Moose Jaw.
In Slap Shot an incredibly
dumb and violent defenceman hails
from Moose Jaw. In Atlantic City
a florist asks repulsed lover
Burt Lancaster where to send
the flowers now. Hurt, disgusted
Burt replies, “Moose Jaw.”

The name: from the Cree moscatstani-sipy
“river of warm breezes.”
Now you’re talking.

 

© Gary Hyland.

 

Mulroney, eerste minister van Kanada tussen 1984 en 1993, tans in skande gedompel nadat sy gekonkel met die Duitse wapenhandelaar Karlheinz Schreiber op die lappe gekom het, het ‘n taamlike prominente onderkaak en ‘n Kanadese TV-komedie in die negentigerjare het spottend na hom verwys as “Moose Jaw Mulroney”.

Meeste non-Kanadese beskou Moose Jaw as ‘n effens eienaardige naam vir ‘n dorp, maar in Kanada is hierdie naam doodgewoon in vergelyking met ander Kanadese dorpsname: Sexsmith, WaWa, Climax, Forget, Comebychance, Dildo, Eyebrow, Elbow, Ecum Secum en Mushaboom.

Nogtans het die naam Moose Jaw ‘n soort van lewe van sy eie gekry en is dit waarskynlik een van die bekendste onbekende dorpe in die wêreld – feitlik niemand wat die naam ken het dit al besoek nie. Dit is ook een van die koudste plekke in die prêrie en temperature van -40°C is nie buitengewoon nie. Met die wind chill bygereken het ek al -54°C beleef en by daardie temperatuur maak dit nie saak hoe warm mens aantrek nie, die koue sny deur elke liggaamsdeel, jou klere vries stokstyf rondom jou liggaam en jy kan voel hoe jou knieë jou broek moet buig om te kan loop. Dankie tog vir binnenshuise verhitting! Mens sien nie joggers in die winter nie omdat die koue lug wat hulle inasem hipotermie sal veroorsaak.

Om ‘n kar in Moose Jaw se winters te onderhou is, wel, so ietwat anders as in SA. Wonings het meestal verhitte motorhuise, parkeerplekke wat nie onderdak is nie het kragproppe waar mens jou kar inprop om te verseker dat die olie nie vries nie. Wanneer ons by -20°C of kouer gaan inkopies doen skakel jy nie jou kar af wanneer jy parkeer nie en dis ‘n algemene gesig om dosyne luierende karre in winkelsentrums se parkeerareas te sien. En nee, die karre word nie gesteel nie.

(Darem net om te sê: dis nie ons kar op die foto nie, ons het beter smaak in karre as ‘n Buick!)

 

 

 

Natuurlik is daar mense wat selfs in die winter buite moet werk of wil gaan jag en hulle koop beskermende kleredrag by Mark’s Work Wearhouse, ‘n interessante winkel wat ek graag besoek sommer net om te snuffel. Dis ook die beste plek om ordentlike handskoene en kouse te kry wat hande en voete darem redelik warm hou wanneer my vrou en ek in die sneeulandskap gaan stap soos ons graag doen.

Een van die kledingstukke wat daar te koop aangebied word is dik, warm long johns wat met antibiotika geïmpregneer is. Dit laat mens wonder hoe dikwels sulke onderklere nou eintlik omgeruil word. Ek het maar liewer nie gevra nie. The mind boggles…

 

Die “river of warm breezes” is die Moose Jaw River aan die buitewyke van die dorp, met Wakamow Park langs die oewers. In die somermaande is dit ‘n gewilde uitspanplek vir Moose Javians en wemel dit van spelende kinders, kanovaarders en piekniekgangers. Daar is ook braaigeriewe, maar die enigste mense wat eintlik daarvan gebruik maak is ekspat Suid-Afrikaners, waarvan daar sowat veertig in Moose Jaw is. Meeste is dokters of eggenote(s) van dokters, die hele Kanada wemel van sogenaamde IMGs (International Medical Graduates) en ‘n baie groot persentasie van hierdie medici is van Suid-Afrika. Meeste Kanadese dokters verkies heel verstaanbaar om in groter sentra te praktiseer, sou daar ‘n wegraping van IMGs wees sal feitlik alle mediese dienste in plattelandse Kanada in duie stort en hiervan is Moose Jaw Union Hospital is ‘n goeie voorbeeld. Van die 21 spesialiste is slegs twee gebore Kanadese. Van die oorblywende negentien is agt ekspat Suid-Afrikaners, die res is van Mexiko, Ghana, die Soedan, Nigerië, Sri Lanka, Libië en Egipte.

Ek wonder oor sommige van my Suid-Afrikaanse kollegas hier. Wanneer hulle in Kanada is verlang hulle na Suid-Afrika, wanneer hulle terugkeer van ‘n vakansie in SA dan vertel hulle weer hoeveel hulle na Kanada verlang het. So asof hulle nêrens tuis voel nie.

Oorkant ons woonstel is Crescent Park waar ook die biblioteek en een van die twee kunsgalerye is – ja, Moose Jaw het sowaar twee kunsgalerye en ‘n aktiewe kunsvereniging, maar ek dink die gehalte van hul skrywers is beter as dié van hul beeldende kunstenaars, alhoewel Moose Jaw darem ook die tuiste is van Ken Dalgarno, ‘n bibliotekaris en een van Saskatchewan se opkomende skilders.

 

Rust. Ken Dalgarno

Rust. Ken Dalgarno

 

Aan die agterkant van die biblioteek is ‘n ruimte waar takbokkies elke somer kom huis opsit en dis niks snaaks om te sien hoe die bokkies nou en dan ewe ongeërg deur die dorp draf nie, so asof Moose Jaw aan hulle behoort. Ons het ook al een of twee coyotes gesien, maar hulle waag dit net snags in die dorpsgebied. 

 

 

Net buite Moose Jaw is die basis van 15 Vleuel van die Kanadese lugmag, dit is ook die tuiste van die Snowbirds, die lugmag se kunsvlieg eskader, wat van die begin van Junie ‘n vroulike vlieënier as bevelvoerder het. Kanada is baie gesteld op gelykheid van geslagte maar die downside daarvan is dat dit vinnig besig is om dieselfde nanny state as Brittanje te word.

 

Kunsvlieg

Kunsvlieg

 

Ek probeer Moose Jaw nie as ‘n Eden op aarde voorstel nie – die werkloosheidsyfer is hoër as die Kanadese gemiddelde, hier is baie dwelmmisbruik en tienerswangerskappe is meer algemeen as wat dit behoort te wees, maar ten spyte hiervan het ons ‘n rustige lewe tussen vriendelike mense en het my vrou en ek baie meer tyd vir mekaar as wat ons ooit in SA gehad het.

Moose Jaw het twee bekende digters opgelewer. Ek het Robert Currie reeds in my vorige blog bespreek, die ander digter is Gary Hyland, ‘n stigterslid is van die jaarlikse Festival of Words wat elke Juliemaand in Moose Jaw plaasvind. In 2007 is hy benoem as een van die honderd mees invloedryke graduandi wat die Universiteit van Saskatchewan die voorafgaande eeu gelewer het. Mens moet wonder hoeveel digters al ‘n soortgelyke eer te beurt geval het want dit word meestal toegeken aan sakemanne of politici.

 

Gary Hyland

Gary Hyland

Hyland het ongelukkig amiotrofiese laterale sklerose, dieselfde siekte as Stephen Hawking maar net in ‘n baie erger graad. Tans word hy meganies geventileer en is geheel en al nie in staat om te kommunikeer nie. Vir ‘n digter moet dit ‘n besonder aaklige lot wees.

Onderstaande gedigte is uit sy jongste (en waarskynlik laaste) bundel, You.

 

ACKOWLEDGEMENT

 

We’ve been together over fifty years,

turned into each other’s clichés,

not even aware we compensate

for the other’s deficiencies.

When I tire, you provide a yawn.

When I pine, you sigh.

I’ve grown to accept your losses,

your skin eruptions, your chronic

insomnia, your creaky hinges.

And you, old friend, no longer

ulcerate over my insecurities,

my routine mismanagement

of your essential regimens.

 

I appreciate that you

have all but stopped expecting

expensive lathers and lotions,

swank accessories and fashions,

daily walks, high-fibre snacks,

a ban on chocolate and beer,

that you now tolerate seeing

and hearing less and the strain

when the handles fall off

the names we used to heft with ease.

 

This accord is our triumph,

not to rile each other too much

before the certain sundering.

 

 

THIS THEN

 

That you will die. That it will be soon.

Death’s branch operation in your head

pumps invisible agents to swallow your days.

 

That no one cares much. Not even you.

That pills cannot restore you. Nothing

you do will change anything.

 

That up to the moment the door closes

you will drudge at inconsequential tasks

while your true devotions starve in cells.

 

Angels will not sing you to rest.

What angels have you feathered? The angel

of self-interest? The wings of contrary affections?

 

Your angels tried but could not love you.

They sleep in the vestibule of grace,

sickly spirits, psoriatic, carbuncled.

 

That the white drifts on your wished for slopes

are the bones of misshapen animals

that foraged on your meagre underbrush.

 

That you will stumble there like a pilot

downed, nose dribbling, mind drivelling,

while the search teams stay home.

 

 

NO POEM

 

A thunk, a surge of muffled sobs,

mother crumpled on the floor,

father hulking over her, me

white knuckled to the headboard.

 

And some constipated academic wimp

in his cushy office with his zippy

new computer writes all this

into a poem – po-em, for fucksakes.

 

He takes a pack of dainty words,

tarts them up with sprinklies

and confettis them on a page

for all the other little pinky people

 

to do those things they do

when they think they’re into

whatever they think life is

after they’ve turned it milky

 

safe and oh so nice.

                                  No poem

ever grabs your arm and whacks

you with a razor strap till you’ve got

white welts on your red welts.

 

No pretty bunch of words stops you

shrieking or gets into your guts

good enough so you don’t become

your mother and your father.

 

{Uit: You. Gary Hyland}

Leon Retief. In die Prêrie

Monday, June 7th, 2010

Hoe weet mens dat jy in die Kanadese prêrie is?  Wanneer elke klein dorpie ʼn Chinese take-away en ʼn Suid-Afrikaanse dokter het, wanneer die plaaslike radiostasie advertensies vir plaasimplemente uitsaai en wanneer mens in die lente en herfs opkyk en sien hoe derduisende sneeuganse kwakend noord-of suidwaarts migreer.

Die hospitaal waar ek werk is die hoofkwartier van die Five Hills Health Region en ek probeer steeds uitvind waar daardie vyf heuwels nou eintlik is. Hierdie is platteland in meer as een sin van die woord, die Saskatchewan prêrie is besprinkel met klein dorpies en nedersettinkies, sommige met net ʼn paar dosyn inwoners.

Die prêrie is nie sonder sy bekoring nie. In die somer strek die groen en geel van canola en koring van horison tot horison, in die winter het die plat, strak wit landskap ʼn eenvoud en bekoorlike skoonheid. Dis nie sonder rede dat Saskatchewan se nommerplate die leuse “Land of the Living Skies” dra nie.

Moose Jaw (of dan Moose Dja in Kanadees, as mens dit in propperse Engels uitspreek word jy gevra of jy van Australië is) is ʼn dorp in die middel van suidelike Saskatchewan en die prêrie-inwoners het ʼn identiteit van hul eie. Steeds voortdurende immigrasie uit alle wêrelddele het ʼn mengelmoes van gemeenskappe dwarsdeur die land tot gevolg gehad. Dit wil voorkom asof assimilasie van nuwe immigrante maar stadig plaasvind, ʼn proses wat nie aangehelp word deur die grootte van hierdie land nie. Saskatchewan, met ʼn oppervlak van 650 000 vierkante kilometer is ongeveer die helfte so groot soos Suid-Afrika, maar die provinsie self beslaan maar sowat 6,5% van Kanada se totale oppervlak.

Baie mense in Saskatchewan se voorouers is afkomstig van die Oekraïne en perogies en borscht is gewilde geregte hier. Vir die wat nie weet nie: perogies is bleddiewil oneetbaar, amper so erg soos die sogenaamde “slap” tjips van die prêrie (geensins slap nie, styf, droog en bruin!) wat prêriebewoners by die bordevol verorber. Rondom Moose Jaw is ook ʼn hele aantal plase waar Hutterites (ʼn sekte met sy oorsprong in Oostenryk) heerlike produkte verbou.

 

Min gebeur hier in die winter, temperature van -40°C (dikwels selfs laer) verseker dat mense na werk tuis bly, maar somermaande begin die prêrie lewe en die dorp brul met die geluid van Harley Davidsons – hier is Harleys soos aambeie, elke tweede poephol het een.

Net soos die Harleys kry die literêre toneel ook lewe met poësielesings en slyplesse vir voornemende skrywers. Verbasend baie digbundels word gepubliseer, sommige deur klein uitgewers wat skynbaar meer vir die liefde van die saak bedryf word as met die oog op winsbejag. Vanselfsprekend gee nie alle gedigte mens hoendervleis nie maar nou ja, mens het nie nodig om altyd na Bach te luister nie, Hummel se klavierkonsert kan mens ook plesier gee. Daar is darem ʼn paar redelik groot geeste in hierdie omgewing en een van hulle is Robert Currie, die Poet Laureate van die provinsie Saskatchewan en ook van Moose Jaw. Hoeveel dorpe so groot soos Worcester in Suid-Afrika het ʼn Poet Laureate?

Robert Currie

Robert Currie

Onderstaande gedig is uit sy bundel Diving Into Fire. Die “blade” wat genoem word is die sneeuploeë wat in die wintermaande voortdurend die sneeu van die paaie verwyder, ʼn “semi” is groot geartikuleerde vragmotor waarvan daar baie op Kanadese paaie te sien is. Om hier in die winter te bestuur kan soms nogal skrikwekkend wees.

 

MORNING RIDE

 

Six in the morning

and dark outside

Wind already blowing

as I drive you to the airport

In places snow

building again where a blade

has channelled out the road

Open spots and ground drift

Pulling the car toward the ditch

Before the overpass

we ease around a semi

jack-knifed across the road

and fishtail to Regina and the plane

that will lift you from the prairie

 

In the half-light paw marks

Appear from nowhere in the ditch

Move like ghosts beside us

until we see the mongrel

whiter than snow

running with us at the east

to chase the sky

It leaps a snowdrift

Rises with the vaulting sun

The whole prairie a sudden radiance.

 

Downtown Moose Jaw waar ons woon het lang tonnels onder die sakegeboue en strate, oorblyfsels van die laat negentiende en vroeë twintigste eeue toe elke groot gebou ʼn enorme steenkoolstoof in die kelder gehad het om die gebou in die winter te verwarm. Hierdie oonde moes gereeld van steenkool voorsien word deur opsigters wat van gebou tot gebou beweeg het om hul taak te verrig. Dit was natuurlik baie onplesierig om elke halfuur uit ʼn lekker warm kelder te klim en dan skielik blootgestel te word aan temperature van -30°C of minder, dus is ʼn netwerk tonnels onder die geboue gegrawe om hulle in staat te stel om van een gebou na die ander te beweeg sonder om aan die koue blootgestel te word.

Hierdie tonnels het in die 1920s en 1930s ook gedien as bergplekke vir drank wat uit Kanada na die VSA gesmokkel is en Al Capone het Moose Jaw soms besoek wanneer Chicago te ongemaklik geword het. Moose Jaw se toerismeburo bied toere van die tonnels aan en een van die attraksies is Capone se slaapkamer.

 

AL CAPONE IN MOOSE JAW

For Nancy (Beamish) Gray

 

More than once I left Chicago behind,

fled the heat, the rub of life along the lake,

I slipped away, up the Soo Line into Canada,

stepped down, a burst of steam, took the tunnel

underneath the tracks, rose beneath the bright arch

of the division point station, found River Street

awash with rum and willing women, policemen

already trained to look the other way. Oh, sure,

I might have had an itch to dominate the action,

but this was small-time stuff, Chicago was my town.

 

What I liked up here was Over’s Barber shop,

walking in alone, no one with me, not a man,

dropping into that great leather chair, clean-cut

Bill Beamish washing my hair, drawing damp strands

between the first and second fingers of his left hand,

the snep, snep of the scissors in his right, ahh,

settling deep into that chair, eyes closed, purrr

of clippers on my neck, then the razor

by my throat, and no gun in my pocket,

snick, snick, snick, the sideburns squared away,

the sudden splash of Rum and Quinine Tonic,

the tinge on my scalp, fingers rubbed it in,

massaged the muscles of my neck,

worked above my ears, across my forehead,

zzz, a hive of bees at peace, a comb, perhaps,

a brush, something passed across my head.

Ah yes, more than once I had my hair cut there.

 

River Street is steeds een van die minder fatsoenlike dele van Moose Jaw. Die mooi ou gebou wat destyds die spoorwegstasie was is vandag ʼn drankwinkel en elke Vrydag wanneer ek ons wyn vir die naweek gaan koop dan kan ek nie help om te fantaseer nie: het Capone geloop waar ek nou tussen die wynrakke stap?

Liquor Store

Liquor Store

Die volgende gedig het ʼn interessante hoewel ietwat vae Suid-Afrikaanse konneksie. Die vers is geskryf na aanleiding van Alex Colville se skildery Horse and Train, wat op sy beurt geïnspireer is deur ʼn reël in een van Roy Campbell se gedigte. As iemand dalk kan help om die betrokke reël op te spoor sal ek dit waardeer.

 

IN THE GALLERY

 

His parents have moved on to the next wing,

but the boy remains to gaze at the dark horse

running in twilight, all four hooves in the air,

the sky a dull shroud over dun fields below.

He wishes he rode the horse, could turn it aside,

but there are no reins, and it runs between rails

that shine brighter now as the long train looms.

 

The boy turns to the glare of the headlamp, smoke

peeled away by wind and the speed of the train,

looks again at the galloping horse – the train closer now –

and he thinks of the drive out of New Brunswick,

the sharp curve in the road, his father’s headlights

sweeping the ditch, blood and the huge black hulk

of a moose crippled in the weeds, broken

glass glinting beside it, then gone in the gloom.

 

This is no moose, but a horse, spirit and power,

muscle hurling it forward, no hesitation

as it plunges toward the light, and he wonders

if maybe there might be a chance…

The boy is stunned, fixed, oil on canvas.

Behind him his father appears at the door,

calls his name, pauses, calls it again,

the boy breathless before the painting.

 

 

Uit TWO LOVE POEMS FROM JAMES DICKEY

 

II

 

She know   it’s just a poem   she tells herself

it simply doesn’t matter   she will not

let it matter   she clings she cleaves

 

to one poem only “The Night Pool” where a man

and woman   float like light   through the cool evening

just as they she and Jim   so often do

 

warm together in the bright pool   luminous

a liquid moon beneath the dark   until

they rise into each other’s arms   and he

 

warms her   wraps her round with towels

The poem her poem is always there   it is   what she holds

later   when he is more famous still

 

a feature now for Life and Playboy

when interviewers want it all   everything

he will tell them   This one   sure

 

this is one poem   that gets it right

revealing love   that’s really love

yes   and he wrote it for someone else

 

  •