Muizenberg se naam kom van ʼn amptenaar van die VOC, ʼn ene Sersant Muys, wat die tolhuis daar beman het. Dit was eers “Muys Zijn Bergh”, later “Muysenbergh”. Boere wat hul produkte aan skepe in Simonstad se hawe wou gaan verkwansel moes hier tolgeld betaal. Die tolhuis – Het Posthuis – is steeds daar, een…