Posts Tagged ‘Mulvtivers Hennie Smith’

Nuwe Publikasie: Multivers (Hennie Smith)

Tuesday, November 8th, 2016

Multivers                     

Hennie Smith

Omslag

Omslag

Uit stof, ster, planete word daar poësie gemaak. Die digter verken die geskape univers met fyn aanvoeling en vernuf. Hennie Smith se aanleg vir wiskunde en wetenskap het hom tot ’n doktorsgraad in fisika geneem en ’n suksesvolle na­vorsingsloopbaan in Suid-Afrika en Frankryk. Die fisika en kosmologie word vir hom ’n teleskoop om van die einders van die kosmos in te kyk op die binneruimte van menslike emosie. Die intense gedigte oor die roering en spanning tussen die manlike en vroulike het ook ’n kosmiese inslag wanneer hy soos Goethe in sy Faust ervaar dat die ewig vroulike hom motiveer en die volheid van die syn laat beleef. ’n Aantal verse reik uit na die grense van religie en filosofie. Hier is ’n bundel wat die grense van dig-denke roer en ver­breed. (Naledi, 2016. Prys R 175.00 , Sagteband • 116 p • 213 mm x 137 mm; ISBN: 978-0-928316-64-3)

Biografie:

Hennie Smith is ’n boorling van Bethal op die Hoëveld. Hy behaal ’n DSc in fisika aan die Universiteit van Pretoria en vul dit later aan met studies in ekonomie, filosofie en staatsleer aan UNISA. Sy navorsingsloopbaan van twintig jaar by die WNNR is onderbreek deur periodes van navorsing by die Centre Nationale de la Recherche Scientifique in Orsay, Parys, en later by die Centre d’Étude Nucléaire in Grenoble in die Franse Alpe.

  •