Nou die dag dink ek weer aan iets wat my al lankal pla. Op die televisie verskyn laatnag ’n treffende montage van toeriste-aantreklikhede met ’n meegaande weergawe van ons Volkslied wat gesing word deur ’n mooi diverse groep landgenote. Die uitspraak is plek-plek baie onafgerond (byvoorbeeld “dieptê-hê” vir “diepte”, “sie-hê” vir see, “ji-mil” vir “hemel”, “gie-hê” vir “gee”,…