Posts Tagged ‘National Union of Mineworkers’

Andries Bezuidenhout. Die skrif teen Carletonville se stop-nonsense

Friday, April 9th, 2010

Ek dink nou al lank na oor Danie Marais se stuk oor “ras” en poësie. Ek herkou nog aan ʼn opinie. Ek doen op die oomblik veldwerk vir ʼn navorsingsprojek. Hierdie week het ek verskillende myne naby Johannesburg besoek. Volgende week is ek die hele week in die Oos-Kaap en dan die Vrystaat. Die rondreis help my om my kop skoon te maak. Ek ry vandag deur Carletonville saam met ʼn beampte van die National Union of Mineworkers (NUM). Hy gaan wys my waar Elijah Barayi, een van die NUM se stigterslede, se graf is. ʼn Glasplaat, wat deel van die grafsteen uitmaak, is deur vandale gebreek. Barayi is die eerste swart persoon wat in Carletonville se Helde-akker begrawe is, sê die vakbondbeampte. Hy gaan wys my waar die vakbondveteraan gewoon het. Langs die pad is daar ʼn prefab-muur (of ʼn “stop-nonsense”, soos Suid-Afrikaners ook daarna verwys). Iemand het met swart verf teen die mure geverf: “AWB” en “Kill the Kaffers”.

Ons praat oor die begrafnis van Eugene Terre’Blanche wat skaars vyftig kilometer van Carletonville af plaasvind, probeer op sy karradio hoor wat by die begrafnis aangaan. Ons gesels ook oor Julius Malema en die Britse joernalis en korrupsie in die vakbond.

Kom vanmiddag doodmoeg by die kantoor in Johannesburg aan. Lees die New York Times se berig oor Terre-Blanche se begrafnis:

“The aftermath of Terreblanche’s death has shown how far South Africa has come. White militants first vowed revenge, but later joined President Jacob Zuma in calling for calm… Earlier this week, whites and blacks faced off angrily in front of a courthouse where a teenager and another farm worker who allegedly confessed to killing Terreblanche were charged with murder. But white leaders then asked their followers to go home, and the day ended calmly… On Friday, the country’s largest trade union called a meeting to coincide with the funeral in the part of Ventersdorp where most of the town’s poor blacks live, ensuring there would be no racial confrontations… Provincial Premier Maureen Modiselle, who is black, was among the mourners Friday, her presence underlining government statements that it is in solidarity with all crime victims.”

Toe ek vanmiddag by die hostel aankom waar ons onderhoude voer met lede van die NUM, het ek ʼn groep mans uitgevra oor waar die vakbond se kantoor is. Aanvanklik het hulle my aangegluur, maar tog beduie in watter rigting ek moes gaan. “Ke a leboga,” het ek hulle in my gebrekkige Sotho bedank. Ek het my kar gesluit, wat tussen minibustaxi’s en bakkies geparkeer was, en gemik om in die rigting van die hostel te stap. “Take your car,” het een van die mans gesê.

Ek het in my kar geklim en by die hostel se hekke ingery. Later eet ek ʼn middagete bestaande uit pap, stampmielies, hoender en pampoen in die kantien. Ek dink aan Skollie, ʼn karakter in die TV reeks “Vyfster” (deur George Ballot gespeel), aan hoe hy sy lepel rondgeswaai het as hy sy tronkkos uit sy varkpan eet. Dalk is ek ook ʼn akteur, ontuis in hierdie omgewing.

Hel, vanmiddag sou ek so graag wou glo wat die joernalis van die New York Times skryf.

Andries Bezuidenhout. Nostalgies oor lost causes

Wednesday, February 3rd, 2010

Klerewerkers betoog vir die vrylating van Solly Sachs

My oupagrootjie was ʼn myner wat op die ouderdom van 30 aan myntering dood is. In my day job doen ek op die oomblik ʼn navorsingsprojek vir die National Union of Mineworkers (NUM). Ek hou daarvan om saam met hierdie vakbond te werk, omdat hulle nogal daarin kon slaag om ʼn mate van menswaardigheid te beding vir van die mees uitgebuite werkers in Suid-Afrika. Dis natuurlik nie ʼn vakbond sonder probleme nie, maar dis juis waaroor die navorsing gaan; oor of die lede tevrede is met wat die NUM vir hulle doen. Dis die derde keer dat ek só ʼn projek vir hulle doen – die vorige kere was 1998 en 2005. ʼn Mens kry deur só ʼn verhouding met die organisasie nogal ʼn in-diepte kennis van hoe dinge oor tyd verander.

Daar’s ʼn baie interessante geskiedenis van Afrikaners in vakbonde wat ons nooit op skool geleer het nie. In die 1920s tot ‘40s was Afrikanervroue nogal militante lede van die Klerewerkersunie, met Solly Sachs (oudregter Albie Sachs se pa) as die sekretaris, bygestaan deur aktiviste soos Johanna Cornelius, Anna Scheepers en Bettie du Toit. Elsabé Brink het navorsing hieroor gedoen. Ek het lank gelede ook ʼn stuk gelees oor die liedere wat hierdie werkers gesing het. Ek kan nou onthou van ʼn liriek op die wysie van “wat maak oom Kalie daar”, wat scabs (mense wat tydens ʼn staking werk) uitskel as synde te stink na “vrotte vis”. Ek hoop die persoon wat eendag die geskiedenis van Afrikaanse musiek gaan opskryf ontgin hierdie tradisie ook.

Dit laat my nou dink aan ʼn ou folk-liedjie, Which side are you on? Natalie Merchant het ʼn mooi weergawe daarvan opgeneem. Ek skat die teenstelling van “scab” en “man” sal dalk nie heeltemal op die Afrikaanse klerewerksters van ouds van toepassing wees nie, maar ʼn mens hoef nou seker nie sulke dinge deur politieke korrekte toetse te sit nie. Dis ʼn stukkie nostalgie vir lost causes…

Come all you good workers
good news to you I’ll tell
of how the good old union
has come in here to dwell

Which side are you on boys?
which side are you on?

My daddy was a miner
he’s now in the air and sun
he’ll be with you fellow workers
until the battle’s won

Which side are you on boys?
which side are you on?

They say in Harlan County
there are no neutrals there
you’ll either be a union man
or a thug for J. H. Claire

Which side are you on boys?
which side are you on?

Oh workers can you stand it?
oh tell me how you can
will you be a lousy scab
or will you be a man?

Which side are you on boys?
which side are you on?

Don’t scab for the bosses
don’t listen to their lies
poor folks ain’t got a chance
unless they organize

Which side are you on boys?
which side are you on?

  •