Die virus tref haar tussen twee verkeersligte naby Wespark. Sy sweet en bestuur, sweet en bestuur, konsentreer deur die spitsverkeer en die yskoue prikkels in haar voete en hande. Genadiglik maak sy dit tot by die parkeer-area, sluit die motor en storm dramaties verby die wit tafels met die wynglase, verby die silwer ysemmer en…