Die ou biblioteek in die stadsaal op Harrismith is vir my omtrent net so belangrik soos die Queen Vic in Hillbrow, waar ek gebore is. In daardie biblioteek het my groot lees begin. En eendag het ek oom Nic Duursema, burgemeester en eienaar van die VC-kafee, vir Miss Ivy Petty, die bibliotekaresse, hoor sê: “Ek…