Posts Tagged ‘Nic Groenewald’

Nic Groenewald. Draag baar

Tuesday, January 4th, 2022

 

draag baar

 

een vrou

snaarstyf gespan

stoot hom

sagte mond

gesper

in die wit en helder lig

 

ses mans

strak in swart

en skouers krom

dra hom

na die diep en donker gat

 

© Nic Groenewald, 2022