Ek het al vantevore oor Archipelago Press, my persoonlike gunsteling uitgewery en Jill Schoolman (foto), wat aan die hoof staan van dié inspirerende bedryf, geskryf. Nie net is sy die hoofindoena by Archipelago nie, maar eweneens ‘n persoon wat so stadigaan besig is om die Amerikaanse poësie-landskap op ‘n besonder indrukwekkende wyse te herdefinieer….
Tag: Nichita Stanescu
‘n Opwindende Roemeense digter
Verlede naweek sit ek sonder veel entoesiasme en lees in my kopie van New European Poets (Graywolf Press, 2008) toe die naam van ’n Roemeense digter, Saviana Stãnescu, my oog vang. Onmiddellik intrigeer dié naam my, want ‘n naamgenoot, Nichita Stãnescu, is al vir etlike jare een van my gunsteling digters. Ek lees Saviana se verse,…