lawa by eerste hanekraai en toe die tweede, op my foon, het ek gelê en dink om jou te koester in herinnering, jy vlinder, vondeling vlindeling, dus, die laaste uur in my slaapgeheue om jou net weer in my hande te postuur, die vuur in ons, roes-robyn-en hardekool, het eers geskyn,…
Tag: Nicolaas Geldenhuys gedig
Nicolaas Geldenhuys. dig
dig (na Johannes Vermeer: die kuns van skilder) ‘n gedig is ‘n struikelblok eers, gekap uit harde hout konsentriese ringe van sweet en meet oor die digter se voorkop van meer en minder weet van later en eerder uit die hout word blink poleer, uit die slapende sagte en harde hout, daar uit…
Nicolaas Geldenhuys. heilige reis
heilige reis (vir tt cloete) ons het vertrek en noord gereis, ek, die groot digter en god op die grootpad by roossenekal en steelpoort deur het ek, dief, van ‘n boheemse toneel gesteel ‘n wasdag, helderkleurige vroue, gebukkend oor skottels en klere wat in die wind wapper hier het god, die groot skilder,…
Nicolaas Geldenhuys. april
april oker fleur oranje weer april kom in stukke en brokke van geel en goue blare en rooi die herfs keer uiteindelik bruin terug vandag is daar met kleur bederf in pretoria se strate is daar veraf beweging en geluid aan bome geverf © Nicolaas Geldenhuys, 2023…
Nicolaas Geldenhuys. vii
vii god-die-bloekom strek saans sy arms wyd tintinkie-benoud en hadida-luid in die hesperiese uur god in ‘n oomblik se behoud vermenigvuldig fyn sy ongelooflike estetiese kleinheid hy is likied hibried water wat lewe skenk hy gee waarde aan die eteriese aarde in die middag staan en fuif hy rooi tamaties dikgelyf…
Nicolaas Geldenhuys. molasse
molasse die blinkblou suikerbekkie in die tuin vanoggend ‘n teelepel groen-en-silwer kwik tussen strelitziablom, blaar en spriet die geboë bekkie ‘n suignaald, infusories tenger en bang, amper ‘n geheim nietige, fyn hoëfrekwensie lewe: god en die heelal vir ‘n oomblik teer ‘n tydelike ewigheid singulier vasgevang ‘n druppel molasse wat daar hang …
Nicolaas Geldenhuys. uit ‘n pen
uit ‘n pen uit ‘n pen val ‘n lemoen ‘n skok ‘n bom ‘n pers skoen daar val en val en val water groen rooi tamaties wind en lint ‘n pen is groter as wat mens dink © Nicolaas Geldenhuys, 2023