Ons almal herken die prototipe: hy is ’n Suid-Afrikaanse man, waarkynlik nie meer te jonk nie; en hy lig sy vergrootglas en gesels geesdriftig oor sy eerstedagkoeverte, vastereekse en herdenkingseëls. Hy beduie hoe kosbaar die Kaapse Driehoek of die Penny Black is, en sy gedagtes dwaal na Eeufeesvieringe. Hy kan jou pa, oupa, broer…
Tag: Nobelprys vir Letterkunde
Louis Esterhuizen. Twee digters onder gunstelinge vir Nobelprys vir Letterkunde
Oor ‘n maand is dit weer tyd vir die aanwys van vanjaar se Nobelpryswenner vir Letterkunde en die jaarlikse raai-raai-riepa-speletjie het reeds begin. So het die beroepswedders verlede week hul loting ten opsigte van gunstelingkandidate bekend gemaak en oudergewoonte wemel die lys met die usual suspects. Volgens Ladbrokes, wat as die vernaamste van dié…
Louis Esterhuizen. Gaan ‘n vroueskrywer vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde wen?
Hierdie week is dit weer tyd vir die Nobelprys-toekennings en môre-oggend (Donderdag, 11 Oktober) is dit die beurt van vanjaar se wenner van die 1.2 miljoen USD-prys vir letterkunde om aangekondig te word. Uiteraard wemel die internet van bespiegelinge oor wie vanjaar se uitverkorene gaan wees. Volgens die beroepswedders blyk dit dat die Japannese skrywer,…
Louis Esterhuizen. Tomas Tranströmer wen die Nobelprys vir Letterkunde
Uiteindelik het die Sweedse Akademie hul legendariese skroomvalligheid oorkom en vir die eerste keer sedert Wislawa Szymborska se bekroning in 1996, nie net ‘n digter met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon nie, maar boonop iemand uit eie geledere, naamlik die Sweedse digter Tomas Tranströmer: “because, through his condensed, transluscent images, he gives us fresh access…
Louis Esterhuizen. Dis raai-raai-riepa-tyd vir vanjaar se Nobelprys
Met die bekendmaking van vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde vroeg volgende maand nader ons sekerlik nou weer die seisoen van raai-raai-riepa oor wie vanjaar bekroon gaan word. En net soos dit die geval is met groot sportgelenthede soos Wimbledon, byvoorbeeld, word daar ook na ander voorafgaande byeenkomste (of in hierdie geval pryse) gekyk…
Spesiale nuuswekker: Herta Műller wen die Nobelprys
Die wenner van die 2009 Nobelprys vir Letterkunde is toe nie Philip Roth, Amoz Oz of selfs Bob Dylan nie, maar die relatief onbekende (ten minste in die Engelstalige wêreld) Herta Műller. Volgens die Sweedse Akademie word hierdie Roemeens-gebore Duitser vereer vir kortverhale en romans wat, “with the concentration of poetry and the frankness of…
Desmond Painter. Die Nobelprys vir Philip Roth?
Dit is weer sulke tyd: die ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde word binnekort aangekondig. Na my mening behoort 2009 Philip Roth se jaar te wees. Die belangrikste rede is natuurlik dat Roth een van die wêreld se briljantste en mees konsekwente romansiers is. Sy Portnoy’s Complaint, die roman wat hom beroemd gemaak het, is…