Novalis – vertaling in Afrikaans
Tuesday, March 22nd, 2011Novalis – vertaal deur Peter Louw
uit: Himnes aan die nag
Jy is die jongeling wat diep ingedagte
deur alle eeue op ons grafte staan,
‘n troostende teken in die nagte,
en begin van ‘n gevorderde bestaan.
Met jou besoek eindig alle klagte,
want jy’s die dokter wat ons siel verstaan.
Sonder jou bly ons onafgerond:
Jy is die dood, en maak ons weer gesond.
(Hymnen an die Nacht. Novalis)