Laramie – ‘n Terugblik op Eugène N. Marais Jeanette Ferreira (Samesteller) Eugène N. Marais is in 2021 honderd en vyftig jaar gelede gebore en het vyf en tagtig jaar gelede aan eie hand gesterf. Hy het ’n breë terrein bestryk as prosaskrywer, digter, dramaturg, natuurkundige, hipnoterapeut, regsman en joernalis. Sy Versamelde werke het…
Tag: nuwe bundel 2021
Nuwe bundel. Marlise Joubert: disteltyd
disteltyd Marlise Joubert Met haar nuutste bundel, disteltyd, neem die digter Marlise Joubert bestek op haar lewe; die verouderingsproses met gepaardgaande fisieke aftakeling en verlies, maar ook besinning oor familie, eie kinderjare en die onlangse inperking, beurtkrag en geweld. Dit is gedigte met ’n sterk poëtiese en visuele inslag en word gekenmerk deur…
Nuwe bundel. Bernard Odendaal: Nootvat. Kwashaal. Stapel.
Nootvat. Kwashaal. Stapel. Bernard Odendaal In sy eerste bundel sedert hy in 2007 met Onbedoelde land gedebuteer het, besin Bernard Odendaal oor woordkuns, Afrikaans en die voortbestaan daarvan; gedenk hy die heerlikheid én verganklikheid van die mens, die natuur en die liefde; registreer hy maatskaplike verwording. ’n Verlore jeugwêreld en vriende word onthou; daar word gedink…
Nuwe bundel. Joan Hambidge: Konfessies, kaarte en konterfeitsels
Joan Hambidge Konfessies, kaarte en konterfeitsels Hierdie gedigte verteenwoordig van die beste elegiese verse in Hambidge se oeuvre. Dit beskik oor emosionele diepte sonder om ooit in sentimentaliteit te verval. Verder skroom die spreker nie weg om die soms problematiese en komplekse verhouding met die moederfiguur te belig nie. – Neil Cochrane Waarvan die…
