Ligspoor Juan Coetzer Ligspoor as bundeltitel word ontleen aan die militêre wêreld: ’n fosforbehandelde projektielpunt wat by afvuur momenteel ’n sigbare koeëlbaan laat. Talle gedigte is dus kort en kontaksoekend, visueel en evokerend; van aard eerder impressionisties as surrealisties. Militêr georiënteerd, word ’n meer gebonde as vrye versvorm gebruik. Ligspoor bevat jeug- en militêre herinneringe…
Tag: Nuwe bundel
Nuwe Bundel. Martin Kruger: Gekaapte stad
Gekaapte stad Martin Kruger As argitek is Martin Kruger ’n takseerder van stede. In ’n eiesoortig digterlike taal gee hy sy indrukke van onder meer Kaapstad, Amsterdam, Parys, Barcelona, Venesië en New York. Almal is in ’n sekere sin gekaapte stede – deur kapitaliste, politici, ontwikkelaars en uiteraard ook argitekte. Hy toon besondere empatie met…
Nuwe Bundel. Eunice Basson: ’n Ander wêreld
’n Ander wêreld Eunice Basson Eunice Basson se derde bundel staan in die liriese en suggestieryke tradisie van haar twee vorige bundels: Leiboom (2014, Queillerie) en By die dag (2020, Protea Boekhuis). In ’n Ander wêreld fokus sy op die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan, die wonder van die kleine moment en die…
Nuwe Bundel. I Wish I’d Said… Vol. 7
I Wish I’d Said… Vol. 7 This remarkable anthology contains 100 glorious poems celebrating the seventh year of the AVBOB Poetry Competition. It includes works in all 11 official written languages of South Africa, with English translations, offering a unique and comprehensive literary experience. Using everyday language, vernacular idioms, and newly revised sayings and proverbs,…
Nuwe Bundel. André le Roux: Liefde en Verset
Liefde en Verset André le Roux André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut, Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is. Nou skryf hy met selfs skerper eerlikheid oor die liefde, verlange en verwondering, met ‘n aweregse blik op die ouderdom. Met bytende humor en selfspot verken hy die Suid-Afrikaanse…
Nuwe Bundel. Johann de Lange: Miniatuur
Miniatuur Johann de Lange In Miniatuur vind ons ʼn behendige hantering van die kwatryn soos die digter ook in die vorige twee bundels, Weerlig van die ongeloof en Duimnaelsketse, gedoen het. Die gedrongenheid en dissipline maak die kwatryn ʼn uitdaging, en dié digvorm is duidelik ʼn vorm wat dié digter aanstaan. Die 102 kwatryne is…
Nuwe Bundel. Jan Pretorius: Stil gesprek
Stil gesprek Jan Pretorius Stil gesprek is ’n pragtige publikasie wat bestaan uit 24 oorspronklike ekfrastiese gedigte van die bekende opvoedkundige en akademikus Jan Pretorius, wat geskryf is na aanleiding van die internasionaal bekroonde natuurfotograaf Geo Jooste se natuurfoto’s wat in volkleur aan die keersy van die gedigte afgedruk word. Die sirkelmotief van lewe en…
Nuwe Bundel. Christiaan Diedericks en Melanie Grobler: Vlindervreter
Vlindervreter Christiaan Diedericks en Melanie Grobler Vlindervreter (2024) is ’n unieke digbundel deur die bekroonde drukgrafiese kunstenaar Christiaan Diedericks en die gevierde digter Melanie Grobler. Hierdie bundel, wat Diedericks se digdebuut aankondig, spruit uit hulle daaglikse uitruil van gedigte. Aretha du Rand prys die bundel vir sy indringende ondersoek na die menslike kondisie, waarin temas…