Alles keer om Tomas Tranströmer VERTALER: De Waal Venter AGTERGROND Tomas Gösta Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015) was ’n Sweedse digter wat in 2011 die Nobelprys vir sy poësie ontvang het. Sy poësie het dikwels die lang, koue winters in Swede beskryf en die uitsonderlike natuurskoon van sy land. Dele van sy…
Tag: Nuwe bundels 2020
Nuwe bundel. Hennie Meyer: Winkel van wanklanke
Hennie Meyer Winkel van wanklanke Winkel van wanklanke is ’n versameling konkrete poësie – gedigte wat die grense van die gedig as teks en as visuele kunsobjek ophef. Dit is ’n versameling (“’n winkel”) van gedigte, maar is terselfdertyd een kunswerk met onderstaande komponente of bewegings wat tot die geheel bydra. Dit word gedeeltelik in…
Nuwe bundel. Ryan Pedro: Pienk ceramic-hondjies
Ryan Pedro Pienk ceramic-hondjies In Ryan Pedro se debuutbundel kom ’n sterk nuwe stem aan die woord in roerende gedigte wat dikwels uit die oogpunt van ’n bruin seun op ’n plattelandse dorp aangebied word. Die kompleksiteite van identiteit, ras, klas en opvoeding word ondersoek deur dié seun se beweging tussen verskillende wêrelde binne…
Nuwe bundel. Antjie Krog: ‘n Vry vrou
Antjie Krog ‘n Vry vrou Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. ‘n Vry…
Nuwe bundel. Hennie Aucamp: Oopkardoes
Hennie Aucamp Oopkardoes ‘n Bundel guitige verse wat aansluit by die kabaret-wêreld, die sewe doodsondes, ‘n ganse galery bevlektes word ten tonele gevoer met Aucamp se onverbeterlike humor. ‘n Jaar of drie voor sy dood het Hennie vir Johann de Lange dié manuskrip gegee met die opdrag, “Doen daarmee soos jy goeddink.” Dit was vier…
Nuwe bundel. Thomas Deacon: Swartslang
Thomas Deacon Swartslang Die lewe spoeg vir Bohato bitterwater. Vir hom, wat met die vlies om sy kop gebore word, geskied daar nie geregtigheid nie. Swartslang is altyd daar en hy vrees hom. Maar Bohato gee nie moed op nie, nie eens op die myne wanneer die pad te lank word vir hom nie. Net…
Lynthia Julius. Uit die kroes
Lynthia Julius Uit die kroes In Lynthia Julius se debuutdigbundel, Uit die kroes, word die NoordKaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende manier inkorporeer. Die gedigte aan die begin van die versameling verwys na die geskiedenis van SuidAfrika en belig die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou daarin. Die Kaap se slawegeskiedenis, Distrik Ses en apartheid word opgeroep aan die hand van figure soos Amria van Bengale en Dulcie September. Die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou in SuidAfrika word ook bekyk – hoe daar byvoorbeeld…