Posts Tagged ‘Octavio Paz’
Sunday, August 7th, 2022

Alhoewel reën as natuurverskynsel in poësie verskillende gedaantes kan aanneem, vind dit uiteindelik neerslag in die vorm van ’n psigodrama met 7 simboliese betekenisse. Reën is iets wat in verlede gebeur, skryf Jorge Luis Borges in ’n reëngedig. Reën roep ’n bepaalde nostalgie of mymering voor die oog. Die toonaard – of stemvurk – van reëngedigte is verskillend gestem, maar die voorkoms van reën gee onmiskenbaar ’n atmosferiese kwaliteit aan poësie.
Die gebruik van reën as simbool in films, romans en poësie verskil nie veel van mekaar nie. Reën simboliseer melankolie (of die intensivering van emosie, soos vreugde: singin’ in the rain); nuwe lewe; reiniging; vasberadenheid of beproewing; liefde en romantiese naunses; reën tree op as voorbode (waarskynlik ’n onheilspellende een), en reën vra vir introspeksie. ’n Mens sien byvoorbeeld in films hoe ’n bokser of sportman in die reën draf (vasberadenheid en beproewing); of hoe donkerwordende wolke aan die einde van ’n film saampak om naderende onheil of melankolie te suggereer. Hierbenewens word reën geassosieer met gevestigde mitologiese of religieuse simboliek, byvoorbeeld in die verhaal van Noag se ark dui die reënvloed op die reiniging van die mensdom se sondes.
Liefde en romantiek. Kykers is bekend met liefdestonele waar minnaars mekaar omhels in die reën – maar ook in poësie herhaal reën as leitmotief, of liewer, geleier van die liefde. In die onderstaande gedig van Breytenbach word die Middeleeuse liefdeslegendes van Heloïse en Abelard, sowel as Tristan en Isolde, geïmpliseer. Die spreker se liefdeserotiek word ’n Ars poëtikale versugting wat uitloop op die vrou/Yolande se vrug(-baarheid).
IN JULLE HOEDE
Die heelnag lank getrippel van druppels
somber reën teen die rooi pandak –
die duiwe se geeste rus nie;
’n wind vol gate waai ver uit die ooste,
in die mielielande staan kluisenaars enkeldiep
in die modder,
probeer vergeefs die vrugte bewaar
Maar jy, bibberende klein Heloïse,
my sluimerende Isolde – jy’s veilig
hier onder die trippelende pandak
ver van die reën se rillende pyn
die verknorsing van wolk en koue
Jy is my taal, die saad
van my bevrugting, jy is die woord
waarin ek drome kan stort,
die gedig tussen lakens met die soet asem
van rus by die klewerige mond
en dáárom was die reën die rillende rooidak
Kom al julle Gode, kom uit die mielielande
sodat ek julle soos harige komberse
kan trek oor my vrou –
om my vrug te beskerm
’n ogie oor Yolande te hou
(Breyten Breytenbach. Die huis van die dowe, 1967)
Onheil en voorbode. In “i sagte reën het agtermiddag” word reën geassosieer met ’n voorbode vol onheil. Vlok se unieke idiolek, byvoorbeeld die gebruik van gebroke sintaksis, die doelbewuste distorsie van taal en staccato-agtige styl verhoog die spanning en laat die leser met ’n gevoel van Angst. Terugskouend word die reën in die agtermiddag ’n herinnering waarin daar iets katastrofies gebeur het – ’n motorbotsing word in die tweede laaste reël genoem. Vlokkie die vertraagde en die spelende kinders se onskuld word fel gejukstaponeer met ’n rampspoedige uiteinde waarin reën as ’n soort onheilsboodskapper figureer.
i sagte reën het agtermiddag
i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.
ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons het bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.
in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.
(Gert Vlok Nel. Supertaal)

In die volgende onderstaande vers (in drie dele) van Müller word die suggestie van ’n mitiese reënmaker, of selfs religieuse simbole, betrek. In deel II van die vers verneem die leser immers: “ […] die oomblik, die nuanses van die lug, / toe sy die storm geroep het // en die storm kóm” (75). Die herinnering aan Anna Müller word aangrypend geskets as “die dun vrou vol droogtes”. (75) Ek het die eerste strofe van hierdie driedelige gedig aangehaal om te wys op die moontlikheid van die komende storm en Christelike simboliek. ’n Alledaagse insident, soos om wasgoed van die draad af te haal voor die reën kom, word getransponeer tot ’n dieper betekenis. ’n Mens dink aan Lukas 23 en die duisternis wat tussen twaalf- en drie-uur neergedaal het voor Christus gesterf het. Die kleure wit en diepblou word beklemtoon; en “van bo tot onder…” roep die skeur van die voorhangsel, voor Christus gesterwe het, voor die oog. Die reën reinig die vrou wat alleen in die “dagskadu” staan en ná die storm, as mistieke katarsis, Verligting ervaar wanneer sy die reën (reiniging) in haar oop mond proe. “[…] en sy haar kop lig / en die lug vloek in die naam / van reeds gestorwe grond” herinner aan die kere wat God die grond/aarde vervloek het (Genesis 3 en 9 onderskeidelik) – altans, dít nou volgens dié twee Bybel-fabels. Die storm, of bestorming in hierdie vers vind beslag enersyds as voorbode van onheil, maar is andersyds geklee in ’n mitiese of religieuse stoffering.
die bestorming
herinnering: anna müller
I
as die wolk meteens afsak
en die aarde verdonker
en die wit wasgoed, baie witter as tevore, haelwit –
as die wasgoed stukkendwaai
op die diepblou werf
as die vrou hardloop en inhaal
met, gebondel in haar arms,
die lapperige reën
die wit reën reguit uit die donker
as die vrou uitasem staan en kyk
hoe die repie blou lug
oor die rant vlug
en sy haar kop lig
en die lug vloek in die naam
van reeds gestorwe grond
terwyl die weerlig met gesplete vingers vuur
tussen ysterklippe rondsoek
tot dit donker
en sy in haar oop mond proe
die wolk se breek, hoe die lug
haar was, in die dagskadu, sy
alleen op die werf, die oomblik,
van bo tot onder…
(Petra Müller. Die aandag van jou oë, 2002)
“Die dans van die reën” beskryf die verrukking van die primitiewe woestynbewoners en diere oor die koms van die reën, met die beeld van ’n mitiese, dansende jong vrou (simbool van vrugbaarheid) wat die koms van die reën voorstel. Marais se vers bly ’n treffer en as een van die bekendste gedigte in Afrikaans, immergroen.
Die dans van die reën
O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy.
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
“Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”
En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!
(Eugène Marais. Maroela Media)
Aansluitend tot bogenoemde gedig as intensivering van emosie – in hierdie geval ekstase – plaas ek die volgende vers, “storm”. ’n Mens kan waarskynlik ook na geografiese reën verwys…
storm
dan kom die reën
dit skreeu ten hemele
dit klop aan die grafte van dooies
en wek blomme op uit rotse
die reën is virtuoos
dit applous oor die dakke
want reën is die triomf van wonde
dit is opstand dit vuur militant
sarsies hael
uit die grofgeskut van wolke
die aarde behoort aan die slawe
die kinders van die vryheid
wat die reën omhels sonder
kettings van vrees of swye
die jasmyn sing in rankers
en soet vokale
en die diere is onderdanig
reën het geen ontsag
vir beskutting of skilde nie
die skilpad trek kleinkoppie
in sy karapaks maar ek breek
uit myself
hartverskeurend gelukkig
want die voëls skinder losbek
die swael ruik wíld
en hiert dan in die golfslag van vlerke
ja net in Pretoria skiet reën
sulke gate in die grond
en gee die los bui
jou ’n oorveeg
as die geute skater
dan die biddende bestekopname
prys die Here
of gaan die versekering betaal
dis die serene stilte
ná die reën wat ek vrees
want al wat ek verstaan
is die gees van ‘n storm
wat ook mý eien
as gees sonder asiel
(Nini Bennett, Donkerwerk, 2019)
In “Winter”, die derde sonnet in N.P. van Wyk Louw se siklus “Vier Gebede by Jaargetye in die Boland”, word reën as katalisator van groei gesien. Alhoewel daar meer as een element in die psigodrama van reën teenwoordig kan wees – in hierdie geval ook die verinniging van reën as meditatiewe vers – is dit interessant dat die simboliese betekenisse van reën as ’n reël redelik ‘vas’ is.
Winter
Nou lê die aarde nagtelang en week
in die donker stil genade van die reën,
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.
Dis alles ryk en rustig van die swaar
geheime wasdom wat sy paaie vind
deur warm aarde na elke skeut en blaar,
en ver en naby alles duister bind
in vog en vrugbaarheid en groot verlange;
tot ons ’n helder middag skielik sien
die gras blink, en die jong graan teen die hange,
en weet dat alle rus die lewe dien:
hoe kon ek dink dat somer ryker is
as hierdie groei se stil geheimenis?
(N.P. van Wyk Louw. Uit: “Vier Gebede by Jaargetye in die Boland”)

In die onderstaande vers van Paz word reën beskryf as inkantatiewe belewenis. Die spreker besin oor reën en die leitmotief “listen to me”, en “do you hear?” fokus op die ouditiewe en hipnotiese gang van die vers. Hierdie is ’n voorbeeld waar reën vra vir introspeksie.
As one listens to the rain
Listen to me as one listens to the rain,
not attentive, not distracted,
light footsteps, thin drizzle,
water that is air, air that is time,
the day is still leaving,
the night has yet to arrive,
figurations of mist
at the turn of the corner,
figurations of time
at the bend in this pause,
listen to me as one listens to the rain,
without listening, hear what I say
with eyes open inward, asleep
with all five senses awake,
it’s raining, light footsteps, a murmur of syllables,
air and water, words with no weight:
what we are and are,
the days and years, this moment,
weightless time and heavy sorrow,
listen to me as one listens to the rain,
wet asphalt is shining,
steam rises and walks away,
night unfolds and looks at me,
you are you and your body of steam,
you and your face of night,
you and your hair, unhurried lightning,
you cross the street and enter my forehead,
footsteps of water across my eyes,
listen to me as one listens to the rain,
the asphalt’s shining, you cross the street,
it is the mist, wandering in the night,
it is the night, asleep in your bed,
it is the surge of waves in your breath,
your fingers of water dampen my forehead,
your fingers of flame burn my eyes,
your fingers of air open eyelids of time,
a spring of visions and resurrections,
listen to me as one listens to the rain,
the years go by, the moments return,
do you hear the footsteps in the next room?
not here, not there: you hear them
in another time that is now,
listen to the footsteps of time,
inventor of places with no weight, nowhere,
listen to the rain running over the terrace,
the night is now more night in the grove,
lightning has nestled among the leaves,
a restless garden adrift-go in,
your shadow covers this page.
(Octavio Paz. Poemhunter.)
Verwysings:
Bennett, N. 2019. Donkerwerk. Kaapstad: Naledi.
Breytenbach, B. 1967. Die huis van die dowe. Kaapstad: Human & Rousseau.
Brink, A.P. 2008. Groot Verseboek Deel I. Kaapstad: Tafelberg.
Müller, P. 2002. Die aandag van jou oë. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.
Drew, C. 6 Julie 2022. The Symbolism Of Rain – 7 Examples In Movies & Books. https://helpfulprofessor.com/symbolism-of-rain/?fbclid=IwAR078rIHnk2Cti_TIqCdZd1h-uwhkuKT-3IPUrDQOIEptGXnmmcHqVy2rxA (2 Augustus besoek.)
8 Spiritual Meanings of Rain – Symbolism and Significance. https://www.angelicalbalance.com/spirituality/spiritual-meaning-rain-symbolism/?fbclid=IwAR2uEkxXiLmV7lrzq7cWKtXm_uOFtULkG_6PKFuU7IqPwPDr3KOKEMqz0Fw (2 Augustus besoek.)
Tuesday, January 25th, 2022
Verskeie definisies van “die woord” is al geformuleer. Byvoorbeeld: dat dit dié deel is tussen die morfeem en ’n sintaktiese frase. Of dat dit die kleinste betekenisvolle linguistiese eenheid is wat selfstandig gebruik kan word. Daar is egter al jare nie sekerheid oor die definisie van “die woord” nie. Bazell1 skryf in 1958 dat daar geen ander item is waaroor daar minder ooreenstemming is nie. Dit blyk dat ‘n universele definisie van ‘n woord dus tans nie moontlik is nie.
’n Artikel in Wikipedia som dit só op:
“’n Riglyn van wat ’n prototipe van ‘n woord is, kan só geformuleer word:
‘n Woord is ‘n (relatief) stabiele, promiskue (kan met ander woorde verbind) fonologiese struktuur wat integriteit het en wat met ‘n (relatief) stabiele semantiese struktuur geassosieer word. ‘n Woord is ook semanties en fonologies onafhanklik.”
Hier het ons nou ’n uiters skraal taalkundige bespreking van “die woord” en ons sit met die gevolgtrekking dat daar nie ’n alomvattende en finale definisie van “die woord” bestaan nie. Hierdie feit skrik geen digter af nie – woorde is trouens die “boumateriaal” waarmee die gedig geskep word. Elke digter het waarskynlik ’n effens ander begrip van hierdie boumateriaal waarmee hy of sy werk. Kom ons kyk hoe verskillende digters in verskillende tale die woord benader.

Octavio Paz
Hoe werk digters met die woord?
Eerstens, Octavio Paz (1914 – 1998). Hy was ’n Meksikaanse digter wat in 1990 ’n Nobelprys vir sy poësie ontvang het. Hy word beskou as een van die heel belangrikste digters wat in Spaans geskryf het in die twintigste eeu, en hy het ’n groot invloed gehad op Suid-Amerikaanse digters sowel as ander digters in die wêreld.
Saúl Yurkievich (La Plata, 1931— Caumont-sur-Durance, 2005) was ‘n Argentynse literêre kritikus, vertaler en digter wat ‘n intense akademiese lewe in Frankryk en die Verenigde State gelei het. In sy essay “Octavio Paz, ondersoeker van die woord”2 het hy onder andere die volgende gesê oor Paz se benadering tot die woord: “Die woord is ’n weerspieëling van weerspieëlings, ’n beeltenis, skuim; dit kan nie die wêreld beskryf nie, dit verwoord slegs die tydelike wese van die digter, die menslike toestand; dit is ’n teken van ’n wese wat lewe, nie spraak nie, maar suiwer handeling.”
Hier is Paz se gedig, “Die gesproke woord”.
La palabra dicha
Octavio Paz
La palabra se levanta
de la página scrita.
La palabra,
labrada estalactita,
frabada columna,
una a una letra a letra.
El eco se congela
en la página pétrea.
Die gesproke woord
Die woord styg op
uit die geskrewe bladsy.
Die woord,
gevorm soos ’n stalaktiet,
gekerfde pilaar
een letter na die ander.
’n Eggo verhard
op die verklipte bladsy.
’n Siel,
wit soos die bladsy,
die woord styg op.
Dit loop
op ’n draad gespan
tussen stilte en ’n gil,
oor die rand
van streng spraak.
Die oor: ’n nes
of labirint vir klank.
Wat gesê word sê nie
wat dit sê nie: hoe kan mens sê
wat dit nie sê nie?
Sê
miskien is die maagd dierlik.
’n Gil
in ’n dooie krater:
hoe sê mens ataraksie
in ’n ander sterrestelsel?
Dit sê wat dit sê
direk en onderstebo.
Bedenklike denke
orent ment:
krematorium is ’n seminarium,
’n saad is nie ’n daad nie.
Labirint van die oor,
wat jy sê word ongesê
vanaf stilte tot die gil
nie gehoor nie.
Met die eienskap van wetenskap:
om te praat en leer om stil te bly.
Hier lees mens van ’n hele stortvloed van beskrywings van die begrip “woord”: gekerfde pilaar, ’n verharde eggo, ’n gil in ’n dooie krater. Mens kry onwillekeurig die gevoel van ’n soort magteloosheid van die digter – hy bied een na die ander treffende beskrywing van die woord, maar dit is asof nie een hom heeltemal bevredig nie. Aan die einde van die gedig verwys hy na ’n eienskap van die wetenskap: “om stil te bly”. Met ander woorde, as jy iets (soos die woord) nie bevredigend kan omskryf nie, moet jy liewer niks sê nie.
As mens dink aan Saúl Yurkievich se opmerking, “Die woord is ’n weerspieëling van weerspieëlings” besef jy dat die pogings om die woord te beskryf, juis in woorde aangepak word. Die woord moet homself beskryf, en dit lyk of daar nie genoeg objektiwiteit in die woord geleë is om hierin te slaag nie.
In Breyten Breytenbach se “gedig vir woorde” wat op 27 Julie 2018 op Versindaba verskyn het, beskryf hy nie woorde soos Paz in sy gedig nie. Hier het die digter te doen met die handeling van woorde, hulle dinamiek en uitwerking. Die digter “soek nie na woorde nie” want “hulle lê agter my bloed”. Dit lyk of die digter wil aandui dat woorde ’n oer-uiting is wat diep uit die wese van die mens ontstaan: “agter my bloed”.
Dan weer jaag die woorde “sillabes op in die donker”. Nou sien die digter nie net die woorde raak nie, maar ook die dele van woorde – sillabes. Dit is asof mens eers die menslike liggaam bewonder en dan meteens besef dat hierdie funksionerende liggaamsgeheel bestaan uit kleiner en kleiner onderdele – organe, senuwees, selle.
Uit Versindaba 27 Julie 2018:
gedig vir woorde
Breyten Breytenbach
dis nie dat ek na julle wat woorde is soek
(sê wié van wanneer ?)
want ek weet julle lê eweneens
agter my bloed kom klop
aan die sinnelose hart wat al lank
‘n eggokamer van vlerkslae is
en jaag soms sillabes op in die donker
soos die ettering van ou swere
weer bloei
luister
moenie blindemol speel
moenie ophou voel-voel na omlyning
van die herinnerde gesig
in die donker bloed nie
ek sal hier wees soos altyd
(effens vervloek van ‘n té lang reis)
in die leë gedig
om verby genade die holtes oop te hou
en die fees van vlervoëls weer verbeel
vir julle huis toe kom
en indien dit dan moet wees
dat ons ons afwesighede aanneem
is dit ook goed
sweer ek hier met my hand op papier
kyk
in die skryflaai van raaisels
is die goëlaar se handkaart gebore
en weggebêre
(myne ? van wanneer af ?)
neem dit
sodat julle die beweging
na mag maak
om aan die skyn
van volbringing te raak

Pablo Neruda
Pablo Neruda, die Chileense Nobelpryswenner, se begrip van die woord is ook besonder diep gevestig in die organiese, die liggaam en bloed van die mens. Sy gedig “Die woord” (La palabra) kom uit Plenos poderes, 1962 (Volle kragte). Hy sien die woord as “gebore in bloed, gegroei in die donker liggaam”.
La palabra
Pablo Neruda
Nacio
la palabra en la sangre,
creció en el cuerpo oscuro, palpitando,
y voló con los labios y la boca.
Die woord
Dit is gebore
die woord, in bloed,
gegroei in die donker liggaam, polsend,
en uitgevlieg deur die lippe en mond.
Verder en nader
steeds, steeds het dit gekom
van gestorwe vader en van swerwende volke,
van lande gemaak van klip,
wat moeg was van hulle ellendige trekvolk,
want wanneer pyn die pad vat
het die volk geloop en aangekom
en nuwe wêreld en water het verenig
om hulle woord opnuut te saai.
En daarom is die erfenis dit:
dit is die lug wat ons verbind
met die gestorwe man en met die oggend
van nuwe wesens wat nog nie ontwaak het nie.
Nog steeds sidder die atmosfeer
met die eerste woord
gevorm
in paniek en gekreun.
Dit het opgestyg
uit die skadu’s
en tot nou is daar geen donderslae
maar tog donder die ysterklank
van daardie woord,
die eerste
woord wat gepraat is:
miskien was dit net ‘n sug, ‘n druppel
en tog val en val sy kaskade.
Toe vul sinvolheid die woord.
Dit was swanger en gevul met lewens.
Dit was alles geboortes en krete:
bevestiging, helderheid, krag,
ontkenning, vernietiging, dood:
die werkwoord het al daardie magte verwerf
en het bestaan met essensie verenig
in die elektrisiteit van haar prag.
Mens-woord, lettergreep, heup
van groot lig en duursame silwerware,
oorgeërfde beker wat die kommunikasie
van bloed ontvang:
hier is dit waar stilte saamgesmelt is
met die volledige menslike woord
en om nie te praat nie is om te sterf tussen wesens:
taal ontspring uit menshare,
die mond praat sonder dat die lippe beweeg:
die oë is skielik woorde.
Ek vang die woord en steek dit oor
asof dit net menslike vorm is,
sy lyne boei my en ek vaar
deur elke resonansie van taal:
ek praat en ek is en ek kom nader sonder taal
aan die einde van die woorde die stilte.
Ek drink aan die woord, en lig
‘n woord of ‘n kristalglas
daarin drink ek
die wyn van taal
of die oneindige waters,
moederbron van woorde,
en glas en water en wyn
gee oorsprong aan my lied
want die werkwoord is die oorsprong
en dit vloei lewend: dit is bloed,
dit is die bloed wat sy wese uitsê
en so gereed is om uit te groei:
dit gee kristal aan kristal, bloed aan bloed,
en dit gee lewe aan lewe, die woorde.
Neruda benader die woord uit ’n hele reeks hoeke in hierdie gedig. Nie alleen het dit in “die donker liggaam” ontstaan nie, hy besin ook oor “die eerste woord” wat “gevorm is uit paniek” en wat die “atmosfeer laat sidder”. Hy wonder of die eerste woord wat gepraat is net ’n “sug, ’n druppel” was en dan sien hy die woord as “’n kristalglas” waaruit hy “die wyn van die taal drink”.
Daar is nie vir Neruda sprake van ’n finale en onveranderlike definisie van die woord nie. Vir hom is dit ’n reeks ervaringe, beelde en emosies, die grondstof van sy poësie.

Tomas Tranströmer
In skerp teenstelling met Neruda se tropiese, swoel beeldspraak en stromende emosionaliteit, is Tomas Tranströmer (Nobelpryswenner 1990) se gedig gestroop tot op die been. Elke woord in sy twee “formules” pas presies op sy plek en is onvervangbaar.
Vinterns formler
Tomas Tranströmer
Jag somnade i min säng
och vaknade under kölen
Winter se formules
I
Ek het aan die slaap geraak in my bed
en wakker geword onder die kiel.
Om vieruur in die oggend
wanneer die lewe se skoongeskraapte bene
koulik met mekaar gesels.
Ek het aan die slaap geraak tussen swaels
en wakker geword tussen arende.
II
In die lamplig
glinster die ys op die pad
soos spek.
Dit is nie Afrika nie
dit is nie Europa nie
dit is nêrens anders as hier nie.
En dit wat “ek” was
is net ‘n woord
in Desember se donker mond.
“En dit wat ‘ek’ was is net ’n woord”. In hierdie reëls kom ’n essensiēle eienskap van Tranströmer na vore: die digter se menswees, sy identiteit, raak weg in die werklikheid waarin hy homself bevind, hy word deel van die groot geheel en doen afstand van sy indiwidualiteit. Hy word “net ’n woord / in Desmeber se donker mond”. Vir Tranströmer is die woord hier ’n soort geestelike entiteit, iets waarin die mens homself transendeer.

Coral Bracho
Coral Bracho (1951 – ) is een van die bekendste en mees gewaardeerde Meksikaanse hedendaagse digters.
Haar gedig Geheime woord (Palabra oculta) bring weer ’n ander perspektief op die aard van die woord.
Palabra oculta
Coral Bracho
Esta palabra oculta
abre su selva. Su ensortijada
sombra.
Geheime woord
Hierdie geheime woord
openbaar sy oerwoud. Sy ineengekrulde
skadu. Die water in
die alligator
en die lig verdeel. Die gees
kom nader,
fluister, soos ’n muur wat oprys
teen die golwe.
In hierdie kort gedig word “die geheime woord” met meevoerende beelde en metafore beskryf. Daar word nie in die gedig eksplisiet aangedui waarom die woord “geheim” moet wees nie. Dit is die digter se manier om te sê wat aan die begin van hierdie essay gesê is: die woord kan nie finaal omskryf en vasgepen word nie, dit bly ’n geheim.
Onbekende boustof
Mens wonder dan, nadat oor en oor aangedui is dat die woord eintlik ’n onbekende entiteit is, hoe kry digters dit dan reg om gedigte met woorde te maak as hulle nie presies weet wat dit is waarmee hulle werk nie?
Ek kan aan een verklaring dink en sal dit probeer verduidelik met behulp van ’n metafoor. ’n Plant of ’n dier of die mens se selle produseer boustowwe uit die voedingstowwe wat hulle bereik, sonder om te “weet” hoe dit gedoen word. Tog word dit gedoen, onophoudelik en amper altyd foutloos.
Die digter doen dieselfde met die gedig. Dit word aanmekaar gesit met woorde wat die digter intuïtief uit sy of haar onbewuste put, en wat nie volkome deur die digter verstaan word nie. Natuurlik speel die bewuste denke, die intellek ’n groot rol om die gedig te vorm en verstaanbaar en genietbaar te maak vir lesers. Die digter wil die woorde sekere begrippe laat dra en wil hulle met sekere emosies belaai. Maar die essensiële skeppingsproses is die taak van die onbewuste, die skeppende impuls waaruit die woord “opstyg”.
Bronverwysings
Haspelmath, M. 2011. The indeterminacy of word segmentation and the nature of morphology and syntax. Folia Linguistica, 45(2): 31-80.
Paz, Octavio, indagador de la Palabra – https://zonaoctaviopaz.com
Gedigte in hierdie essay is uit Spaans en Sweeds vertaal deur De Waal Venter. Van die gedigte is gepubliseer in die bundels “ Vandag is boordensvol – Pablo Neruda in Afrikaans”, Naledi 2019 en “Alles keer om – Tomas Tranströmer in Afrikaans”, Uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020.
Wednesday, December 18th, 2019

Die Meksikaanse Nobelpryswenner (1990 ) Octavio Paz, is gebore in 1914 en het geleef tot 1998. Hy het ’n wêreldwye reputasie verwerf as voortreflike digter en essayis.
Jascha Kessler, skrywer verbonde aan die Los Angeles Times, het Paz beskryf as “waarlik internasionaal”. Manuel Duran van World Literature Today het gesê: “Paz’s exploration of Mexican existential values permitted him to open a door to an understanding of other countries and other cultures”. Duran het verder gesê dat Paz universele aanklank gevind het sonder om sy unieke eienskappe prys te gee.
Die Nobelprys in Letterkunde 1990 is aan Paz toegeken vir: “Impassioned writing with wide horizons, characterized by sensuous intelligence and humanistic integrity.” (Poetry Foundation)
In poets.org word die volgende gesê: ” His later work shows an ever-deepening intelligence and complexity as it investigates the intersection of philosophy, religion, art, politics, and the role of the individual. ‘Wouldn’t it be better to turn life into poetry rather than to make poetry from life?’ Paz asks. ‘And cannot poetry have as its primary objective, rather than the creation of poems, the creation of poetic moments?’”
In feitlik al sy werk vind mens die versmelting van teenoorgesteldes. Magte wat mekaar teenwerk word in sy gedigte vereenselwig. Die bundel “Air Born/Hijos del Aire” is byvoorbeeld in Engels en Spaans geskryf. Dit is ’n tweetalige reeks sonnette wat Paz saam met die digter en vertaler Charles Tomlinson geskryf het.
Indien ’n gedig nasionale en linguistiese grense wil oorskry, moet dit heen en weer oor die grense kan “vloei”. Paz en Tomlinson het geïllustreer hoe dit gedoen kan word met die skryf van ’n gedig “House”. Tomlinson het die eerste vers in Engels geskryf wat toe deur Paz vertaal is. Paz het die tweede vers in Spaans geskryf en dit4 is deur Tomlinson vertaal.
’n Gedig in Spaans en Engels
Hier is die eerste deel van die gedig:1
La casa se construye con lo ahí encontramos One builds a house with what is there
(con crin ligaban la argamasa – había caballos) (horsehair bonded the plaster when horses were)
y con lo que traemos (la rima anda escondida): and of what one brings (the rhyme concealed):
para su tiempo, espacio – tiempo para su space into its time, time to its space
espacio.
Mas nacemos en casa que no hicimos. Yet we are born in houses we did not make.
(Terloops, ek vind die tweede Engelse reël ’n bietjie onsamehangend. Ek sou dit vertaal het as: “Die pleister is met perdehare gebind – daar was perde”)
Volgens ’n medewerker van World Literature Today, Frances Chiles, het Paz probeer om ’n gevoel van “gemeenskap” te bewerkstellig in sy gedigte, iets wat hy gemis het in die hedendaagse wêreld. Paz het die Neustadtprys in 1982 ontvang. In sy ontvangstoespraak het hy sy beklemtoning van botsende gedagtes soos volg verduidelik: “Pluraliteit is Universaliteit, en Universaliteit is die erkenning van die bewonderenswaardige diversiteit van die mens en sy werke … Om die verskeidenheid visies en benaderings te erken, is om die rykdom van die lewe te bewaar en sodoende dit te laat voortleef.”
Octavio Paz in Afrikaans
Hier volg ’n paar gedigte van Paz wat ek uit Spaans vertaal het. In die eerste gedig merk mens duidelik die teenstrydighede en botsende idees wat hy in sy poësie met mekaar versoen. Byvoorbeeld:
“Alles is sigbaar en alles is ontwykend,
alles is naby en alles is onaanraakbaar.”
Uit: “Árbol adrento”
Entre irse y quedarse
Entre irse y quedarse duda el día,
enamorado de su transparencia.
Tussen gaan en bly
Tussen gaan en bly huiwer die dag,
verlief op sy deursigtigheid.
Die sirkelvormige namiddag is nou ’n baai:
waar die wêreld in stilte heen en weer wieg.
Alles is sigbaar en alles is ontwykend,
alles is naby en alles is onaanraakbaar.
Papier, ’n boek, ’n glas, ’n potlood
rus in die skadu van hulle name.
Die klopping van die tyd in my slape herhaal
dieselfde koppige sillabe van bloed.
Die lig verander die onverskillige muur
in ’n spookagtige teater van weerkaatsings.
Ek bevind myself in die middel van ’n oog;
hy sien my nie, ek sien my in sy staring.
Die oomblik verdwyn. Roerloos,
Ek bly en ek gaan: ek is ’n pouse.
In die gedig word dit duidelik dat die digter die werklikheid as een groot geheel sien. Die mens is deel van die natuur en die aarde en alles wat daarin is. Die mens is selfs een met die tyd:
“Ek bly en ek gaan: ek is ’n pouse.”
Franse invloed
Paz het baie geleer by Franse digters soos Arthur Rimbaud en André Breton. Paz het gemeen dat die kern van Breton se poëtika daarin geleë was dat Breton gedink het dat “die natuur taal is”. Om hierdie taal te herwin, moet ons terugkeer na die natuur, voor die val en die geskiedenis. “Volver a la naturaleza, antes de la caída y de la historia.”
In Breton se geskrif “Alchimie du verbe” stel hy dit dat poëtiese visie direk oorgedra moet word, nie beskryf word nie. “Le poète devra faire sentir, palper, écouter ses inventions …cette langue sera de l’âme, résumant tout, parfums, sons, couleurs”
“Die digter moet dit moontlik maak dat sy werk gevoel, gehoor kan word … hierdie taal is van siel tot siel, en dit verstaan alles – geure, klanke, kleure.”2
Terloops, hierdie gedig hierbo is ook deur Joan Hambidge vertaal met die titel “Tussen gaan en bly.” Die gedig kan op haar blog “Woorde wat weeg” gelees word.
Die volgende gedig het ’n paar onderafdelings:
Uit: “Árbol adentro”
Al vuelo (1)
Naranja
Pequeño sol
quieto sobre le mesa,
fijo mediodía.
Algo le falta:
noche.
IN VLUG (1)
Lemoen
Klein son
stil op die tafel,
ewigdurende middag.
Iets kom kort:
nag.
Dagbreek
Op die sand
voëlgeskrifte:
memoires van die wind.
Sterre en kriek
Die ruimte is ontsaglik groot.
Daar bo is wêrelde gesaai.
Onversteurd,
sonder vrees vir soveel nag
die onversetlike kriek.
Non-visie
Leë uur, reservoir
waar my gedagtes
hulleself drink.
Vir een geweldige oomblik
het ek my naam vergeet.
Bietjie vir bietjie raak ek ongebore,
deurskynende aankoms.
Kalmte
Maan, horlosie van die sand:
die nag loop leeg,
die uur is verlig.
Treffend in hierdie gedig is die teenstellings wat versmelt word om nuwe konsepte te skep:
ewigdurende middag/nag
Die ruimte is ontsaglik groot/die onversetlike kriek
Bietjie vir bietjie raak ek ongebore
Paz het heelwat liefdesgedigte geskryf. Waar Pablo Neruda se liefdesgedigte vol vurige, byna onbeteuelde hartstog is, is Paz se hartstog verfynder en ietwat meer abstrak.
Uit Arbol adentro (Octavio Paz)
Noche, día, noche
1.
Chorro de luz: un pájaro
cantando en la terraza.
En los valles y montes
de tu cuerpo amanece.
(Fragment)
Nag, dag, nag
Stroom lig: ’n voël
singend op die terras.
In die valleie en berge
van jou liggaam ontwaak dit.
2.
Vuur slaap in die nag,
water wat laggend wakker word.
3.
Onder die blaredak
van jou hare
jou voorkop:
bome,
helderheid tussen die takke.
Ek dink aan tuine:
om ’n wind te wees wat ritsel deur jou herinneringe,
om die son te wees wat tussen jou fyn takkies deurbeweeg!
4.
Aan die voet van die palm,
lank soos ’n barbaar
golwend groen teen die aanvallende son
rus jy.
’n Poel
– water in die skadu’s – jou liggaam.
Stilte. Enorme namiddag klop
byna onopsigtelik.
Tussen jou bene vloei die koppige tyd.
5
’n Aar van sonlig, lewende goud,
gleuwe, kruise, spirale,
groen sterrestelsels:
die driehoekige insek
vorder deur die gras
drie of vier millimeter per uur.
Vir ’n oomblik het jy
dit in die palm van jou hand gehou
(waar die noodlot sy arabeske geheime afteken):
dit is ’n lewende juweel, ’n kreatuur
wat miskien uit Titania geval het
en jy laat dit met groot respek
teruggaan na die Groot Al.
6
Die dag, volkome blom,
brand uur na uur.
’n Ander blom, swart, ontvou.
Ongemerk steek jy
die skadu oor
en kom binne, dame van die nag.
Skaars ’n golf,
skaars ’n geur, wit,
strek jy uit op my bed.
En word weer ’n vrou.
7
Vlaktes van die laken
en nag van liggame,
gety van begeerte
en grot van drome.
8
Onder jou ooglede slaap
’n ontasbare dorp.
Gretige warrelwinde,
kinders van aanraking word beliggaam,
drink bloed, is die veranderende
vorms van begeerte
en is altyd dieselfde:
die opeenvolgende gesigte
van die lewe wat die dood is,
van die dood wat die lewe is.
Een van die temas wat Paz se werk kenmerk, is die idee van ’n rivier. Hy praat soms van die gedig as ’n rivier wat alles meevoer. Maar dit word ook aangewend om mense en menseverhoudings uit te beeld soos in die volgende gedig.
Antes del comienzo
Ruidos confusos, claridad incierta.
Otro día comienza.
Voor die begin
Verwarde geluide, onsekere helderheid.
Nog ’n dag begin.
Dis ’n halfverligte kamer
en twee liggame uitgestrek.
In my kop is ek verdwaal
op ’n vlakte sonder enigiemand.
Nou slyp die ure hulle knipmesse.
Maar langs my haal jy asem;
intiem en verwyder
vloei jy sonder om te beweeg.
Onbereikbaar as ek aan jou dink,
aan jou raak met my oë,
jou sien met my hande.
Drome skei ons
en bloed verenig ons:
ons is ’n rivier van polsslae.
Onder jou ooglede
word die saad van die son ryp.
Die aarde
is nog steeds nie werklik nie,
die tyd huiwer:
al wat seker is
is die warmte van jou vel.
In jou asemhaling hoor ek
die gety van bestaan,
die vergete sillabe van die Begin.
Samevattend
Octavio Paz het diep spore getrap in die wêreldletterkunde en sy invloed word vandag nog baie sterk gevoel. Sy siening van die mens en sy plek in die natuur raak al hoe meer relevant in hierdie tyd dat ons besef dat ons gevaar loop om die omgewing waarin ons leef te vernietig, en onsself daarmee.
Bronne
1. Aangehaal in: Poetry Translation as Expert Action Process, priorities and networks, Francis R Jones, 2011. Newcastle University. John Benjamins Publishing, Company. Amsterdam:Philadelphia
2. Aangehaal in: “Octavio Paz: A Study of his Poetics”, Jason Wilson, 1979. Cambridge University Press.
Tuesday, December 3rd, 2013
Octavio Paz – vertaal deur De Waal Venter
Paraje
A Denise Esteban
El camino sin nombre,
sin nadie,
fluye entre peñas desgastadas …
Plek
vir Denise Esteban
Die pad sonder naam,
geen mense nie,
vloei verby verweerde rotse,
dobbelstene van daardie antieke spel
wat die elemente sonder ophou speel
dit gaan aan oor ‘n vlakte,
elke tree
‘n legende van geologie
en raak verlore in ‘n duin van weerkaatsings
wat nie water of sand is nie, maar tyd.
Daar is ‘n bloedrooi boom, swart gras,
sout op die lote van lig.
Die pad
dra die son op sy skouers.
Die lug het opgestapelde afstande
oor hierdie werklikheid wat skaars sal voortduur.
‘n poeletjie: fontein van helderheid.
Oë orals.
Die uur steek vas
om homself tussen ‘n paar klippe te sien deurglip.
Die pad hou nooit op om aan te kom nie.
Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter
…
Die poëson
Vir my is daar ‘n konsep wat ‘n belangrike element in die skep van ‘n gedig is. Ek noem dit ‘n “poëson”. Dit is onder andere ‘n skeppende proses wat ‘n digter grootliks onbewus toepas en die werking daarvan kan in ‘n gedig aangetoon word. Die poëson wat elke leser seker dadelik sal raaksien in die bostaande gedig, is “die pad”.
Maar daar is ook ander poësons in die gedig. ‘n Belangrike een is “aankoms en vertrek – beweging en stilstand”. Hierdie poëson vleg deur die gedig en beskryf die pad op maniere waaraan mens miskien nie andersins sou gedink het nie. In reël 3 “vloei” die pad, verderaan beweeg dit oor ‘n vlakte, dit dra die son op sy skouers, en dit hou nooit op “om aan te kom nie”. Die lug het “opgestapelde afstande” – mens sien hier afstande wat nie beweeg nie, maar opgestapel lê, soos roerlose geologiese strata. Die uur “steek vas” (stilstand) om homself “tussen ‘n paar klippe te sien deurglip”. Hier het ‘n mens twee teenoorgestelde konsepte wat deur die dinamiek van die gedig gedwing word om een en dieselfde te wees.Die beweging/stilstand-aankoms/vertrek poëson is in wese die ruggraat van die gedig.
Dit is waarskynlik dat die digter nie op ‘n bewuste manier aan die poëson gedink het met die skep van die gedig nie (natuurlik sou die digter anders gedink het oor die begrip “poëson”, en sou glad nie so oor die skeppingsproses besin het nie). Die poëson is (na my mening) ‘n hoofsaaklik onbewuste dinamiese element wat die gedig maak wat dit is. In die woorde van John C Holcombe: “A good poem lies somewhere beyond mere words: it is the intangible, an exultation in things vaguely apprehended, something which emerges out of its own form, and which cannot exist without that form.”
Meer inligting oor die poëson is te kry op De Waal Venter se Oeuvre blog by:
http://dewaalventer.wordpress.com/literary-and-critical-theory/the-poeson/
*
Árbol adentro
Creció en mi rente un árbol,
Creció hacia dentro …
Octavio Paz :Uit die bundel: Árbol adentro
Die boom hierbinne
‘n Boom het in my kop gegroei,
‘n boom het ingegroei.
Sy wortels is are,
senuwees sy takke,
sy deurmekaar blare die gedagtes.
Jou blik steek dit aan die brand
en sy skadu-vrugte
is bloedlemoene,
vlammende granate.
Die dag breek
in die nag se liggaam.
Daar binne, in my kop,
praat die boom.
Kom nader, kan jy dit hoor?
Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter
Hierdie gedig is geskryf deur die Meksikaanse digter Octavio Paz wat in 1990 die Nobelprys ontvang het vir sy literêre werk. Rodney Williamson vertolk die betekenis van die boom in die gedig soos volg:
“The writing in the stars – A Jungian Reading of the Poetry of Octavio Paz
Rodney Williamson ; University of Toronto Press Incorporated 2007
The tree symbol so prominent in this poem and central to the volume to which it belongs, Arbol adentro, is the image par excellence of this correspondence of innerness and outerness. The tree is an element of nature, planted by the other, contemplated by the poet, and as we have seen in the circular poems of phase four, an icon closely identified with thepoet’s childhood. But it is also an interior mental tree, Jung’s ‘philosophical tree’ or ‘tree of knowledge,’ a concrete symbol of growth of the psyche and of the self.”
Die leser kan ook in gedagte hou dat die boomin die Maya kultuur ‘n belangrike rol speel. Die boom se sappe simboliseer die vloeistowwe in die menslike liggaam: bloed, moedersmelk, semen. Die boom verenig die manlike en vroulike in een entiteit.
In Galeanastraat
(POR LA CALLE DE GALEANA)
vir Ramón Xirau
Octavio Paz
Hamerhoue bokant
verpoeierde stemme
van die hoogste punt van die namiddag
kom die bouers reguit af
Ons is tussen blou en goeienaand
hier begin die kaal erwe
‘n bleek poeletjie ontvlam skielik
die skadu van ‘n heuningvoëltjie het dit aan die brand gesteek
By die eerste huise
oksideer die somer
iemand het die deur toegemaak iemand
praat met sy skaduwee
Dit word donker daar is nou niemand in die straat nie
nie eers hierdie hond nie
skrikkerig om alleen hierdeur te loop
mens is te bang om jou oë toe te maak
Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter
Ramon Xirau Subias (Spaans: [ra’mon ʃi’ɾau], Catalaans: [rə’moɲ ʃi’ɾaw]) (in Barcelona gebore op 20 Januarie 1924) is ‘n Meksikaanse digter, filosoof en literêre kritikus. Professor Xirau is mostly known in the English speaking world as the co-author of The Nature of Man along with Erich Fromm.
Die kritikus Carlos Pereda skryf die volgende oor Ramon Xirau:
Die Meksikaanse filosoof en digter, Ramon Xirau, is ‘n brug tussen tale, tradisies en dissiplines, maar ook ‘n brug tussen ‘n veelvoud van teenoorgestelde belange. Xirau het lank in “Galeanastraat” (Calle de San Angel, Meksiko Stad) gewoon. Die straat met sy geluide en klanke, vuurlig en skaduwees, is miskien vir Octavio Paz ‘n metafoor van “die straat van die lewe”.
Die skoenlapper
vlieg toe tussen die motors.
Marie-José sê vir my: dit moet Xhuang Tzu wees
op pad New York toe.
Maar die skoenlapper
het nie geweet dat hy ‘n skoenlapper was
wat gedroom het dat hy Chuang Tzu was nie
of Chuang Tzu
wat gedroom het dat hy ‘n skoenlapper was.
Die skoenlapper het nie getwyfel nie.
Hy vlieg toe weg.
(La Mariposa , Octavio Paz : uit Spaans vertaal deur De Waal Venter )
From Wikipedia
Octavio Paz Lozano (Spanish pronunciation: [ok’taβjo pas lo’sano]; March 31, 1914 – April 19, 1998) was a Mexican writer, poet, and diplomat, and the winner of the 1990 Nobel Prize for Literature.In 1963, he married Marie-José Tramini, a French woman who would be his wife for the rest of his life.
Zhuangzi or Chuang Tzŭ was an influential Chinese philosopher who lived around the 4th century BCE during the Warring States Period, a period corresponding to the philosophical summit of Chinese thought – the Hundred Schools of Thought, and is credited with writing-in part or in whole-a work known by his name, the Zhuangzi. His name Zhuangzi (English “Master Zhuang”, with Zi being an honorific) is sometimes spelled Zhuang Tze, Zhuang Zhou, Chuang Tsu, Chuang Tzu, Chouang-Dsi, Chuang Tse, or Chuangtze.
Another well-known part of the book (titled Zhjuangzi), which is also found in Chapter 2, is usually called “Zhuangzi dreamed he was a butterfly“.
“Once Zhuangzi dreamt he was a butterfly, a butterfly flitting and fluttering around, happy with himself and doing as he pleased. He didn’t know he was Zhuangzi. Suddenly he woke up and there he was, solid and unmistakable Zhuangzi. But he didn’t know if he was Zhuangzi who had dreamt he was a butterfly, or a butterfly dreaming he was Zhuangzi. Between Zhuangzi and a butterfly there must be some distinction! This is called the Transformation of Things”. (2, tr. Burton Watson 1968:49)
This hints at many questions in the philosophy of mind, philosophy of language, and epistemology. The name of the passage has become a common Chinese idiom, and has spread into Western languages as well. It appears, inter alia, as an illustration in Jorge Luis Borges’ famous essay “A New Refutation of Time”, and may have inspired H. P. Lovecraft’s 1918 short story “Polaris”. It also appears in Victor Pelevin’s 1996 philosophical novel Buddha’s Little Finger.
Tussen gaan en bly
(Entre irse y quedarse)
Die dag huiwer tussen gaan en bly
verlief op sy deursigtigheid.
Die sirkelvormige namiddag is nou ‘n baai
waarin die wêreld stilweg wieg.
Alles is sigbaar en alles ontwykend
alles is naby en alles onaanraakbaar.
Papiere, ‘n boek, ‘n glas, ‘n potlood
rus in die skadu van hulle name.
Die polsende tyd in my slape herhaal
dieselfde onversetlike sillabe van bloed.
Die lig verander die onverskillige muur
in ‘n spookagtige teater van weerkaatsings.
Ek ontdek myself in die middel van ‘n oog;
ek sien myself in daardie staring.
Die oomblik verdwyn. Bewegingloos,
ek kom en gaan: ek is ‘n pouse.
(Octavio Paz: Entre irse y quedarse
-vert. De Waal Venter)
Nota:
Octavio Paz het in 1990 die Nobelprys vir Literatuur ontvang.
‘n Kritikus het die volgende te sê oor Paz: ” His later work shows an ever-deepening intelligence and complexity as it investigates the intersection of philosophy, religion, art, politics, and the role of the individual. “Wouldn’t it be better to turn life into poetry rather than to make poetry from life,” Paz asks. “And cannot poetry have as its primary objective, rather than the creation of poems, the creation of poetic moments?” Poets.org
Wednesday, July 28th, 2010
 Jean-Paul Sartre
Dit is darem fassinerend hoe intellektuele en skrywers uit die openbare oog kan verdwyn; of, wanneer hulle daar bly, stelselmatig verander word in figure van minagting. So asof hulle nagedagtenis moet boet vir die roem en bewondering wat ons voorheen aan hulle verleen het!
Jean-Paul Sartre is so ‘n figuur. Op sy dag was hy seker die mees beroemde filosoof op aarde, en boonop die eerste en enigste skrywer wat nog ooit die Nobelprys vir Letterkunde van die hand gewys het. Maar is daar iemand wat hom nog lees? Of hom selfs ernstig opneem as skrywer en denker?
Dit blyk asof Sartre die karikatuur geword het van die selfbelangrike, obskure en boheemse Paryse intellektueel; van die tipiese kampusradikaal met sy idealistiese, soms sentimentele en dikwels opportunistiese politieke oortuigings en kwasi-intervensies. Filosofies het hy die absolute teenpool, en selfs die teiken, geword vir feitlik elke intellektuele beweging in Frankryk sedert die strukturalisme van Levi-Strauss. Van regs is hy sedert die 1970’s aangeval as ‘n hardvogtige, siniese ondersteuner van die Stalinisme en ander vorme van totalitarisme en ‘n slagoffer van oordrewe Euro-selfhaat oor kolonialisme. Van links is hy aangeval as beide inkonsekwent in sy marxisme en naïef in sy geloof in menslike vryheid en agentskap.
En as ‘n skrywer van letterkundige werke? In twee artikels oor Camus wat laasjaar in die BY verskyn het maak André P. Brink geen geheim van sy minagting van Sartre nie. Hy noem hom ‘n “blinkboetie” wat neergesien het op Camus se arm herkoms en afgunstig was op sy sukses; ‘n “vername heer” wat “te papbroekig was om self ’n negatiewe resensie te skryf [oor ‘n boek van Camus] en liewer ’n snuiter van ’n student gevra het om Camus namens hom te beswadder.” Brink gaan so ver as om Sartre as ‘n “skeeloog-dwerg” te beskryf, nou nie juis die soort taalgebruik wat spreek van sensitiwiteit oor liggaamlike gebreke nie…
Daar is baie sulke voorbeelde. Minagting, irrasionele woede, agtelose afwysing: Sartre moet in sy graf wens hy kon eerder maar net van vergeet word! In werklikheid is Sartre darem ‘n veel meer komplekse figuur as wat sulke maklike, soms hete verdoeming suggereer. Sartre was ongetwyfeld een van die eerste Westerse filosowe wat ernstig aandag gegee het aan rassisme en kolonialisme — as maatskaplike en politieke kwessies maar ook as inherent aan die Westerse filosofiese tradisie. (In hierdie verband word sy vaderskap van die sg. postkoloniale teorie dikwels ten onregte onderbeklemtoon.) Hy het hom bemoei met die komplekse, dikwels teenstrydige prosesse van dekolonisasie, terwyl denkers soos Derrida en selfs Foucault amper geen aandag daaraan in hulle werk gegee het nie. So kan ‘n mens aangaan; jy hoef nie ‘n eksistensialis te wees of Sartre se vele foute te oorsien om te besef dat hierdie denker en skrywer ‘n beduidende rol gespeel het in die desentrering van ‘n alte Eurosentriese politieke en filosofiese tradisie.
Octavio Paz het ‘n kritisiese maar waarderende essay oor Sartre opgeneem in sy On Poets and Others, waarin hy onder meer die volgende skryf: “I believe he was not a good traveler: he had too many opinions. His real journeys he took around himself, shut up in his room. Sartre’s candor, his frankness and rectitude, impressed me as much as the solidity of his convictions. These two qualities were not at odds: his agility was that of the heavyweight boxer. He lacked grace but made up for it with a hearty, direct style. This lack of affectation was itself an affectation and could go beyond frankness to bluntness. Nonetheless, he welcomed the stranger cordially, and one guessed he was harsher with himself than with others. He was chubby and a little slow in movement; a round, unfinished face: more than a face, a ground plan of a face. The thick lenses of his spectacles made his person seem more remote. But one only had to hear him to forget his face. It’s odd: though Sartre has written subtle pages on the meaning of the look and the act of looking, the effect of his conversation was quite the opposite; he annulled the power of sight.”
Paz het Sartre persoonlik geken. Hulle het ernstige verskille gehad oor die filosofie, die letterkunde en die politiek, maar Paz se skets van Sartre is nogtans ruimhartiger en mensliker as Brink se minagtende en geniepsige verwysing na Sartre as ‘n “skeeloog dwerg”. Besluit maar self wie jy in hierdie verband bereid is om te glo, Brink of Octavio Paz…
Indien jy belangstel om ‘n goeie herwaardering van Sartre se politieke denke te lees, spesifiek in die konteks van dekolonisering en die postkoloniale situasie, kan ek Paige Arthur se onlangse boek, Unfinished Projects: Decolonization and the Philosophy of Jean-Paul Sartre (Verso, 2010) van harte aanbeveel. Behalwe dat dit Sartre en ander Franse filosowe se werk polities kontekstualiseer, is dit ook ‘n goeie inleiding tot Sartre se belangrikste politieke geskrifte — onder andere sy veelbesproke inleiding tot Frantz Fanon se Black Skin, White Masks. Ek het baie lanklaas aan Sartre aandag gegee, maar hierdie was regtig ‘n openbarende boek.
Maar sou ek een van Sartre se romans of toneelstukke weer lees?
Monday, July 19th, 2010
 William Carlos Williams
Ek lees nog steeds Octavio Paz se gebundelde essays oor digters en die digkuns, On Poets and Others. Kan jy jou ‘n beter beskrywing van William Carlos Williams se estetika, en sy benadering tot die gedig as ‘n talige objek, voorstel as hierdie: “From the time he started writing, Williams evinced a distrust of ideas. It was a reaction against the symbolist aesthetic shared by the majority of poets at the time and in which, in his case, American pragmatism was combined with his medical profession. In a famous poem he defines his search: ‘To compose, not ideas but in things.’ But things are always beyond, on the other side: the ‘thing itself’ is untouchable. Thus Williams’s point of departure is not things but sensation. And yet sensation in turn is formless and instantaneous; one cannot build or do anything with pure sensations: that would result in chaos. Sensation is amphibious: at the same time it joins us to and divides us from things. It is the door through which we enter into things but also which we come out of them and realize that we are not things. In order for sensation to accede to the objectivity of things it must itself be changed into a thing. The agent of change is language: the sensations are turned into verbal objects. A poem is a verbal object in which two contradictory properties are fused: the liveliness of sensation and the objectivity of things.”
Hoe word sensasies dan omgesit in verbale, talige objekte? Volgens Paz, “by the operation of a force which for Williams is not essentially distinct from electricity, steam, or gas: imagination.” Die verbeelding is dus ‘n kreatiewe krag wat objekte, ook gedigte, tot stand bring. Die gedig is nie ‘n representasie van ‘n sensasie of ‘n objek nie; die gedig is nie ‘n dubbelganger nie, maar ‘n selfstandige objek. Die verbeelding maak gedigte, “objects which were not real before. The poetic imagination produces poems, pictures, and cathedrals as nature produces pines, clouds, and crocodiles.”
Volgens Paz, dan: “Williams wrings the neck of traditional aesthetics: art does not imitate nature: it imitates its creative processes. It does not copy its products but its modes of production.” Hiermee dan die baie bekende van Williams, “The Red Wheelbarrow”:
so much depends
upon
a red wheel
barrow
glazed with rain
water
beside the white
chickens.
Wednesday, July 14th, 2010
 Octavio Paz
Die nuwe semester is op hande en ek moet ‘n honeursmodule in sosiale sielkunde voorberei, maar dit is yskoud in Stellenbosch en ek is nog lui na ‘n paar dae vakansie in die Oos-Kaap. In pleks van werk sit ek dus by my lessenaar en luilees ‘n essay oor Walt Whitman in Octavio Paz se pragtige bundel, On Poets and Others.
Die essay is oorspronklik in 1956 geskryf en die bundel is deur Michael Schmidt vertaal en in 1987 deur Carcanet Press uitgegee. Ek het dit op die rak in die J.S. Gerickebiblioteek gevind terwyl ek eintlik op soek was na ‘n heel ander boek. Trouens, ek het al klaar vergeet wat die titel van daardie ander boek was…
So begin Paz se essay oor Whitman: “Walt Whitman is the only great modern poet who does not seem to experience discord when he faces his world. Not even solitude; his monologue is a universal chorus. No doubt there are at least two people in him: the public poet and the private person who conceals his true erotic inclinations. But the mask — that of the poet of democracy — is rather more than a mask; it is his true face. […] The uniqueness of Whitman’s poetry in the modern world cannot be explained except as a function of another, even greater, uniqueness which includes it: that of America.”
In hierdie opsig merk Paz op dat Amerika streng gesproke nooit ontdek is nie. Jy kan nie iets ontdek wat nie bestaan nie. ‘n Mens moet eerder praat van die uitvinding (lees ook: verbeelding en verdigting) van Amerika. “If America is a creation of the European spirit, it begins to emerge from the sea-mists centuries before the expedition of Columbus. And what the Europeans discover when they reach these lands is their own historic dream.”
 Walt Whitman
Amerika, skryf Paz, is ‘n beliggaming van ‘n Europese utopie. “The dream becomes a reality, a present; America is a present: a gift, a given of history. But it is an open present, a today that is tinged with tomorrow. The presence and the present of America are a future; our continent is, by its nature, the land which does not exist on its own, but as something which is created and invented. Its being, its reality or substance, consists of being always future, history which is justified not by the past but by what is to come. Our foundation is not what America was but what it will be. America never was; and it is, only if it is utopia, history on its way to a golden age.”
Die stryd vir onafhanklikheid van Europa en die verskillende Amerikaanse revolusies, Noord sowel as Suid, dien as “a correction of American history and, as such, a restoration of the original reality.” Hierdie realiteit is, volgens Paz, die beginsel van die toekoms: “Thanks to French revolutionary principles, Latin America becomes again what it was at its birth: not a past, but a future, a dream.” Ek hou nogal van hierdie idee van ‘n soort “utopiese surplus”; die idee dat die mees werklikheidsgetroue uitbeelding van ‘n land die droom, en meer spesifiek, die toekomsdroom is. Op hierdie manier word die verbeelding verhef tot ‘n realiteitsbeginsel, ‘n dryfveer van die geskiedenis en die politiek, eerder as bloot ‘n bron van valse bewussyn wat teenoor “realisme” en “pragmatisme” gestel kan word.
Maar hierdie utopiese dimensie van (veral Noord-)Amerikaanse selfskepping het natuurlik ook ‘n donker sy, en die digkuns kan nie sondermeer in diens van die utopiese verbeelding gestel word nie. “The North American attitude can be condemned in these terms: all that does not have a part in the utopian nature of America does not properly belong to history: it is a natural event and, thus, it doesn’t exist; or it exists only as an inert obstacle, not as an alien conscience. Evil is outside, part of the natural world — like Indians, rivers, mountains, and other obstacles which must be domesticated or destroyed; or it is an intrusive reality (the English past, Spanish Catholocism, monarchy, etc.). The American War of Independence is the expulsion of the intrusive elements, alien to the American essence. […] In other places the future is a human attribute: because we are men, we have a future; in the Anglo-Saxon America of the last century, the process is inverted and the future determines man: we are men because we have a future. And whatever has no future is not man. Thus, reality leaves no gap at all for contradiction, ambiguity, or conflict to appear.”
 Amerikaanse Indiaan
Waar laat dit die groot Walt Whitman, volgens Octavio Paz? “Whitman can sing confidently and in blithe innocense about democracy militant because the American utopia is confused with and indistinguishable from American reality. Whitman’s poetry is a great prophetic dream, but it is a dream within another even greater one that feeds it. America is dreamed in Whitman’s poetry because it is a dream itself. And it is dreamed as a concrete reality, almost a physical reality, with its men, its rivers, its cities and mountains. All that huge mass or reality moves lightly, as if it were weightless; and in fact, it is without historic weight: it is the future incarnate. The reality Whitman sings is utopian. By this I do not mean it is unreal or exists only as idea, but that its essence, what enlivens it, justifies and makes sense of its progress and gives weight to its movements, is the future. […] Whitman was never aware that he dreamed and always thought himself a poetic realist. And he was, but only insofar as the reality he celebrated was not something given, but a substance crossed and recrossed by the future.”
Walt Whitman, Amerika se groot dromer, laat ons dus nie met ‘n onproblematiese voorbeeld van hoe die “utopiese surplus” van ‘n bepaalde werklikheid, die van Afrika byvoorbeeld, ontgin en geaktiveer kan word nie. Wat is die verband dus tussen digter, digkuns en die utopiese? Hoe verbeel die digter die toekoms anders? Wat is die rol van die Ander in die digterlike verbeelding? Is daar hoegenaamd nog enige sin daarin om oor die digkuns in verhouding tot die utopiese te dink?
|
|