Jare gelede reeds het ek die vreugde van ligte versies ontdek. En tog vermoed ek dat daar dalk ‘n hele klomp slimmes is wat neersien op hierdie nederige vorm van poësie. Ek het gou agtergekom dat ek self nooit ernstige gedigte sal kan skryf nie, maar het gelukkig wel spoedig ontdek dat ek kan rympies…
Tag: Ogden Nash
Philip de Vos. As ek met my hond gaan stap
( foto van my geliefde Toffee 2013) Wat is dit omtrent honde? Katte laat digters seker makliker na ‘n pen gryp. Vra maar vir Lina Spies. En dit is juis aan Lina Spies te danke (te wyte?) dat vandag se inskrywing g’n vorm gaan hê nie. G’n begin. middel en einde soos my standerd 8…
My Philip de Vos. Hond (deel een)
Die ander dag haal ek Lina Spies se versameling verhale en gedigte oor katte uit my boekrak. Die titel sê alreeds alles: MAJESTEIT, die kat. En dit is sowaar so ’n deftige publikasie: koffietafel-grootte, diep karmosyn omslag en die letters in goud gedruk. En toe ek binne begin blaai en gedigte sien van ons grotes:…
Philip de Vos. ‘n Hondelewe
‘N HONDELEWE Gisteraand het ek gedroom Winnie is weer terug Maar nou is dat al byna nege maande gelede dat ek en my vriend Peter vir ons geliefde swart Staffie in haar rooi kombersie toegevou het en in haar graffie neergelê het in die tuin waar twee van Nieu-Bethesda se sementmeerminne…
Philip de Vos. miere is diere
Die ander dag was ek en ‘n vriend in ‘n diep filosofiese gesprek gewikkel oor my besondere liefde vir miere. En dit was toe dat hy vir my toevoeg: “O, jy is definitief ‘n Formikofiloog.” Ek was my geleerde vriend so dankbaar, want ek het uiteindelik presies geweet waar ek inpas, en dit was ook…