Posts Tagged ‘Olga Kirsch’
Saturday, February 19th, 2022
I
In my vorige rubriek is daar verwys na (herkanonisering).
Herkanonisering kan beteken dat ‘n digter se posisie hersien word soos Daniel Hugo dan doen in sy bespreking van De Waal Venter se jongste bundel Vrugbeginsel (Naledi) op Litnet:
Sy slotwoorde lui:
“De Waal Venter se digbundels was te dikwels verwaarloosde boeke in die verskroeiende son van die literatuurkritiek. Lees hom; hy het veel te bied.”
https://www.litnet.co.za/vrugbeginsel-deur-de-waal-venter-n-resensie/ Besoek 18 Februarie 2022
Herkanonisering is ook die proses wanneer digters ‘n “verdwene” digter weer lewend maak. Olga Kirsch is so terug gebring in ons digkuns via Johann de Lange en in Bernard Odendaal se jongste bundel Nootvat. Kwashaal. Stapel (2021): http://joanhambidge.blogspot.com/2021/05/resensie-bernard-odendaal.html Besoek 18 Februarie 2022
So dig De Lange oor haar in sy bundel Duimnaelsketse:
Elisabeth Eybers & Olga Kirsch
Kaapstad 1979, ’n laaste besoek
Vriende, én eensame ballings van ’n taal,
het hul ’n laaste keer in die vlees ontmoet
in die Kaap van Storms; oor ’n laaste maal
‘n gedeelde taal gewissel, & gegroet.
http://joanhambidge.blogspot.com/2020/09/resensie-die-meeste-sterre-is-lankal.html Besoek 18 Februarie 2022
Ons dink verder aan die terugkeer van Freda Plekker en Elizabeth M. Du Toit, die digter van Towertuin (1968).
Hugo skryf insigryk oor Du Toit:
Toe Elizabeth C.M. du Toit (1925-1964) in 1945 met In die verbygaan gedebuteer het, was sy slegs die derde gebundelde vrouedigter in Afrikaans. Haar voorgangers was Elisabeth Eybers (Belydenis in die skemering,1936) en Olga Kirsch (Die soeklig, 1944).
https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/EJC112031 Besoek 18 Februarie 2022
Hy wys op die onsimpatieke ontvangs van die literatuurkritici, maar het bewondering vir haar hantering van die rondeel en villanelle.
Hy wys op ‘n geslaagde triolet “Werklikheid”:
Die wind waai sag; die bome ruis;
die blomme buig en swaai en geur.
Dit is so stil en niks gebeur.
Die wind waai sag, die bome ruis.
Mag hierdie droom my dae kleur
wanneer my hart wild roep en bruis;
die wind waai sag, die bome ruis,
die blomme buig en swaai en geur.
Hugo as digter kyk simpatiek na haar gedigte anders as die literatore wat verminderend oor haar werk is en woorde gebruik soos “presieus” en “selftroeteling”. Dekker, Antonissen, Kannemeyer is volgens Hugo vol in die kol met hul negatiewe takserings, maar gee egter krediet aan haar aanwending van moeilike vorme.
Hugo, die digter, kyk dan eerder na tegniek en klankpatrone. Hy wys ook op die gebruik van die Orléans-rondeel (deur die rondele van die hertog Charles d’Orléans (1394 – 1465).
Sy beoefen ook die rondeau, die sg. Derde Vorm van die rondeel met twee rymklanke met versreëls.
Hugo verwys na geslaagde en minder geslaagde vorme van die villanelle in Afrikaans en hy wys tereg daarop dat hierdie ‘n liriese vorm is wat deur te lang versreëls ondermyn word:
Vir ‘n werklik geslaagde villanelle moes die Afrikaanse poësieleser tot 1997 wag, toe Johann Lodewyk Marais se gedig “‘Nonnetjie-eend” in die bloemlesing Ons klein en silwerige planeet verskyn het, voer Hugo verder aan:
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid
asof uit die niet oor my sip sip siee.
Oor die water weerklink sy helder fluit.
Hy kom van ‘n kleiner pan verder suid
en was ‘n stippel wat teen sterre vlie.
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.
Alleen gaan hy by die ander aansluit
in die palmiet, skuins teen die aandwindjie.
Oor die water weerklink sy helder fluit.
Hy daal om die nag op die pan te slyt
en vou sy vlerke as hy stil inski.
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.
‘n Skadu teen swart swem hy stadig uit:
nou sien niemand waar nie, of wat of wie.
Oor die water weerklink sy helder fluit.
Veilig teen die wakker jagters se kruit
wei hy waar hulle hom nie sal kry nie.
Donkeraand by die pan hoor ek hom luid.
Oor die water weerklink sy helder fluit.
Hierdie artikel (in Tydskrif vir letterkunde, 41.1) bewys dat digters wanneer hulle ander digters lees nie klinies-afstandelik lees nie, maar tegniese kwessies kan aanraak wat hulle na aan die hart lê.
Gaan lees ook verder oor die rondeel / rondelet in Literêre terme en teorieë:
https://www.litterm.co.za/index.php/r/1246-rondeau-rondeel-rondel-et Besoek 18 Februarie 2022
(Ek is uiteraard die beoefenaar van die rondelet in Afrikaans.)
A.P. Grové skryf insigryk oor die rondeel, maar ek dink Hugo se binnekyk wys ons daarop dat digters soos sjefs nie opgewarmde kos wil eet nie.
https://www.litterm.co.za/index.php/r/207-rondeel Besoek 18 Februarie 2022
Sy slotopmerking is vol in die kol:
Elizabeth C. M. du Toit is nie deur die literêre kritiek genoeg krediet gegee vir haar baanbrekerswerk met die aanwending van ingewikkelde klassieke Franse versvorme in ‘n rymarm taal soos Afrikaans nie.
II
Harold Bloom meen in The Anxiety of Influence (1973) dat die digkuns ‘n vorm van “verse criticism” is. Die goeie digter skep sy eie kanoniseringsproses: praat met die dooies en open ‘n nuwe ruimte vir sigself.
Die digter is altyd besig met ‘n gesprek: ‘n selfgesprek of een met ander digters. Die geslaagde digter en die onthoubare een is daardie digter wat ‘n fyn balans handhaaf tussen tegniek en tema.
Hierom is Bloom se lesings van Wallace Stevens so belangrik.
Herkanonisering is altyd tussen hakies.
Bibliografie:
Bloom, Harold (red). 1982. Agon: Towards a theory of revisionism. New York: Oxford University Press.
- A map of misreading. New Haven: Yale University Press.
- The anxiety of influence. New Haven: Yale University Press.
- How to read and why. New York: Schribner.
Naskrif:
Op ‘n reis deur Frans-Kanada skryf ek hierdie vers vir Freda Plekker. En Kanada is waar Elizabeth M. du Toit woonagtig was …
O wat het geword van Freda Plekker?
– ‘n hartseerballade
Gesiglose, verwaarloosde Freda Plekker
o waar is jy nou?
Is jy dalk in die diepsee-waters,
saam met skulpfluisteraars
in ‘n klein submarien soekend na die Titanic
se oorblyfsels?
Is jou gesig perdalks
weggevreet deur skulpe,
seewier en klein vissies?
Of is jy miskien by Peggy’s Cove
besig om ‘n grys poskaart te versend?
Of in Halifax
in die skeepskaptein se log-boek opgeskryf:
“hou één kamer oop in jou hart”.
O Freda Plekker,
jy het nie saam met die Titanic gesink;
ek lees jou SOS’e,
dra die “vermoeide bagasie” van jou woorde.
L’envoi
Party digters sterf salig-salig soos ‘n Piet Snot;
ander sommer-sommer net aan ‘n suurstoftekort.
– Joan Hambidge uit Vuurwiel (2009).
Tags: Daniel Hugo, De Waal Venter, Elizabeth M. du Toit, Freda Plekker, Harold Bloom, Herkanonisering, Joan Hambidge, Johann Lodewyk Marais, kanonisering, Olga Kirsch, Rondeel Posted in Artikels, essays, e.a. | 3 Kommentare »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Thursday, January 27th, 2022

“We are all los inmigrantes, the Soul is the first Immigrant: The Soul cannot be held back by any imaginary boundary drawn against it; not by mountain ranges, not by rivers, nor by human scorn. – Clarissa Pinkola Estés, The Dangerous Old Woman: Myths and Stories of the Wise Woman Archetype, Volume 1 (2010) (mp3s/CDs)
Olga Kirsch het onder meer bekendheid verwerf as die tweede Afrikaanse vrouedigter om ná Elisabeth Eybers te publiseer. Sy het op die ouderdom van 20 (1944) gedebuteer met Die soeklig; haar poësie lewer ’n belangrike bydrae om die Joodse belewenis in Afrikaans te verwoord. Kirsch se oeuvre bestaan uit sewe Afrikaanse digbundels, met slegs enkele verwysings na haar Engelse poësie.
In 2018 verskyn Egonne Roth se biografie, Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte (Naledi) en as addendum tot dié werk word ’n bloemlesing van Kirsch se Engelse poësie uitgegee. Olga Kirsch: Her English poetry is saamgestel deur Roth, vergesel van ’n inleiding deur Antjie Krog (2020, Naledi). Kirsch se oeuvre, wat oor 50 jaar en drie tale strek word op verrassende wyse aangevul deur hierdie nagelate Engelse verse. In die samesteller se notas agter in die bundel vermeld Roth: “This largely, unknown oeuvre of English poems was the stuff that dreams are made of for a biographer. I used as many as I could in the biography but that was not nearly enough. It has been a privilege to be a part of the publication of these poems that need to be in the public domain.”
Dit was egter ’n uitdagende – en sensitiewe – proses om persoonlike dokumente van Kirsch se familie te bekom. Na die digter se afsterwe in 1997 is haar verse in bokse verpak en geberg by haar oudste dogter, Michal, se woonplek in Londen. Dit was eers met die hulp van Kirsch se jonger dogter, Ada Zohar dat daar ná maande besluit is op ’n datum om die inhoud van die bokse uit te pak. En dit was inderdaad ’n vonds. Daar was byvoorbeeld verse wat Kirsch in 1984 tydens Zohar se egskeiding geskryf het – gedigte waarvan niemand kennis gedra het nie. Ada Zohar het voorts 79 gedigte wat Kirsch na die afsterwe van haar man, Joseph Gillis, geskryf het, uit die bokse gehaal, asook 60 gedigte wat oor alledaagse verskynsels handel. Dit is veral die rougedigte na haar geliefde eggenoot se dood wat Krog uitsonder vir hul elegiese skoonheid. Maar daar het nóg ’n verrassing gewag: die lang epiese gedig, “Nevertheless” wat in ’n verkorte weergawe in Jewish Frontier (1966) verskyn het, se volledige kopie was weggepak in die boks. Egonne Roth was die eerste persoon buite die Kirsch-familie om dié volledige gedig onder oë te kry. Bygesê; Olga Kirsch se gesin het nooit haar geesdrif vir haar poësie gedeel nie, waarskynlik omdat sy allereers as Afrikaanse digter beskou is en omdat haar huisgenote se huistale Engels en Hebreeus was.
Kirsch het van kleins af die gevoel van buitestaanderskap ervaar – en as latere immigrant met ’n komplekse, selfs versplinterde identiteit geworstel. As voorbeeld haal ek ’n fragment uit deel V in “Nevertheless” aan:
V
Strange to be an immigrant.
To wander through the centre of the town
Watching the people pass, not a face known
Everyone going somewhere, you alone
A nobody going nowhere.
Strange to be an immigrant
To wander through the suburbs of the town
Ringing at doors, asking for odd chores,
Pitied, invited in and given a drink
Making it last to let your eyes take in
The table with its starched and glossy cloth,
The ancestors enlarged in oval frames:
Grandmother neckless, hefty, grandfather mild
And bearded to the eyes; the heavy chairs
The sideboard tiered and windowed, all that attests
To settleness.
For they promise you things will improve but home is a hut
And work is a few days a month breaking stones for the roads
And you cannot go back or elsewhere and you dare not look
forward:
Grim to be an immigrant. (26 – 7)
Olga Kirsch se pa was ’n Jiddisj-spreker wat uit Litaue na Suid-Afrika geïmigreer het. Haar moeder, Eva was ’n Engelssprekende Suid-Afrikaanse Jodin. Kirsch het op Koppies in die Oranje-Vrystaat grootgeword. Alhoewel Engels haar huistaal was, het Afrikaans haar denke, leefwêreld en jong vriendekring as jong kind oorheers. Aan die sinagogeskool op Koppies leer sy ook om Hebreeus te lees en skryf, maar ontvang haar hoërskoolopleiding in Engels aan die Eunice Girls High School in Bloemfontein. Die gesin verhuis later na Johannesburg waar Kirsch haar B.A.-Honneurs-graad in Afrikaans-Nederlands onder leiding van C.M. van den Heever behaal. Die jong digter was deurentyd bewus van die anti-Semitiese venyn teenoor haar Joodse gesin, ’n antagonisme aangevuur deur die opkoms van die Nazi-gesinde Ossewabrandwag in die dertiger- en veertigerjare. In 1948 het die Nasionale party na die Joodse stem gevry, maar die Joodse immigrante het die onderdrukkende beleid van apartheid verwerp – dit het herinner aan die Duitse Nuremberg-wette van 1935. Die vervulling van die Sionistiese droom in Israel (1948) beweeg in tandem met die implementering van die Nasionale Party se apartheidsideologie in Suid-Afrika, en teen dié agtergrond vestig Kirsch haar identiteit as Joodsgebore Afrikaanse digter. Sy het in 1948 op aliyah gegaan, oftewel na Israel verhuis. Kirsch het haar toekomstige man, Joseph Gillis, ’n professor in Wiskunde aan die Weizman Instituut in Rehovot ontmoet: ’n lang pad van daardie Afrikaanssprekende dogtertjie wat haar verlustig het in die natuurskoon van Koppies in die Vrystaat. Kirsch het ’n M.A.-graad in Engels aan die Universiteit van Jerusalem verwerf en was sedert 1959 werksaam, eers as Engelse onderwyseres en later as universiteitsdosent by die Weizman Instituut.
Daar het 24 jaar verloop sedert die digter se volgende vyf Afrikaanse bundels relatief kort op mekaar gevolg het. Die Afrikaanse poësiegemeenskap het waarskynlik aanvaar dat sy nie meer skryf nie. Gedurende dié periode het Kirsch basies verleer om Afrikaans te praat: haar huistale was nou Engels en Hebreeus, maar ten spyte van ’n toenemende vervreemding teenoor die Afrikaans van haar jeug en van haar eerste twee digbundels, was dit ’n wonder in die kleine toe Negentien gedigte in 1972 verskyn. Inderwaarheid het die digter ’n fyn balanseertruuk uitgevoer om in drie tale te dig – sy het later opgehou om in Hebreeus te skryf nadat kritici van mening was dat haar verse soos vertalings lees. Volgens Antjie Krog het Kirsch waarskynlik méér Engelse as Afrikaanse gedigte geskryf, poësie wat uiteindelik in bokse sou beland. Dit het vir Kirsch al moeiliker geword om in Afrikaans te dig aangesien sy min kontak en omgang met die taal gehad het. Kritici het haar styl en woordeskat as argaïes beskryf en na ’n louwarm – selfs ongunstige – ontvangs van Ruie Tuin (1983) het sy aan vriende erken dat sy opgehou dig het in Afrikaans. “My home language and my intimate language is English, but I don’t want to write in it. I am stranded at a busstop. To tell the honest truth, I don’t want to write any more”.
In die laat jare tagtig dig Kirsch weer met mening in Engels en gee ’n selfpublikasie, The book of Sitrya in 1992 uit. Hierdie bundel bevat gedigte oor haar kleindogter, Sitrya wat met ’n ongeneeslike siekte gebore is en op tienjarige ouderdom oorlede is. Kirsch het betrokke geraak by Joodse literêre verenigings soos die Israel Association of Writers in English. Om haar lesersmark vir haar Engelse poësie te vergroot, stuur sy in 1996 haar gedigte vir publikasie na forums in die VSA en Engeland. Sy was gekonfyt in die skryf van Engelse poësie en was in 1948 reeds medevertaler van Elisabeth Eybers se verse in The quiet adventure. Kirsch se oorspronklike Engelse gedigte oor die Eerste Israeliese Onafhanklikheidsoorlog het dan in 1966 hul weg tot publikasie gevind in die New Yorkse Sionistiese tydskrif, Jewish Frontier.
Olga Kirsch: her English poetry bundel die digter se nagelate verse wat geskryf is tussen 1965 en 1996. Egonne Roth belig op die agterflap die temas, byvoorbeeld die digter se liefde vir Israel asook haar sensitiewe beelding van die natuur en die bewoording van gevoelens van pyn, eensaamheid en verlies. Soos in die geval van Kirsch se Afrikaanse werk dig sy oor die belewenis van immigrasie, ballingskap, ontheemding en die mens se soeke na identiteit. Die bundel onder bespreking bevat ook mededelings vir en oor haar dogter Ada en haar man Joe. Om ’n immigrant en digter, werksaam in drie tale te wees het haar deurlopend meer vervreem van haar vaderland, Suid-Afrika met sy apartheidsideologie van menseregteskendings. As ’n vrou van Joodse herkoms het sy haar nooit werklik tuis gevoel in die heimat van haar geboorte nie en Krog verwys in die voorwoord dan ook na Kirsch se gefragmenteerde identiteit. Die versameling Engelse gedigte bevat hoogs persoonlike poësie oor die lotgevalle van die geliefdes die naaste aan haar. Volgens die samesteller lê die skoonheid van die verse juis in die pretensielose eenvoud en in die afwesigheid van enige megalomanie. As voorbeeld: in die afdeling, “Poems to Life” lees ’n mens hierdie treffende vers raak:
Catullus
Poems in a dead language –
butterflies pinned to the page.
Till the mouth’s moist cavern
resuscitates the syllables,
the springboard of the uttering tongue
flings them
into iridescent flight. (124)
Antjie Krog beweer dat Kirsch se Engelse poësie nooit gekanoniseer is binne die Suid-Afrikaanse kanon nie; haar werk is ook nooit vergelyk met dié van Suid-Afrikaanse skrywers van Joodse herkoms soos Nadine Gordimer of Dan Jacobson nie. Danksy Kirsch se biograaf, wat kuratorskap geneem het van hierdie belangrike projek is ’n versameling nagelate verse dertien jaar na die digter se afsterwe noukeurig byeen gebring en uitgegee. Kirsch se ballingskap was in vele opsigte een van swye ten opsigte van haar Afrikaanse poësie – ’n swye wat ironies gesproke verrykend ingewerk het op haar Engelse poësie. Die poësiegemeenskap is inderdaad die uitgewer, Naledi, heelwat dank verskuldig vir ’n seminale publikasie soos dié.
Verwysings
Roth, Egonne. Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte. Naledi. Kaapstad. 2018.
Kirsch, Olga. Olga Kirsch: Her English poetry. Naledi. Kaapstad. 2020.
Tags: Ada Zohar, aliyah, Antjie Krog, C.M. van den Heever, Dan Jacobson, Egonne Roth, Elisabeth Eybers, Joe Gillis, Joodse skrywers en digters, Kirsch se Engelse poësie, Nadine Gordimer, Naledi, Nevertheless, Olga Kirsch, Olga Kirsch: Her English poetry, Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte, The book of Sitrya, The quiet adventure Posted in Blogs | 3 Kommentare »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Sunday, April 18th, 2021

We are ourselves before we are actually ourselves. Clay waiting to be shaped by experience, perhaps, but there’s something pre-formed about our personalities before they are even molded. So beweer Michele Filgate in ’n artikel op Literary Hub waarin sy besin waarom skrywers, van al die kunstenaars dwarsoor die artistieke spektrum, die eensaamste mense is.
Hierdie eensaamheid kom waarskynlik al van kleintyd af. En van eensaamheid gepraat: sedert die inperking is al meer mense aangewese op die Internet, wat gedwonge isolasie aanvaarbaar maak. Sommiges geniet selfs die vervreemdende en verskietende werklikheid van die ‘ou normaal’ en leef aanlyn, ’n soort virtuele solipsisme.
Digters is, as ‘n reël, alleenmense. (Dit is egter relatief en ek veralgemeen nie.) Ek het met verloop van tyd baie verse – jeugherinneringe – raakgelees, en tot die volgende gevolgtrekkings gekom. Dit is bloot waarnemings wat geïllustreer word aan die hand van ’n seleksie van vyf gedigte.
In dié verse is ’n element van verrukking; die bloedjong digter is alleen, intens bewus van sy of haar alleenheid. Meermale is ’n dubbellensfokalisator teenwoordig: die ‘volwasse’ digter kyk oor die kind se skouer, wat die gedig klee in ’n stemming van nostalgie. Ruimtelikheid tree voorop in heelwat verse, byvoorbeeld verwysings na wolke, veld, klein dorpies, ensovoort. Die magiese faset word verder uitgebou in die bewuswees van ’n groter krag, byvoorbeeld ’n godheid, natuurelemente, ensomeer – ’n gevoel van verlange of sereniteit. Die bloudruk van ’n jong digter se eensaamheid is amper in alle gevalle teenwoordig en die verse lees besonders atmosferies en aangrypend.
.
Alone
From childhood’s hour I have not been
As others were—I have not seen
As others saw—I could not bring
My passions from a common spring—
From the same source I have not taken
My sorrow—I could not awaken
My heart to joy at the same tone—
And all I lov’d—I lov’d alone—
Then—in my childhood—in the dawn
Of a most stormy life—was drawn
From ev’ry depth of good and ill
The mystery which binds me still—
From the torrent, or the fountain—
From the red cliff of the mountain—
From the sun that ’round me roll’d
In its autumn tint of gold—
From the lightning in the sky
As it pass’d me flying by—
From the thunder, and the storm—
And the cloud that took the form
(When the rest of Heaven was blue)
Of a demon in my view—
.
– Edgar Allan Poe, American Poetry: The Nineteenth Century, 1993
Poe (1809—49) het hierdie gedig geskryf toe hy 21 was; dit is egter eers ’n kwarteeu na sy dood gepubliseer. Poe, bekend vir sy donker en misterieuse skryfstyl en oeuvre, word vandag op die hande gedra deur die Gotiese beweging wêreldwyd. Die tragedie van ’n wanaangepaste kind; van anders wees; anders waarneem; alleenwees te midde van die ontvouende misterie van die lewe word treffend verbeeld. Poe was ’n Outsider tot en met sy eienaardige dood in die strate van Baltimore. Die mildelike gebruik van die aandagstreep herinner aan die poësie van Emily Dickinson, wat ná Poe sou kom.
.
Die eensaam hemele van my kindertyd
Die eensaam hemele van my kindertyd,
God was aanwesig in hul dag en nag.
Hy’t in hul bloutes wolke wit soos kryt
gestapel, aambeeldtoppe; die hamerslag
van somer-donderweer teruggehou totdat
geen wese asemhaal, geen voël durf roer.
Van ster tot sidderende ster het Hy
Sy magtige meetkunde uitgesprei
oor die swart vlak. Met Sy smal weerlig-lat
het Hy in nagte van rukwind en rumoer
my oë geteister waar ek lê omring
van engele—o veilige omsingeling!
Bo in die stormwolk God die Almagtige.
.
– Olga Kirsch, Geil gebied, 1976
Dekades nadat Kirsch Suid-Afrika verlaat het en geëmigreer het na Israel, het sy steeds bly droom oor Koppies waar sy grootgeword het. Die droomlandskap van die jeug is grensloos, het die digter Adonis tydens ’n onderhoud gesê (sy gedig is die vyfde een hier onder wat ek bespreek). En soos Adonis, was Kirsch in ballingskap. Die Vrystaatse veld wat wyd uitgestrek lê met sy siedende storms reflekteer dwarsdeur die digter se oeuvre, in haar Afrikaanse, sowel haar Engelse poësie.
.
De wolken
Ik droeg nog kleine kleeren, en ik lag
Lang-uit met moeder in de warme hei,
De wolken schoven boven ons voorbij
En moeder vroeg wat ‘k in de wolken zag.
.
En ik riep: Scandinavië, en: eenden,
Daar gaat een dame, schapen met een herder,-
De wond’ren werden woord en dreven verder,
Maar ‘k zag dat mijn moeder met een glimlach weende.
.
Toen kwam de tijd dat ik niet naar boven keek,
Ofschoon de hemel vol van wolken hing,
Ik greep niet naar de vlucht van ‘t vreemde ding,
Dat met zijn schaduw langs mijn leven streek.
.
Nu ligt mijn jongen naast mij in de heide
En wijst me wat hij in de wolken ziet,
Nu schrei ik zelf, en zie ik in het verschiet
De verre wolken waarom moeder schreide
.
– Martinus Nijhoff, Vormen, 1924
Hierdie bekende en geliefde vers van Nijhoff sinspeel (indirek) op pareidolia, die kuns, of spel om gesigte of vorms in vormlose dinge raak te sien. Die spreker is weer klein en herroep hoe hy en sy moeder na die wolke kyk en sy hom vra wat hy daarin sien. Die vers is verdeel in drie ‘tydperke’, naamlik die herinnering van ’n jong kind, die proses van ouerword met sy gepaardgaande ontgogeling, en ten laaste, die spreker, wat op sy beurt vir sý seuntjie vra wat hy in die wolke sien. Die volwasse spreker verstaan waarom sy moeder gehuil het: die vorms in die wolke dui op die ongekontamineerde lewensbeskouing van ’n kind; sonder ontnugtering, nog onaangeraak deur die lewe.
.
Those Winter Sundays
Sundays too my father got up early
and put his clothes on in the blueblack cold,
then with cracked hands that ached
from labor in the weekday weather made
banked fires blaze. No one ever thanked him.
.
I’d wake and hear the cold splintering, breaking.
When the rooms were warm, he’d call,
and slowly I would rise and dress,
fearing the chronic angers of that house,
.
Speaking indifferently to him,
who had driven out the cold
and polished my good shoes as well.
What did I know, what did I know
of love’s austere and lonely offices?
.
– Robert Hayden, Collected Poems by Robert Hayden,1985
Robert Hayden is deur pleegouers grootgemaak, maar het ’n traumatiese jeug beleef. Hierdie biografiese opgaaf dui op ’n pynlike verwerking van konflik: sy vader het selfs Sondae vroeg opgestaan om vuur te maak en sy skoene skoon te maak, maar die verhouding met die vader is afstandelik. Die vers is getint in die melankoliese “blueblack” en die volwasse spreker besef hoeveel sy pa vir hom moes opoffer, al het hy nooit ’n dankie daarvoor gekry nie. Die magiese eensaamheid van die jongeling is een van onbegrip – en ambivalensie – want, alhoewel daar liefde in die huis was, was daar ook konflik.
.
Celebrating Childhood
Even the wind wants
to become a cart
pulled by butterflies.
.
I remember madness
leaning for the first time
on the mind’s pillow.
I was talking to my body then
and my body was an idea
I wrote in red.
.
Red is the sun’s most beautiful throne
and all the other colors
worship on red rugs.
.
Night is another candle.
In every branch, an arm,
a message carried in space
echoed by the body of the wind.
.
The sun insists on dressing itself in fog
when it meets me:
Am I being scolded by the light?
.
Oh, my past days—
they used to walk in their sleep
and I used to lean on them.
.
Love and dreams are two parentheses.
Between them I place my body
and discover the world.
.
Many times
I saw the air fly with two grass feet
and the road dance with feet made of air.
.
My wishes are flowers
staining my days.
.
I was wounded early,
and early I learned
that wounds made me.
.
I still follow the child
who still walks inside me.
.
Now he stands at a staircase made of light
searching for a corner to rest in
and to read the face of night again.
.
If the moon were a house,
my feet would refuse to touch its doorstep.
.
They are taken by dust
carrying me to the air of seasons.
.
I walk,
one hand in the air,
the other caressing tresses
that I imagine.
.
A star is also
a pebble in the field of space.
.
He alone
who is joined to the horizon
can build new roads.
.
A moon, an old man,
his seat is night
and light is his walking stick.
.
What shall I say to the body I abandoned
in the rubble of the house
in which I was born?
No one can narrate my childhood
except those stars that flicker above it
and that leave footprints
on the evening’s path.
.
My childhood is still
being born in the palms of a light
whose name I do not know
and who names me.
.
Out of that river he made a mirror
and asked it about his sorrow.
He made rain out of his grief
and imitated the clouds.
.
Your childhood is a village.
You will never cross its boundaries
no matter how far you go.
.
His days are lakes,
his memories floating bodies.
.
You who are descending
from the mountains of the past,
how can you climb them again,
and why?
.
Time is a door
I cannot open.
My magic is worn,
my chants asleep.
.
I was born in a village,
small and secretive like a womb.
I never left it.
I love the ocean not the shores.
.
– Adonis, soos vertaal deur Khaled Mattawa. Selected Poems, translated by Khaled Mattawa, 2010
Die 91-jarige Ali Ahmad Sai’d Esber (Adonis) word bestempel as die grootste lewende Arabiese digter. Adonis is gebore in ’n klein dorpie in ’n arm boerderygemeenskap in Sirië, en het informele onderrig ontvang tot en met die ouderdom van 14, toe hy begin skoolgaan het. Sy buitengewone talent en intellek het van kleins af aandag getrek. Die digter het in 1956 in ballingskap gegaan in Beiroet, nadat hy gevangenisskap vir sy politieke sienings moes uitdien. Hy het hom ook gevestig in Parys tydens die burgeroorlog in Libanon. Oor die bostaande gedig, “Celebrating Childhood”, het Adonis die volgende gesê:
I said childhood has no boundaries. It is inside you. Wherever a human being goes, he takes his childhood with him. This is why nobody can cross the boundaries of childhood. It is with me wherever I go.
.
Verwysings:
https://indianexpress.com/article/lifestyle/role-of-poetry-is-to-diffuse-perfume-against-ignorance-fundamentalism-adonis/?fbclid=IwAR3y9OqhoLBS8tV0uxC59dXiPfDqj2Vzr7pGoAkWrSSIJ_m1ogrAqfOP2qc
https://lithub.com/writers-the-loneliest-artists-of-all/?fbclid=IwAR3jMn-io4EyX7FoVEhtDSBVeD5pg14xCUWSBHK3LOdq6kWjc7jrX5XzgZk
https://www.poetryfoundation.org/poems/46477/alone-56d2265f2667d?fbclid=IwAR0bVCbbYIKZ7KCrQQUW3wSLbiQm0H7uGwS6GT_k9_hPoZOPJ3uTHdDMc9Q
Wednesday, December 14th, 2016
 Foto: Gisela Ullyatt. 2016.
Met Hildegard von Bingen in die agtergrond, lees ek die afgelope jaar se dagboekinskrywings. Laasgenoemde beslaan veel minder bladsye as gewoonlik: 2016 was ’n jaar waarin ek vir lang tye niks neergepen het nie.
Ek onthou vanjaar eerder as ’n jaar van groot veranderinge. Die grootste hiervan was ’n Groot Trek; die keer na ’n ander provinsie. Om jou lewe uit te sorteer en weereens in bokse te pak, is soms net te veel. Drie trekke in vier jaar.
Kyrie eleison
Christe eleison
Kyrie eleison
’n Hele buitekamer vol boekbokse moes ternouernood aangespreek word. Wonderlike boeke moes van afskeid geneem word. ’n Egpaar wat tweedehandse boeke opkoop, verneuk ons: vragte boeke word in goeder trou aan hulle toevertrou omdat die trek baie vinnig moes plaasvind. Hulle sou na elk van die boeke kyk en dan ’n regverdige prys saamstel. Ondermeer was daar ’n hele versameling Herman Charles Bosman. Twee bakkievragte boeke word weggery waarna net R300-00 in ons rekening inbetaal word.
 Stillewe met Boeddha & boeke.
Boonop word van ons breekgoed onherstelbaar beskadig. Vier Boeddhas lê aan skerwe. Van die erfporselein en glase: toetentaal verbrysel. Kosbare boeke se voorblaaie word argeloos ingepak en sodoende lelik gebuig. Ek sluk langtand aan die les: tog wys die Boeddha immers daarop dat alles sal vergaan: Impermanence. Maar daar is dae wat die les nié in my hart wil gaan lê nie. Die chaos van bokse, steeds-toegedraaide skilderye en ander hope los goed se chaos sif deur tot in my DNA.
Daarom skryf ek byna niks hiervan neer in my dagboek nie. Wat ek wel op afkom in hierdie einste boek, is twee gedigte van Ernst van Heerden uit Tyd van Verhuising wat ek met die hand oorgeskryf het:
 Ernst van Heerden
Aan die verhuisingsmanne
Dra saggies, vriende,
want sierpotte en erdewerk,
keurborde en fyn glas
sluit ’n lewe
met sy drome
en verlangens in;
Dra saggies, mededraers,
want die drag
van veerbed,
tafels, lessenaar
druk teen die bors
se dun skelet;
Dra saggies, regters,
want die oordeel
oor my klein bedryf
lê vasgevang
in prente, boeke
en ’n eie ou gemakstoel;
Dra saggies, gode,
want die hart se porselein
is broos en tot veel seer
en kwesbaarheid geneig:
die kratte van ’n lewe
kan so maklik breek.
Verandering
In die donker orde van my huis
voel ek die aardepols verflou,
word ek met sinlose weerspannigheid
deur elk ding verwyt:
’n deur wat eie knip ontwyk,
’n kas wat weier om te sluit,
tapyte met ingeweefde struikelblok,
hoë trappe sonder styggerief,
dieselfde spookgesig
in elke spieël se blits;
bedags deur vensterruite
die wit vlam van die son se gietery:
’n tuin-vermoede van
’n hele boord tot één boom vasgesweis;
en saans by skryflig
die lamp
wat soos ’n knie skarnier.
Nog ’n bundel wat ek herhaaldelik na toe teruggekeer het hierdie jaar, is Olga Kirsch se Oorwinteraars in die Vreemde. Alhoewel ek gelukkig nie die ongetemperde isolasie van die émigré ken nie, resoneer ek steeds met veral die gedigte wat Kirsch-as-huurder in die vreemde oopskryf. En alhoewel die huis wat ons huur ons eie besittings bevat, ken ek die voorafgaande maande se tydelike verblyf waar jy jou tentpenne elke keer uit die grond moet trek met net die nodigste in plastieksakke en tasse.
 Foto: Gisela Ullyatt.2016.
Huurders
’n Onbekende vrou se ruim, stil huis.
Haar plante wat teen die ruite ligwaarts krul.
Alles waarin sy haar lewenslank omhul
het totdat haar gees hom veilig tuis
weet, om my. Binne dié mure is skoon
gelewe; niks steur die edele patroon,
alles hoort saam. Ek hou die kamers skoon
en, hande eerbiedig op meubels en kleinode,
voel koester my haar vreedsame huisgode.
In dié gehuurde huis besit ek niks
In dié gehuurde huis besit ek niks
as net my klere. Alles waaraan ek raak
- kombuisgoed, meubels, gordyne – is volgens die smaak
van andere. Nogtans, omdat ek hom – fluks
na buie van lees en luiheid – skoongemaak
het, sodat die voordeur laatmiddag vir jou
verwelkomend kan oopswaai, omdat ek nou
voor sy ou rooshoutlessenaar ’n taak
wat ek bemin verrig, mooi briewe ontvang,
voor sy boogvenster kerf, sal ek hom onthou
– lugtig, son-vrolik – dalk na hom terugverlang.
 Van Heerden/negatief
Vir Ernst
Dra saggies hierdie gedig
na die man
wat die gode se porselein
op papier kon breek:
geen mank ritmes
of verkapte strofes nie.
Eet saggies hierdie gedig
want die digter het
room geword
en ken die donker man
nie meer nie.
Kyk saggies na die digter
agter daardie bril:
die lewe is geen cliché nie.
(Gisela Ullyatt. 2016)
Bibiografie
Kirsch, O. 1978. Oorwinteraars in die vreemde. Kaapstad: Human & Rousseau.
Van Heerden, E. 1975. Tyd van verhuising. Kaapstad: Tafelberg.
Monday, June 2nd, 2014

Junie is die maand van pa’s; 15 Junie is Vadersdag. Jaar na jaar word egter dieselfde sotlikhede op winkelrakke en spesiale uitstallings opgestapel om die skuldige gewete aan te spreek: oorsoet sjokoladetjies en geroosterde neute, die ewige knipmes; wintersokkies. Tydskrifte adverteer glansgeskenke soos ’n peperduur biltongsnyer. Bekendes word glansend saam met pappa afgeneem en soetlike goedjies word gesê oor hulle volmaakte dad.
Maar as jou Junie begroting reeds klaaglik misluk het, kan jy natuurlik altyd ’n beker met ’n gedrukte flou grappie/cliché koop (hopelik nie tweedehands nie) en dit opvul met ’n pers Simba-pakkie grondbone-en-rosyntjie mengsel. Of dalk ’n bierbeker gaps by die Oktoberfest vir volgende jaar se Vatertag.
Hoe dit ook al sy: Junie is die maand van daddy. Die vaderfiguur is een van die bitterste beelde in die poësie. Verder is gedigte oor vaders een van die mees oorwoë temas in die digkuns: alle digters het ’n vader of ’n gebrek aan een.
Stanley Kunitz se “The portrait” (1985:296) getuig van die gebrek aan ’n vader-figuur; die gedig is geperforeer deur ’n disfunksionele familie-dinamika. Ironies genoeg dra die absolute fisiese afwesigheid van die pa daartoe by dat hy in elke ander aspek die lewens van sy gesin oorheers. Die ma, deurdrenk van woede, probeer alles om hom vir goed uit hulle lewens te verban, maar spoke laat hulleself nie verban nie. Die feit dat hy wel geleef het, kan dus nie ontken word nie:
My mother never forgave my father
for killing himself,
especially at such an awkward time
and in a public park,
that spring
when I was waiting to be born.
She locked his name
in her deepest cabinet
and would not let him out,
though I could hear him thumping.
When I came down from the attic
with the pastel portrait in my hand
of a long-lipped stranger
with a brave moustache
and deep brown level eyes,
she ripped it into shreds
without a single word
and slapped me hard.
In my sixty-fourth year
I can still feel my cheek
burning.
Disfunksie in die familie-eenheid word baie maal vereenselwig met die “sonde van die vaad’re”. R.D. Laing, ghoeroe in die anti-psigiatriese beweging, noem hierdie disfunksie wat oorspoel van generasie na generasie “the transgenerational transference of neuroses”. Die Amerikaanse digter, Charles Olson, som hierdie filosofie onomwonde op in sy gedig oor vaders en seuns:
and if I am his son, this man
is from as far a place and time
as yours is, carries with him
the strangeness you and I will carry
for our sons, and for like reason
Hierdie inter-generasionele verwondheid word veral in Johann de Lange se oeuvre aangespreek; bundels soos Snel grys fantoom (1986) en Die algebra van nood (2009) bevat roerende gedigte oor ’n meestal afwesige maar dwelmverslaafde vader. In “Pa” (2010:36) word die pa-figuur opgeroep in messelaar- en- cowboymetaforiek. Die Anne Sexton-motto omsluit die motief van vergifnis wat herhalend in die gedig “Maar ek vergewe jou” gebruik word. Die vyfde strofe staan veral uit vanweë die uitsigloosheid van die pa se dwelmhel juis omdat dit die verskriklike vervreemding en skeur tussen pa en seun daarstel:
Ander aande het jy mandrax gedrink
& vroeg gaan slaap, moeg,
die woonstel onherbergsaam gemaak
met jou hortende asem. Die kroeg,
enklave waar jy kon ophou kwel,
het sy grys vergetelheid geskink.
In “Petidiendroom” (2010:119) wil die pa intimiteit tussen ouer en kind skep met ’n petidien-ampule, iets wat helaas godsonmoontlik is:
Ek loop my pa ná jare raak
& hy probeer weer vrede maak.
Hy gee vir my ’n smal ampule –
verdowing met ’n streng skedule,
& hoop dit sal ons nader bring
soos die naald intiem deur weefsel dring.
Ek soek koorsig na ’n plek om te gebruik,
maar orals vind ek oë, & plekke wat na oorskot ruik.
Die versugting na versoening, na heelmaak van die verskerfte en versplinterde pa-kind dinamiek word ook gesien in Lucas Malan (16) se “Versoening”:
Ag Pa, laat ons nou vrede maak;
jy raas so in jou kis,
jy skaaf so aan ’n kwas
wat lankal reeds vergete is […]
en jy’t jou hawer nooit gesaai nie –
net so min het ek miskien geword
wat Pa dalk wou, maar nietemin,
die saad is klaar gestort
Wyle George Weideman skryf ’n reeks gedigte oor sy pa onder die hoofopskrif “Homo Faber” (Uit hierdie grys verblyf:1987). Die subtitel – portret van ’n alchemis en sy werkplek” – is veelseggend en sluit aan by homo faber wat losweg uit die Duits as ‘die mens as produsent’ vertaal kan word. Dit sou interessant wees om te weet of Weideman Max Frisch se roman, Homo Faber, as vertrekpunt geneem het. Weideman se “Homo Faber” is opgedeel in sewe gedigte: (wyding); (interieur); (transmutasie); (feniks); (konjunktief); (sublimasie), en (slot). Ongelukkig is daar nie spasie in hierdie blog om aandag aan elke afsonderlike titel te skenk nie; ’n aparte blog (of eintlik artikel) sal hieraan gewy kon word.
Wat egter duidelik as baken in hierdie gedigte dien, is die vader as skrynwerker of produsent (‘homo faber’), iemand wie se werkspasie ’n “heiligdom” (59) was waar teen “die mankolieke deur” die spreker hom verbeel die volgende woorde opgeplak is: “strictly private. moet asseblief nie steur/ nie. eintritt verboten”. In (feniks) het die pa “’n duisternis apparaat” en begin die spreker reeds verval in sy pa opmerk: “al krommer /wordend, my monnik-pa aan’t vonke slaan” (62). Die pa se opgaarsels begin dien as simbole teen die ouderdom, verlies en eindelike dood (sublimasie)(64); dit dien ook as afbakening van persoonlike grense; isolasie:
wat vergaar kon word teen die ouderdom:
vragte onvoltooide take wat vreug
en frustrasie bring
En dan kulmineer die reeks verse in (slot) waar die pa triomfeer, vry word van die oorlaaide opgaarder “homo faber”, gepuur word tot pa-as-feniks en dan simbolies die vlinder in homself vrylaat (65):
uit die grys verblyf durf ’n feniks kom:
aanvanklik nog net ’n moontlikheid
daar rond […]
dan word die lyf
ligweg tussen die vlerke ingeskuif
en vasgeheg. en florissant verskyn
pa, weliswaar gehawender, triomfantlik
uit die hoogoond. Hy laat die vlinder vry.
Olga Kirsch skryf ook ’n reeks gedigte oor haar vader, getiteld “Vyf sonnette aan my vader” (1972). Die vyfde sonnet vergestalt die Joodsheid van die pa soos gesien deur vroeë kinderherinneringe aan die sinagoge, God en gebedsjale (1990:375):
Toe ek nog klein was het ek aan jou sy
gestaan in die sinagoge en gevolg
terwyl jou vinger langs die letters gly
van woorde wat ek nog nie kon vertolk.
Die kantor hef sy stem op, yl en soet
wierook die lied omhoog. Rooi, geel en blou
slaan vlamme uit die ruit hom tegemoet –
sou die Voorsienigheid Sy guns weerhou
wanneer daar so gesmeek word? En jy vou
jou syige gebedsjaal weg en hou
jou arm om my en ek staan gedruk
vas teen jou knie en bewe van geluk.
Swaar stemme styg in stadige akkoorde –
Oomblikke veertig jare sonder woorde.
Bernard Odendaal skets ’n menslike woordportret van sy pa in “Pa” (24); sy pa was “voorbanker in kerk en senaatsaal./ Ook ’n voorslag in die kooi,/met vyf voluit familievernoemde seuns”. Sy moeilike geaardheid word metafories baie geslaagd uitgedruk: “jy’t haaks gebou;/ontoeskietlik draad gespan;/jou hande lékker skurf”. Dié moeilike oubaas het dalk voor geen mens die knie gebuig nie, maar voor die Groot K het hy nie ’n keuse gehad nie:
tot jy in die kliniek moes wees
– slaphandig, grootogig;
voete watersugtig dik –
maande lank moes kankercocktails drink.
Rúikend na sweet en sere.
Al minder besoek ontvangend.
Later net woordeloos net lêend.
Betsie van Niekerk dra Ronkedoor aan haar pa op en in “Kruk” (13) aanvaar die spreker dat sy haar pa slegs kan bystaan, maar nie kan genees nie: “Geen elikser, Pa/of panasee/kan ek jou gee”. Uiteindelike verval van die geheue en liggaam vind plaas en word roerend uitgebeeld deur die skoenlose en tandelose pa. Hy het dus die ronkedoor van sy menslike trop geword:
Maar ontskoei en sonder tande
trap pa op gewyde grond
radeloos, onmagtig rond.
Joan Hambidge se oeuvre is deurspek van gedigte wat aan haar pa opgedra is en sy skryf só oor hierdie tendens in Dad (57), ’n bundel wat spesiaal oor haar pa geskryf is na sy dood:
“Reeds vanaf my debuut Hartskrif (1985) skryf ek oor my vader […] My vader as gespreksgenoot, as spieë, as iemand teen wie ek my kon meet. Op sy manier ’n man wat weens sy werk dikwels verplaas is – dit verklaar waarskynlik my obsessie met reis. As kind van die depressie het hy swaar groot geword en daar was dikwels bitterheid oor sy grootvader se hantering van sy vader Frank. Hulle is uit ’n plaas verneuk”.
Toevallig lees ek die deel (ook in Dad) waar Joan oor haar pa se familieverbintenis met Maggie Laubser skryf (Hannah Laubser, sy moeder, was Maggie se suster) op dieselfde dag toe ons ’n skilderytjie van Maggie Laubser laat waardeer. Dié waterverf is vergeel in sy broosheid (en brosheid) en is inderwaarheid ’n bladsy uit een van haar sketsboeke. Groot was ons verstomming toe die bladsy uit sy ewe brose raam gelig word en aan die agterkant ’n horde potloodsketse van katte gevind word!
Om dus aan te sluit by hierdie broosheid van die vergeelde Maggie Laubser, haal ek die volgende gedig, “Tien” (50) aan uit Dad, wat nie net in gesprek staan met die internet as interteks nie, maar ook met Maggie Laubser:
Die webruimte na jou weier
halsstarrig om oop te gaan.
Op elke soekruimte met google
staan ek voor dooiemansdeur:
www.vader.com is tans onbeskikbaar.
Elke soekenjin wys my af,
gooi my uit voor ’n grys skerm.
Laat ek nou met die deur
in die huis val: die huis van my vader
had soveel kamers.
In jou klein heiligdom
hang foto’s van jou as sportman,
’n kanon met ’n loodkoeël,
’n skildery (wat ons verpes) van die Sakekamer,
en ’n beeld van ’n klei Bonsmara-bul.
’n Staalkabinet met papiere, agendas,
aktes en wat nog van die sekretaris
van vele komitees. Altyd tweede in bevel
’n Maggie Laubser-skets van jou as seun
wys jou weerloos op. ’n Groen brugtafel
vir Dinsdagaande, elke vierde week, by ons
staan langs ’n weggestoke drankkabinet met KWV.
En ek? Met besoeke slaap ek op die enkelbed
in die kamer waar jy alles opskryf, liasseer, behou.
Jou tweede kind, ’n andersoortige sekretaris,
soekend, wagtend dat die webruimte oopgaan.
Bibliografie
De Lange, J. 2010. Judasoog. ’n Keur uit die gedigte van Johann de Lange. Kaapstad: Human & Rousseau.
Hambidge, J. 2006. Dad. Kaapstad: genugtig!
Malan, L. 1985. Tydspoor. Kaapstad: Tafelberg.
Odendaal. B. 2007. Onbedoelde land. Kaapstad: Tafelberg.
Olson, C. 1960. The distances. New York: Grove.
Opperman, D.J. (ed). 1990. Groot Verseboek. Kaapstad: Tafelberg.
Poulin, A. (ed). 1985. Contemporary American Poetry. Boston: Houghton Mifflin.
Van Niekerk. 1988. Ronkedoor. Kaapstad: Tafelberg.
Weideman, G. 1987. Uit hierdie grys verblyf. Kaapstad: Tafelberg.
Tags: Bernard Odendaal, Betsie van Niekerk, Charles Olson, George Weideman, Joan Hambidge, Johann de Lange, Lucas Malan, Olga Kirsch, Stanley Kunitz, Vadersdag Posted in Binneblik, Gisela Ullyatt | 18 Kommentare »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Monday, August 20th, 2012
Die vrou onder my bed spook by my. Sy is so ver weg en tog weet ek sy sou so graag met my plekke wou ruil. Toe sy Suid-Afrika na sewe-en-twintig jaar vir die eerste keer besoek het, was dit om die opening van die Taalmonument op Paarlberg by te woon. Die jaar was 1975. Daar het sy onder meer geluister na die toonsettings van gedigte van Boerneef en Ingrid Jonker deur komponiste soos Pieter de Villiers en Rosa Nepgen. Het sy gedroom dat van haar gedigte eendag ook getoonset sou word?
 Afrikaanse Taalmonument, Paarl
En tog was dit presies die heerlike ervaring wat ons die ander aand in die Baxterteater in Kaapstad te beurt geval het. Twee komponiste, albei verbonde aan Ikeys se Suid-Afrikaanse Kollege vir Musiek, het werke van Afrikaanse digters getoonset – Engelse komponiste aan ‘n Engelse universiteit toonset Afrikaanse gedigte. Klink soos Olga se storie! Martin Watt het twee siklusse gekomponeer: “Vyf Liedere op Gedigte van Eugene Marais” en “Vier Liefdesliedere op Gedigte van Marlene van Niekerk”. Die donker kilheid van Marais se “Wintersnag” sal my nog lank bybly. Magdalene Minnaar was die sopraan begelei deur Albie van Schalkwyk.
Na die pouse is ons genot verder gevoer deur die jong Vrystaatse komponis Adrian More, ‘n begaafde pianis wat die mezzosopraan Monika Wassung begelei het. Sy sangsiklus “Lewensgang” bestaan uit nege liedere op gedigte deur verskillende digters. Voor die uitvoering vertel Adrian dat hy omtrent die hele Groot Verseboek deurgewerk het. “Ek ken nou my Afrikaanse letterkunde,” spot hy met homself. Die tweede lied in die siklus is Olga Kirsch se “Huwelik”, wat die jaar na die opening van die Taalmonument in 1976 in Geil Gebied verskyn.
Huwelik
‘n Jaar of wat van angs en fel verrassing,
van leer en afleer, lugtige geluk,
dan is daar kinders. Die pynlike aanpassing
wat diens en arbeid verg, die onderdruk
van self, lang dae en nagte sonder rus
maak dat hul al hoe meer mekaar beskou
as ouers, bondgenote in kommernis
en vreugde, maar bysaaklik man en vrou.
Skielik is dit ‘n afgemaakte taak.
In leë kamers sien hul mekaar weer raak –
vergete rykdom. Albei het diep gely,
veel prysgegee en baie bygekry.
In die stil huis ontdek hul weer mekaar
soos, in ‘n veraf tuin, die eerste paar.
Terwyl ek na Monika se simpatieke vertolking van die woorde luister, word ek herinner aan ‘n gesprek wat ek met Olga se jonger dogter in Jerusalem gehad het. “Michal (haar ouer suster) was already in the army and I was getting ready to go. I remember seeing my mother fall in love with my father. It was very beautiful.” Dit was rondom dié tyd dat Olga weer in Afrikaans begin gedig het, maar haar mooiste verse aan haar man, Joe, skryf sy na sy dood in November,1993. Ek haal slegs een uit ‘n manuskrip van tagtig gedigte aan:
Portrait
You were mathematician and humanist,
rounded renaissance mind;
you collated and remembered
everything you read, heard and saw;
stored wisdom in anecdote
made your point by humour
no opponent could resist –
they would yield to you smiling.
You were generous, gentle, modest
skeptical, ironic
not least against yourself.
It took eighty-two years to make you
instants to annul you.
Musiek was sentraal in die lewe van die Kirsch-familie. In Plunge, die gehuggie in Litoue vanwaar Olga se vader in 1910 na Suid-Afrika geëmigreer het, het die dorpsmense smiddae op die Sabbat by die familiewoning gaan staan en luister hoe die gesin die Sabbatsliedere sing en harmoniseer. Olga se ouer suster het gedroom van die operaverhoog en haar ouer dogter het reeds op ‘n vroeë ouderdom pryse as pianis verower. Vandag tree een van haar kleindogters as tjellis op in die Londense Filharmoniese Orkes.
Ek kan my dus Olga se opgewonde, verwonderde glimlag by die aanhoor van Adrian se toonsetting van haar gedig goed voorstel. Sy het enkele klein gediggies vir haar kleinkinders getoonset, maar dié het verlore gegaan. Ek glo sy sou vir Adrian wou vra: Hoe het jy gekies? Hoe het die proses vir jou gewerk?
 Adrian More
Daarom was dit vir my ‘n voorreg om na die konsert dié vrae oor ‘n glasie Shiraz aan Adrian te rig. Hy erken dadelik dat die proses vir hom een van die moeilikste dinge was wat hy nog ooit gedoen het. Aanvanklik wou hy dit ‘n Suid-Afrikaanse liedsiklus maak met gedigte in Engels, Afrikaans en Xhosa, maar toe kom hy tot die besef dat daar baie Afrikaanse poësie is wat vra om getoonset te word. Gevolglik het hy saam met ‘n paar vriende wat kundig is in die Afrikaanse digkuns, deur honderde gedigte van verskillende digters gelees.
“We drank wine and discussed the ones that appealed to me most. Initially I had about thirty or forty poems and we tried to figure out why they appealed more than others, and saw what theme was common to them all. Initially it was eensaamheid but that is what a great deal of poetry is about – that we are alone. It is the biggest challenge of our lives that we are alone, but it has been explored extensively in poetry. I felt I wanted to explore more. And so this theme of the life cycle, or rather a journey through life, evolved.”
Adrian erken dat dit moeilik was om gedigte te vind wat handel oor die kinderjare en gelukkig-wees. Die meeste poësie handel oor die swaarkry in die lewe… en dit het sy taak bemoeilik. Daarom begin die siklus met Adam Small se “Distrik Ses”. Adrian sê: “It is a bit lighter. The words are serious. It is a serious poem, but at least it has a little bit of humour, of youth, a bit of Coloured cynicism that brings a smile to your face. That is why I started with it – it is a bit younger.”
Verder, vertel Adrian, het hy gevind die ouer digters – of liewer die vroeër digters – het meer liries geskryf, asof hulle bewus was van die moontlikheid van die toonsetting van hul werk. Of miskien het dit te make gehad met die styl van poësievoordrag wat destyds dominant was.
“It’s has to do with form and meter and they seem to have that traditional flow to them. Also, recent poetry seemed more contrived. Older poems tell a story – they are not trying to impress.”
Dit is sekerlik waar van Olga se gedig “Huwelik” – dit vertel ‘n storie van die opoffering en swaarkry wat dikwels gepaard gaan met ouerskap, maar dit eindig stil, tog jubelend, met die idilliese beeld van die paradys.
Die gesprek beweeg aan na die wyn en die keuse van wynname – dis soveel makliker om humor daar te vind. “I’ve always wanted to buy a bottle of Fat Bastard”, sê een in die groep wat saam oor poësie en die lied gesels. “And then the next morning you can casually comment – that Fat Bastard I had last night was so delicious, so tasty!” antwoord Adrian met ‘n stoute laggie. Daar moet tog digters wees wat oor die humor and genot van die lewe dig. Wie sou die saak kon regstel?
Wednesday, March 21st, 2012
So drie jaar gelede het ‘n vreemde vrou onder my bed ingetrek. Al was sy onbekend aan my het ek haar genooi. Ek het ‘n kontrak met haar gesluit – ek sal haar weer onder die aandag van haar gehoor bring, sy sal haarself aan my bekend maak – sy sal my lei om van haar geheime te ontdek. Niemand vertel ‘n ander al hul geheime nie, maar as mens ‘n vertrouensverhouding kan opbou, dan deel jy tog ‘n paar van jou geheime met ‘n vriendin.
Toe ek haar ingenooi het, het ek min van haar geweet – Jodin, digteres, Vrystaat gebore, in Israel gewoon en gesterwe. Haar naam – Olga Kirsch. Sy’t my glad nie geken nie, maar haar suster en twee dogters, na ek hulle opgespoor het, het namens haar opgetree. Hulle het besluit Olga sal my probeer vertrou.
Al waarmee sy onder die bed ingetrek het, was een bundel gedigte: Mure van die Hart, gepubliseer in 1948. Die het ek by my ma geërf en sy by haar tante wat nie ver van Olga se geboortedorp gewoon het nie. Die tante, Sussie Buckle, het op Kroonstad drama doseer. Met die bundel as inspirasie moes ek begin soek – die internet het nie veel opgelewer nie – een kort Wikipedia berig. Toe google ek haar man – Prof Dr Joe Gillis, wiskundige. Die inligting het ek in die Wikipedia-artikeltjie gevind. Joe lei my na Ted, medewiskundige wat aan Joe ‘n huldeblyk geskryf het. Ted lei my na ‘n fisikus, die fisikus lei my na Prof Ada Zohar, sy nooi my om haar in persoon aan haar tante se huis Olga se jonger suster te kom ontmoet. Ada is Olga se jonger dogter. Een ding lei na ‘n ander en voor ek my kom kry plaas Olga fotokopieë van haar ses ander bundels langs Mure van die Hart onder my bed.
“O terloops,” sê Janette die jonger suster van Olga, “hier is ‘n ongepubliseerde manuskrip maar dis Engels.” Ons maak ‘n kopie en ek gaan lê bo-op die bed met die Engelse manuskrip, Nevertheless. ‘n Lang epiese gedig oor die aankoms van die nuwe immigrante uit oorlog-verskeurde Europa. Dis by tye aangrypend, by tye hartverskeurend, selfs soms regtig amusant veral as mens Israel ken. Die manuskrip gaan kruip onder die bed in langs haar Afrikaanse sussies. Ons probeer vasstel wie is ouer.
Die soektog duur voort. John Kannemeyer, nog fiks en flink, besig met John Coetzee, antwoord al my vrae en verwys my na Daniel Hugo. “Daniel weet meer as enigiemand anders in Suid Afrika oor Olga – praat met hom,” stel groot John voor. “O ja en jy moet met Lina ook praat,” voeg hy by.
Daniel help, gee raad, stuur fotokopieë van allerhande artikels en weier dat ek hom betaal daarvoor – “Skryf net asseblief ‘n biografie oor Olga – ons soek nie nog ‘n doktoraal nie,” is al wat hy vra.
Lina vra niks, gee niks. “Ek skryf my eie memoir oor Olga,” sê sy, “dus kan ek nie my materiaal deel nie!” Stilte. “In elk geval gaan jy seker in Ingels skryf,” voeg sy verwytend by.
Die soektog gaan verder.
Ek gaan gereeld vir Janette in Haifa kuier. Ons raak bevriend en die vrou onder my bed versamel al hoe meer besittings. Nou het sy al ‘n stapel foto’s – van haar kinderdae, van haar ma en pa, haar broers en susters. Ek ontmoet haar niggies en een nefie, gaan kuier by haar skoonsuster.
“Kom kuier in Jerusalem,” sê haar dogter Ada, “my ma het baie van haar gedigte na Engels vertaal.”
Judy en ek gaan na Jerusalem. Ada oorhandig ‘n pak vertalings. Judy begin hulle afneem sodat ek kopieë sal hê. Ek begin lees – ek raak al hoe meer opgewonde. Ada hou my gesig dop. “Ag sê tog iets,” pleit sy terwyl ek al hoe breër glimlag.
“Hier’s nie een vertaling by nie – dis alles oorspronklike gedigte,” sê ek. Ons tel vinnig – seker dertig of meer. Ada lees voor:
Thorns and Thistles
Their beauty is not
in the greenness and succulence
of summer,
but in the meagerness of season’s end
when rigid, grey, dry to the very pith
robbed of corolla and colour’s camouflage
each etches with a fine style on air
the delicate skeleton
of its florescence.

“Besef jy hoe lief my moeder die natuur gehad het?”
“Dis tog duidelik uit baie van haar Afrikaanse gedigte,” vertel ek haar dogter wat geen woord Afrikaans verstaan nie. “Sy’t ook ‘n sagte plekkie vir ons tuisgebied gehad,” voeg ek by.
“Wel, sy’t amper daar gaan woon,” se Ada. Dis waar. Die feite ken ek al. Ek weet sy was lief vir Galilea en daarom nooi sy haar geliefde man om saam met haar weer daar te gaan kuier.
Kom, my beminde, laat ons ry
ver van die laagland langs die kus
waar saans en soggens roetswaar mis,
die einder grimmig verf; verby
fabrieke en teer-versmoorde grond
wag van die Middellandse See –
Saffo se glasklaar see, nou mond
gedwing om slyk en vuil te sluk,
al die uitwerpsels van die land,
totdat die troebel dieptes ruk
en vullis uitbraak op die strand.
Laat ons opgaan na Galilea,
klim tot die lelike en die groue
wegduik agter blou heuwelvoue:
Hoogte – swart skagte kloof aan kloof,
stilte-insekgebrom verdoof,
vry aarde nooit getem deur teer,
bome wat op die rante buk
voor wind wat slegs berge keer,
wolke alleen tuur op ons neer.
Saans, omgeskep deur ruimte en lug
keer ons tot vreemde kamers terug
en reik in blinde oergebaar
arms en lippe vir mekaar.
Buite die skemerige gordyn
rankende takke van die Tuin.
(Ruie Tuin, 1983 p7)

Sunday, March 27th, 2011
 Jerusalem International Book Fair
U moet my maar vergewe as ek nog nie gereed is om die Jerusalem International Book Fair agter te laat nie. Of dalk is dit net die Litvaks wat my by bly en met wie ek konstant in my gedagtes in gesprek is. Op soek na Olga Kirsch se voorsate kuier ek in elk geval daar in die klein ‘stettls’- gehuggies – tussen die woude en mere van Litua. Ek kon nog nie verseker vas stel of Olga self daar na inligting oor haar pa se herkoms gaan soek het nie, maar ek weet haar jonger suster, Janette, was daar – ek het die foto’s van die begraafplaas waar haar oupa grootjie begrawe lê. Janette het hulle aan my gegee.
By die boekfees het ek as geskenk The Vilnius Review, no 27, 2010, New Writing from Lithuania gekry. Die gereelde publikasie word ondersteun deur die ‘Lithuanian Cultural Support Foundation’ wie se missie, soos ek dit verstaan, is om die letterkunde van Litua aan die buitewêreld bekend te stel. In hierdie joernaal ontdek ek ‘n gedig wat my onmiddellik aangryp – ek deel dit graag met u.
UNDERGROUND GARAGES deur Sigitas Parulkis
I like garages, cool, brimming with twilight
underground, parking
lots into which you plunge like into the kingdom of Pluto and later
return to the light afraid to look at the rear view
mirror in case you are leaving something important behind, underground
mythology is like a bystander here
the already very meaningful green sign shines
in the evening twilight – ‘spots available’
which means there, underground, spots are available
there is something very human about the nature of garages, people
come in cars,
leave them and go somewhere, evacuate their worries and
joys, they return later
get into their vehicles and migrate
somewhere else entirely, to the edge of the city, to the suburb, to another
city, to another world, however it works out
one day everyone of us will leave our vehicles, our body and will migrate,
there where there are spots available, there, where
spots are always available
where it does not smell of gasoline, fresh snow, rain
scattered seed, tears, treason, where there are no
windshield wipers, emergency signs
where no one speeds because even the very
fastest highways are reminiscent of falling
shadows or even more so of nothing, if the meaning
of this word could surpass
itself
Vertaal deur Medeine Tribinevicius
THE VILNIUS REVIEW I 2010
Die gedig vind by my diep aanklank: dit herinner my aan die parkeer garage in die nuutgeboude Nico Malan Konsertkompleks in Kaapstad. Ek dink dit was die eerste regtige groot ondergrondse garage waarin ek my bevind het. Ek onthou die ‘plunge like into the kingdom of Pluto’ terwyl dit buite nog skemer is en dan, soos mense hulle motors verlaat en deur die lang tonnel na die teater stap verander hulle. In die groot foyer skitter en dans die ligte van die manjifieke kandelare op die vrouens se juwele. Hulle lag en gesels, kyk versigtig rond wie vir wie kyk en wie saam met wie is. My ma kon dit so mooi subtiel doen. My ma was so beeldskoon, so subtiel!
Later na die gesing en drama, na die hande klap en toejuigings daal ons terug af na die ondergrondse wêreld van slapende motors. Enjins word wakker met ‘n gebroem en stadig stadig soos in ‘n begrafnisstoet kom ons uit die ondergrond in ‘n Kaapstad van liggies en Tafelberg wat oor ons waak. Dit was so mooi, so lank gelede.
 Olga Kirsch
Om een of ander rede het die beeld van groen liggies wat aankondig dat daar “spots available” is, my herinner aan my koms na Israel. Ek het van jongs af aanvaar dat mens nie noodwendig tuis voel in hierdie wêreld nie; dat jy dalk altyd voel dat jy op een of ander wyse tog maar ‘n buitestander is – ‘n soort “siek hunker na die verre” (Olga Kirsch). En ek dink ook nie dat dit anders hier in Israel is nie – dalk net meer aanvaarbaar. Almal kom van elders, is verbind aan hierdie land deur eeue se verlange – volgende jaar in Jerusalem – en dan bevind jy jou hier, tussen die stof en die bomme in die land van melk en heuning en nog verlang jy, maar nou weet jy nie meer waarheen nie.
are reminiscent …
… of nothing, if the meaning
of this word could surpass
itself
 Jan Morris se boek Trieste and the Meaning of Nowhere
Die betekenis van niks, die betekenis van nêrens.. . Dit laat my dink aan Jan Morris se boek, Trieste and the Meaning of Nowhere. Ek hou van Jan Morris wat die guts gehad het om aan die wêreld te vertel hoe dit voel om in die verkeerde soort lyf gebore te word; ek hou van haar rustige suiwer skryfstyl wat my dwing om terug te sit en te dink.
“Birth and death are the ultimate bookends, and between them a muddied narrative unfolds. In the course of it there crop up moments, experiences or places which in retrospect…, we recognise as markers.” (p 185)
So ‘n plek is Israel in my lewe, ‘n keerpunt, ‘n padaanwyser, ‘n rusplek, ‘n plek waar ek met die eerste aankoms gevoel het dat ek eintlik altyd hier was en tog bly dit vreemd. Maar dan lees ek Yehuda Amichai en ek weet hy ken ook die plek:
In the place where I was
I never shall be.
The place where I was, as if
I never was there…
And what I shall never return
To see, I must love for ever.
Only a stranger will return to my place…
( Yehuda Amichai: A life of Poetry 1948-1994 p.48)
Olga Kirsch het dit goed geken, hierdie
“… siek hunkering na die verre
waarheen geen terugkeer was.
Hoe weet ek dit?
Het ek nie daardie swerftog voortgesit?”
Miskien is dit dan ook die taak van die digter- om te verwoord wat ons gewone mense nie self kan beskryf nie; om ons aan onsself te verklaar.
|
|