Onvolledige stelsel Die kamer is kalm; dit bevat boeke, twee slapende honde, ‘n rekenaar, ‘n gebreekte kamera-driepoot, velle papier met notas, geïgnoreerde besigheidskaarte, ‘n selfoon, penne en potlode. Besluitelose lug vou in en by die deur uit. Má vlast speel oor die radio, en word al hoe sterker en stormagtiger met verloop van tyd….