Persverklaring. Orde van die Beiteltjie 2015
Monday, February 16th, 2015
ORDE VAN DIE BEITELTJIE 2015
Dr Fanie Marais is sedert 1990 aktief betrokke by die bevordering van Afrikaanse woordkuns met veral klem op ontluikende woordkunstenaars. Dit het in 2000 die oprigting en befondsing van Cordis Trust met slagsin uit die hart tot gevolg gehad met oogmerke deernis-, Afrikaanse woordkuns- en geestelike projekte. In 2010 is begin met Orde-toekennings in woordkuns (24 tot op datum). In 2011 is Cordis Trust Publikasies as nie-winsgewende nisuitgewer geskep om meer geleenthede te bied, veral vir aspirant-woordkunstenaars. Met die aanbreek van 2015 kyk hy terug op 25 jaar van persoonlike betrokkenheid, waarvan 15 jaar as uitvoerende trustee van Cordis Trust. By dié geleentheid word talle orde-toekennings gedoen, waarvan die Orde van die Beiteltjie ‘n nuwe inisiatief is.
Een van die mikpunte van die Cordis Trust is die bevordering van die Afrikaanse taal deur skeppende werk in die dig-, prosa-,drama-, lirieke en beeldende kuns en kultuurbevordering te fasiliteer, aan te moedig, te beloon, toegang tot publikasie te verleen en talentvolle potensiaal te identifiseer en ontwikkel.
ORDE VAN DIE BEITELTJIE 2015
DEURLOPENDE YWER IN DIE BEVORDERING VAN AREAS VAN DIE AFRIKAANSE WOORDKUNS
Uysie Alberts
Ywerige fotograaf (met plasings op www.mylandsa.co.za) en digkunsbydaes (fb Puur Plesier)
Nini Bennett
Gepubliseerde skryfster/digteres en Carpe Noctem Digakademie. Wenner RAU debuutprys
René Bohnen
Gepubliseerde digteres, mentor vir aspirant-digters, navorser
Marie Bredenkamp
Digteres, persoonlike blog Sprokkelhout en Splinterglas, aktiewe deelname en mentorskap van die fb digblad Puur Plesier
Kobus Burger
RSG Dramakuns
Annalie Calitz
Digteres (o.a.Die Woordgilde), afgetrede bibliotekaresse, met gemeenskapsbetrokkenheid
Clinton du Plessis
Bekende digter met talle publikasies
Rev Roy Glover & Susan
Bethesda gevangenisbediening en toepaslike Christelike publikasies
Lisa Hänggli (Lorenz)
SA gebore operasangeres in Zurich. Skepper van mondverse, toonsettings van Afrikaanse gedigte
Martin Jansen
Radio Pretoria, bevorderaar van woordkuns
Leti Kleyn
Bekende in woordkunsbevordering, skryfgids, nuwe stemme en aktief in gemeenskapsbetrokkenheid
Jopie Koen
Sinoniem met teaterwerk (sedert 2003 Pierneefteater) en gemeenskapswerk. Medewerkster van Cordis Trust sedert die stigting
Helena Liebenberg
Taalkundige, digteres en navorser in die brontaal. Stigterslid Tracing History Trust
Myra Lochner
Kreativ SA uitgewer, skryfterapie en gemeenskapsopheffer. Skryfster/digteres en Outeur van Wonder in 2014. Stel saam en publiseer kwartaalliks Toek-A-frikaans (kultuurhistoriese gedigte en vertellings). Medewerkster van Cordis Trust sedert die stigting
Danie Marais
Gepubliseerde digter, keurder en bestuurder PEN Afrikaans
Mellet Moll
Stigter Carpe Noctem digbevordering, debuut drieluik 2014 Heilige Meetkunde, Swanesange en Nalewe.
Jo Prins
Boekeredakteur Media 24
Ian Raper
Akademikus, digter (Oorlopers) , aktiewe bevorderaar van dig- en skryfkuns en die eienaar van die onafhanklike uitgewer Rosslyn Pers
Ilse Salzwedel
Skrywers en Boeke, RSG
Lieze Stassen
Sangeres en Liriekskryfster
Gisela Ullyatt
Akademikus en aktiewe bevorderaar van Afrikaans op verskillende platforms
Karlien van der Merwe
Gepubliseerde skryfster/digteres, met gemeenskapsbetrokkenheid
Annemarie van der Walt
Vryskutskrywer, gereelde rubrieke in Beeld
Lidi van Schalkwyk
Veelsydige skeppende kunstenaar met woord in beeld
*
(c) Trust IT 175/00 NPO 066-689
16 Februarie 2015