Persverklaring. Orde van die Goue Pen 2015
Wednesday, February 18th, 2015
MEDIAVERKLARING
BEKROONDES ORDE VAN DIE GOUE PEN 2015
Dr Fanie Marais is sedert 1990 aktief betrokke by die bevordering van Afrikaanse woordkuns met veral klem op ontluikendes in samewerking met kundige bewese woordkunstenaars. Dit het in 2000 die oprigting en befondsing van Cordis Trust met slagsin uit die hart tot gevolg gehad met oogmerke deernis-, Afrikaanse woordkuns- en geestelike projekte. In 2010 is begin met Orde van die goue Pen-toekennings in woordkuns (24 tot nou). In 2011 is Cordis Trust Publikasies as nie-winsgewende nisuitgewer geskep om meer geleenthede te bied veral vir aspirant-woordkunstenaars. Met die aanbreek van 2015 kyk hy terug op 25 jaar van persoonlike betrokkenheid, waarvan 15 jaar as uitvoerende trustee van Cordis Trust. By die geleentheid word talle orde-toekennings gedoen.
Een van die mikpunte van die Cordis Trust is die bevordering van die Afrikaanse taal deur skeppende werk in die dig-, prosa-,drama-, lirieke en beeldende kuns en kultuurbevordering te fasiliteer, aan te moedig, te beloon, toegang tot publikasie te verleen en talentvolle potensiaal te identifiseer en ontwikkel.
VIR BUITENGEWONE LANGTERMYN BYDRAE TOT DIE BEVORDERING VAN
AFRIKAANSE WOORDKUNS
*
Francis Galloway
Uitgebreide ervaring in letterkundenavorsing en as akademiese uitgewer. Kundige op die gebied van Boekstudie/Boekgeskiedenis. Geesteswetenskapppe-redakteur by LitNet
*
Tom Gouws
Akademikus, digter/skrywer, keurder/resensent, geestelike- en gemeenskapsbetrokkenheid
*
Neels Jackson
Ervare joernalis, digter, fotograaf. Tans redakteur van Kerkbode
*
Marlise Joubert
Digteres, kunstenares, boeksamesteller en die mede-stukrag in Versindaba
*
Magdaleen Kruger
Stasiebestuurder: RSG. Beplanning van o.a. toonaangewende woordkunsprogramme.
*
Oorkonde en R5000 prysgeld plus onderhandelde voordele in publikasie en/of mentorskapprojekte
_____________________________________
FANIE MARAIS
CORDIS TRUST (Trust IT 175/00 NPO 066-689)
18 Februarie 2015