Posts Tagged ‘palm psalms’

palm psalms i

Tuesday, September 1st, 2009

 

‘my hand is ’n psalm / my palm / ’n gesang van gee en ontvang / van vat, verloor of verlang / my vingers ’n woordboot op ’n inkswart see / ’n reisiger wat sink, verdrink of kalm, / talm’ 

 

Ek het die gewoonte om in ‘n waas van wyn en onder die invloed van musiek en emosies, ‘n pen te gryp en op my lyf woorde te begin skryf. Soms op die hand se rug. Soms, selfs, op ‘n enkel of ‘n kuit. Meestal, though, op die palm van my linkerhand. Neem dit dan af met my eie regterhand. Met wat ookal naby is. Selfoon-kamera; mik-en-druk of soms selfs die real McCoy. Of dan, as iemand meer bedrewig naby is, word soms selfs goeie foto’s daarvan geneem.  

So bestaan daar nou al ‘n arsenaal van liggaamsdele met verse op. Vir die meer intieme dele het ek mense naby aan my gevra om die woorde te skryf en af te neem. So het palm psalms onstaan. Daar is borse, borste, bobene en dye. Selfs ‘n kaalkop en ’n oor tussenin.

Grootliks is dié rymelary belydend van aard. ‘n Oomblik se swakheid, ‘n verlange na ‘n ou kêrel, ‘n skaamte oor ‘n harde woord of ‘n onnodige doenigheid.

‘n Oop palm is ‘n wonderlike idioom van gawe en vergifnis. Soos bladskud. Oop hand, oop hart. Dit hoef nie gebaai te wees in swarige woorde nie. ’Jammer’ is dalk die sterkste woord in Afrikaans. 

Sodra jy jou hand toemaak, word dit kwaad. Soos ‘n vuis. Selfs die woorde word kwaad. Jy sluit alles uit…

Maar hou dit oop, en jy gee. En ontvang. En, soms, kry jy. Die woorde.  

   

‘hond blaf, ons bluf / iewers klink die diep gesang / van die maan se swanger gang / en o, my lief, in ’n kleindorpse katedraal / is ons albei immense / en is ons albei verdwaal’

Daar is verskeie psalms oor Pretoria. ‘n Stad wat ek innig bemin. Die Moot, waar ons bly, het iets daarmee te doen. Groot, brede strate. Meestal onkwaad mense. Alles soorte wat meng. Arm, ryk(erig), klas, kleur. En die lug teen sononder…

‘pretoria is ‘n omderstebo strainer met ‘n kers in / ‘n omgekeerde celestial skottel met ‘n vers in / vol drome wat week soos sterre is / wat elkeen ‘n brande son / in die verre is…

  

 

 

 

  •