Die sosioloog Arthur W. Frank se bekende boek “The Wounded Storyteller: Body, Ilness, and Ethics” (1995) is een van die mees aangehaalde bronne wanneer dit kom by die verwoording van siekte, patologie en dood in die letterkunde. Sy raamwerk van restitusie-, chaos- en soektog- (quest-)narratiewe het al byna geykte status in die literêre teorie verwerf…