Louis Esterhuizen. Steun gevra vir Harare se Book Café
Friday, April 6th, 2012Vroeër vandeesweek ontvang ek via bemiddeling ‘n skrywe van Paul Brickhill (saam met Morgan Tsvangerai op die foto hierbo), wat die eienaar en bestuurder van die Book Café in Harare is. Hiervolgens blyk dit dat die Zimbabwiese regering in 2008 hierdie lofwaardige onderneming se fondse bewimpel het en hulle einde verlede van die perseel, waar hulle die afgelope 15 jaar gevestig was, geboender het. Die rede? Wel, die Book Café dien reeds vir die 30 jaar lank as die fokuspunt en inisieerder van bykans alle kulturele aktiwiteite in Zimbabwe. En hulle is gewis nie die regering se karperde nie …
Volgens Brickhill se skrywe: “Harares community home for artists and audiences, Book Cafe, has been threatened for years. It represents the power of culture and people. For 30 years it has celebrated the creativity of mind and art, and has become a national beacon of dignity, joy and freedom in Zimbabwe; the antithesis of an insidious militarized repression and looting of national resources. ” Hierdie siening word ook bekragtig met die Prince Claus Award, waarmee dié onderneming in Junie 2011 vereer is, se commendatio: “The Book Café (launched 1997, Harare from the Grassroots bookshop started 1982) is a vibrant platform for free cultural expression in a country suffering decades of political and economic upheavals, repressive laws, stringent censorship and a lack of cultural infrastructure. Operating under the umbrella of the Pamberi Trust, with creative director Paul Brickhill and a dedicated team of staff, this unassuming café presents more than 900 cultural events a year to enthusiastic capacity audiences of people from all racial and cultural groups and all sectors of Zimbabwean society.”
Nietemin, na jare se stryd om vas te stel wat van die geld geword het en ook om hul befondsing weer herstel te kry, het Zimbabwe se Eerste Minister, Morgan Tsvangerai, ook tot die stryd toegetree. Hy word soos volg deur die Daily News aangehaal: “I am aware that Book Café is one of the cultural institutions punished by its own government in 2008 by having its funds raided by the Reserve Bank of Zimbabwe. I pledge to trace what happened to that money with a view to having it repaid as was done to funds raided from the foreign currency account of NGOs. It is an anomaly that needs urgent resolution.”
Nou ja, toe. Of selfs Tsvangerai daarin gaan slaag om teen die vloed van korrupsie en bewimpeling staande te kan bly, sal net die tyd leer. En, indien jy jou steun aan hierdie stryd wil toesê, kan jy hierdie of hierdie skakel volg.
Ironies genoeg herinner dié situasie my aan die euforie waarmee die 2008-verkiesing se uitslag en Mugabe se (gewaande) neerlaag by die stembus, begroet is. Op dié tydstip was ek en Marlise hoeka in ‘n kroeg met die toepaslike naam ‘t Hof van Ellende in Berchem (Vlaandere); die TV se klank was afgedraai terwyl een na die ander dansende Zimbabwiër hul vreugde met wuiwende hande en “victory”-tekens te kenne gegee het. Niemand in die kroeg het eens opgekyk na die skerm nie. En vier jaar later is Mugaba steeds aan die stuur van sake …
Maar ek sluit dié inskrywing af met nog ‘n treffende uitspraak deur Morgan Tsvangerai, gevolg deur die gedig wat uit bovermelde kroeg-ervaring voortgevloei het: “Culture defines us. Culture mobilises transformation, inspires inclusiveness, increases diversity, tolerance and acceptance. Culture and the arts play a key role in society especially for countries in transition such as Zimbabwe. The arts encapsulate human struggles, express them and define a people and their quest for progression and development. Creating and preserving culture is key to a country’s cultural history because it confers value, respect and identity. Culture contributes to the recovery of self-respect and identity in times of crisis.”
***
‘t Hof van Ellende
is ‘n kroeg
in Berchem: langwerpige
vertrek, koperkandelare,
toonbank met tapkrane
en kitsch skilderye wat vertel
van ‘n paartjie se
dans onder ‘n sambreel
op ‘n maandeurdrenkte strand
is ‘n skuilplek
teen koue: groepies uitbundig
om tafels,
gesellig soos die skuimkop in ‘n glas
De Koninck Blond, ‘n meisie
wat rondborstig lag
met haar metgesel se hand
tussen haar bene, skadeloos, soos dit
glo ter wille van fatsoenlikheid hoort
en in die hoek
bokant die gespook en gestamp
is ‘n TV sonder klank: die een of ander verkiesing
in veraf Zimbabwe
word bekend gemaak, landsburgers praat
opgewonde, bondel voor
die kamera saam: beduie, sing en dans sonder geluid
in ‘t Hof van Ellende. Jy weet presies wat hulle sê,
want uiteindelik – dink hulle – uiteindelik
is die despoot uitgestem, uiteindelik
word hulle
wêreldwyd gehoor
(c) Louis Esterhuizen (Uit: Amper elders, 2012: Protea Boekhuis)