Vanoggend, ‘n Nuuswekker spesiaal vir diegene wat glo dat die digter en die filosoof niks vir mekaar te sê het nie … In De Trouw se uitgawe verlede Vrydag lees ek toevallig ’n besonder interessante blog-inskrywing deur Rob Schouten oor Paul Celan se besoek in 1967 aan die Duitse flosoof Martin Heidegger se berghut te…