’n oorsprong dis nag miskien ’n miljoen jaar gelede, miskien minder en in ’n grot waar vuur splinterlig teen mure maak bekyk ’n mensding haar hand praat en beduie: ek, jy, grot, vuur hande wat tongspeel ’n afdruk in die as vingermodder op ’n aangesig ’n hand wys na my en uit…