Posts Tagged ‘Peter Falk’

Andries Bezuidenhout. Der Himmel über Berlin

Saturday, June 25th, 2011

Blykbaar was Rilke se digkuns deels die inspirasie vir Wim Wenders se film Der Himmel über Berlin – in Engels vrygestel as Wings of Desire. Ek het dit jare gelede tydens die kunsfees in Grahamstad gesien. Nick Cave speel ook ʼn rol in die film, waar sy band in ʼn kroeg speel. Maar die rede hoekom ek vandag aan Wings of Desire dink, is die dood van Peter Falk, wat homself in die film speel. Hy besoek Berlyn om ʼn film te maak oor die stad se Nazi-verlede. Hy was skynbaar in ʼn volrige lewe ʼn engel. Ek skat hy’s nou weer een.