Apokopoësie 1 Sinkopieë Wees maar rustig leef met die aarde in jou aporiolities saam: met vulkaniese are Etnas en aortas stente en St Helenas cholesterols en Stromboli’s pasmarkeerders voor die lawas – leef maar rustig in die basaltversteende bome gooi oor die magmas seëns uit met woorde wat dobberend versmelt tot as…