Kwatrynkompetisie (131)
Friday, April 23rd, 2021
Bruilof
Kalkoentjie trippel dwarslyf deur die wingerdbos,
trap alsó-alsó … trap die druiwetrosse mos –
dans die dans van wynlose Kana totdat Iemand
die klipkanwater van virusse verlos.
© Pirow Bekker, 2021